Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Outeurpreneur in Pajamas
Outeurpreneur in Pajamas
Outeurpreneur in Pajamas
Ebook69 pages44 minutes

Outeurpreneur in Pajamas

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nou is dalk die beste tyd wees om ‘n skrywer te wees, maar hoe laat jy jou boek bo die duisende uitstaan wat daagliks gepubliseer word? Elke skrywer moet hulle boeke bemark, of hulle nou die tradisionele roete volg of hulle boeke self publiseer. Hoewel skrywers ‘n fisiese teenwoordigheid moet hê, fokus Outeurpreneur in Pajamas op hoe skrywers hul platforms in hul pajamas kan bou deur aanlynopsies te gebruik wat hul blootstelling en sigbaarheid kan verhoog. Ons lewe in ‘n virtuele wêreld, waar digitaal papier verby gesteek het, waar slimfone, tablette en e-lesers nou noodsaaklikhede is, en waarin jy jou skrywersplatform met die druk van ‘n knoppie kan bou. Outeurpreneur in Pajamas leer jou hoe om jou skrywersplatform te ontwikkel sonder om jou huis te verlaat.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateDec 11, 2020
ISBN9781071579473
Outeurpreneur in Pajamas

Related to Outeurpreneur in Pajamas

Related ebooks

Related articles

Reviews for Outeurpreneur in Pajamas

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Outeurpreneur in Pajamas - Geraldine Solon

    Inleiding

    Persoonlik glo ek dat, naas moederskap, om ‘n skrywer te wees die beste werk in die wêreld is. Ek het hierdie boek geskryf, omdat ek self alles moes uitpluis toe ek my boeke begin bemark het. Hoewel ek nie die vaagste benul gehad van hoe om my skrywersplatform te vestig nie, het ek geweet dat my leer- en groeiproses betekenisvol vir nuwe skrywers sou wees. Ek het geweet ek moet my kreatiewe hoed afhaal en soos ‘n entrepreneur dink. Dit het drie maaande geneem om my skrywersplatform te vestig, en ek het aanhou groei en aanpas. Na aanleiding van aanbiedinge by verskeie geleenthede het skrywers versoek dat ek ‘n boek skryf oor hoe ek my skrywersplatform gevestig het.

    Ek glo dat ‘n skrywers ‘n prominente teenwoordigheid in persoon sowel as aanlyn moet hê. Wat hierdie boek anders maak, is my fokus op hoe skrywers hulself aanlyn kan bemark. Ons lewe in ‘n virtuele wêreld waarin papier deur digitaal vervang het, waarin slimfone, tablette en e-lesers nou noodsaaklikhede is, en waarin jy bewusmaking binne sekondes kan skep.

    Dit is die beste tyd om ‘n skrywer te wees. Of jy nou die tradisionale roete volg of self jou boek publiseer, moet jy nog steeds hard daaraan werk om jou skrywersplatform te vestig. Vandag kies al hoe meer skrywers om self hul boeke te publiseer, onder andere sodat hulle volle beheer oor hul werk kan behou en nie jare hoef te wag totdat hul boeke vrygestel word nie. Daar was ‘n ontploffing van vryskut grafiese ontwerpers, voorbladkunstenaars en redakteurs. Sonder enige middelman beteken dit dat die tantieme direk na die skrywer toe gaan. ‘n Rits indie-skrywers is nou Kindlemiljoeners. Hulle verkoop hul e-boeke teen veel laer pryse as tradisionele gepubliseerde boeke. Dit is ‘n beproefde effektiewe bemarkingstrategie om lesers te lok. Lesers het ongelooflike talentvolle indie-skrywers ontdek wat die moed gehad het om hul boeke te publiseer.

    2011 was ‘n fenomenale jaar vir indie-skrywers. Met dié dat die boekwinkels Borders en Barnes and Noble toegemaak het, het die aanvraag na e-lesers gestyg en baie brawe skrywers het die onafhanlike beweging verwelkom. Amazon se Kindle was die mees gesogte e-leser toe hulle hul eerste Kindle in 2007 vrygestel het. Die katoetertjie was goed geprys en verbruikers het dit meer gerieflik gevind om ‘n boek af te laai eerder as om ‘n harde kopié te koop. Met verwysing na die prys het e-boeke meer bekostigbaar as sagte- en hardebandboeke geword.

    Amazon is ‘n hoofspeler in die indie-beweging. Hulle het op die aanvraag van skrywers wat hul boeke onafhanklik wou publiseer sonder om vooraffooie te betaal, gereageer. Hulle het skrywers die opsie gebied om e-boeke in ‘n Kindle-formaat te bied en Createspace geloods wat skrywers in staat gestel het om ‘n sagtebandboek teen geen koste aan die skrywer te publiseer. Kort daarna het Barnes and Noble die Nook-tablet vrygestel wat lesers die opsie gebied het om in kleur te lees. Smashwords en Scribd, onafhanklike e-boekuitgewers uit Silicon Valley, het skrywers die geleentheid gebied om hul boeke in verskillende elektroniese formate op te laai sonder om ‘n fooi te betaal. Amazon is nou ‘n vername uitgewer.

    Virtuele blogtoere het konvensionele aangesig-tot-aangesig boekondertekeninge vervang. Boekkeurders en bloggers kan resensies op hul blogs en ander webtuistes publiseer. Met die aanvang van sosiale media soos Facebook, Twitter en Goodreads kan skrywers maklik hul boeke bemark sonder om die huis te verlaat. Aanhangers wat graag getekende kopieë van hul gunstelingskrywers wil hê, kan nou Kindlegraph vir ‘n virtuele handtekening gebruik.

    Boeke, films en ander vorms van vermaak sal altyd daar wees. Die afleweringsmetodes mag dalk nie so konvensioneel wees as waaraan ons gewoond is nie, maar hulle sal altyd deel van ons lewe wees. Hierdie lei my tot die gevolgtrekking

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1