Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Oorwinnaars
Oorwinnaars
Oorwinnaars
Ebook207 pages2 hours

Oorwinnaars

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

OORWINNAARS is `n boek wat oortuigend die saak uitmaak dat vandag se Westerse wêreld eeue gelede beplan was om dit in die vorm te hê wat dit vandag is. Dit vat die lesers binne in een persoon se werklike lewenservarings en ondersoek hoe agendas geimplementeer word deur sisteme. Oorwinnaars bevat fassinerende uitlatings en aanhalings oor hoë profiel en kontroversiele onderwerpe soos die media, voedsel, die farmaseutiese en gesondheid industrieë, die geld, belasting, politiese en regstelsels en openbaar geheime regerings eksperimentasie op hulle eie inwoners. Dit is geskryf om die leser saam op `n ontdekkingsreis te neem om dié te help verstaan hoekom vandag se samelewing is wat dit is. Dit is ook vir bemoediging vir dié wat deur moeilike tye gaan. Die boodskap aan die leser is dat niks per ongeluk gebeur nie. Dit beklemtoon die belangrikheid van geskiedenis om die huidige sowel as die toekoms te verstaan aangesien daar deurlopende temas is wat deur die eeue plaasvind. Oorwinnaars maak `n belangrike bydrae om die uitdagings wat families deurgaan aan die lig te bring. Dit stel die agenda bloot agter die doelbewuste sosiale manipulering. Dit stel mense in staat om informasie te bekom om te verstaan hoe die sisteme werk. Addisioneel saam met die navorsing, gee dit aanwysers hoe om nie gevange te raak in die sisteme nie.

LanguageAfrikaans
PublisherBen Joseph
Release dateJan 10, 2016
ISBN9781311789464
Oorwinnaars

Related to Oorwinnaars

Related ebooks

Related articles

Reviews for Oorwinnaars

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Oorwinnaars - Ben Joseph

    TOEWYDING

    Hierdie boek is toegewy aan al die mense wat my en my vrou ondersteun en onderskraag het toe ons dit die meeste nodig gehad het. My bede is dat die boek almal sal inspireer wat 'n verskil wil maak nieteenstaande waar hulle is of in watter omstandighede hulle hulself bevind.

    Mag ons almal oorwinnars wees, met genesing vir ons siel en dat ons lewens betekenisvol sal wees.

    VOORWOORD

    Oor 'n tydperk het verskillende mense my aangemoedig om 'n boek te skryf oor my wedervaringe in my lewe. Dit het motivering gevat voordat ek begin het om bronne na te vors en inligting te versamel. Die verwerking van al die data het 'n nuwe wêreld aan my geopenbaar, 'n wêreld wat ek nie besef het hoe werklik dit is nie. Die geheime daarvan is ontbloot vir ons almal om te sien.

    Die grootste aanmoediging oor die laaste ses jaar, was die wonderbaarlike drome wat ek gehad het. Dit is ingesluit aan die einde van die boek aangesien ek vas glo dat dit 'n doel het.

    Soos wat ek dieper begin delf het met die navorsing, het dit net soos 'n legkaart begin om bymekaar te kom. Dit gee 'n mens 'n perspektief op die groter prent en ook insig wat vorentoe lê. Vir sommige mag die ontdekkings 'n openbaring wees, ander mag alreeds bewus wees van al of die meeste ontdekkings wat in die boek genoem word. Dit was nie moontlik om in al die areas in diepte te gaan soos wat ek graag sou wou nie.

    In 'n poging om my eie identiteit te verberg, is nie veel geopenbaar oor plekname ensovoorts nie. Die name van karakters in die boek is verander om hulle identiteite te beskerm, maar nie die name en dade van bekende persone wat publieke stellings gemaak het nie. Die eerste gedeelte van die boek is alleenlik geskryf van my persoonlike perspektief, terwyl die laaste gedeelte deel is van materiaal wat ek versamel het deur my lewe.

    Die doel van dié boek is om my ondervindings en navorsing weer te gee as deel van my lewensverhaal, met die doel lig te laat skyn op die werke van duisternis. Dit was nie maklik om my wedervaringe weer te gee nie, maar dit is gedoen ter wille van ander. Dit mag help vir dié, wat nie sin kan maak van die sisteme van die wêreld en wat gebeur rondom hulle en hulle geliefdes nie, sodat hulle meer agtergrond kan hê. Dié wat vertrou op die sisteem en wat gevind het dit werklik eintlik teen hulle, mag dalk meer verstaan hoe en waarom die sisteem werk soos dit werk. Wat ek ontdek het, het my gemotiveer om dit te deel met ander en dus die boek.

    Die positiewe uitwerking wat die skrywe van die boek tot gevolg gehad het, was dat dit terapeuties was om 'n geheel prent van my lewe te kry. Tweedens het dit perspektief vir my gebring, want dit is nie alleen met my wat dinge gebeur nie, maar ook daagliks met vele ander. Vir hulle sê ek: Byt vas, daar is lig aan die einde van die tonnel!

    Die ure van redigering om seker te maak dat die boek se inhoud vloei en die getroue hulp van my dierbare vrou, Rachel, was onskatbaar om die boek tot lewe te bring.

    In a time of universal deceit, telling the truth is a revolutionary act.

    -GEORGE ORWELL

    There is not a truth existing which I fear, or which I would not want known to the whole world.

    -THOMAS JEFFERSON

    The only new thing in this world is the history you don't know.

    - HARRY TRUMAN

    INHOUD

    TOEWYDING

    VOORWOORD

    INLEIDING EN AGTERGROND

    GROOT WORD JARE

    GEESTELIKE ERVARINGS AS KIND

    TAAI ONDERVINDINGS

    BROOSHEID VAN DIE LEWE

    STUDENTE DAE

    FAMILIE GEHEIME

    LOOPBAAN

    HUWELIK

    KINDERS

    ONSTABILITEIT IN MY LAND VAN GEBOORTE

    EMIGRASIE

    VERSKUILDE PARADYS

    RAAK GEVESTIG

    DIE JEUG

    GEHEIME FAMILIE HOF EN FAMILIE EKSPERIMENTE

    VERRAAD

    FAMILIE HOF BEVEL STOP KONTAK MET FAMILIE

    GEE ALLES OOR

    SISTEME AAN DIE WERK

    EINDE VAN DIE HUWELIK

    EERSTE POLISIE AANKLAG

    DIE DEPARTMENT VAN INKOMSTE BELASTING DRAAI DIE KLEMME AAN

    TWEEDE POLISIE AANKLAG

    UITWERKING VAN DIE SISTEEM

    REDDING VAN JASMYN

    VERRAAD TEEN 'N KIND

    TWEEDE HUWELIK

    AVONTUUR

    TERUG NA DIE WERKLIKE WERELD

    BANKROTSKAP

    DERDE EN VIERDE POLISIE AANKLAG

    TERUG GESLEEP IN DIE FAMILIE HOF

    VERBORGE GEHEIME:

    1. DIE SKEPPER SE NAAM

    2. NAZI DUITSLAND EN DIE AMERIKAANSE MEDIESE OPLEIDINGSKOLE KONNEKSIE

    3. NAZI WETENSKAPLIKES WERK VIR AMERIKA

    4. VOORBEELDE VAN SOMMIGE WESTERSE REGERINGS SE MEDIESE EKSPERIMENTE OP HULLE EIE BURGERS

    5. SUID AFRIKA SE ROL IN CHEMIESE EN BIOLOGIESE OORLOGVOERING

    6. WATER FLUORIDASIE- VEILIG OF NIE?

    7. KWIK IN AMALGAAMSTOPSELS IN TANDE - VEILIG OF NIE?

    8. WORTELKANAAL BEHANDELINGS - VEILIG OF NIE?

    9. DIE KONNEKSIE TUSSEN SIEKTE, VREES EN DIE NUWE WERELD ORDE

    10. DIE REGSTELSEL EN AGENDAS

    11. WERELD BEHEER

    12. DIE KONNEKSIE TUSSEN KOMMUNISME, DIE BANKIERS, DIE VERENIGDE NASIES EN DIE NUWE WERELD ORDE

    13. DIE KONNEKSIE TUSSEN FEMINISME EN DIE NUWE WERELD ORDE

    14. DIE KONNEKSIE TUSSEN DIE MEDIA EN DIE NUWE WERELD ORDE

    15. DIE KONNEKSIE TUSSEN DIE GELDSISTEEM EN DIE NUWE WERELD ORDE

    16. DIE OBSERVASIE VAN LANDSBURGERS

    17. DIE SKEPPING VAN KLIMAAT VERANDERING VIR DIE NUWE WERELD ORDE OM OOR TE NEEM

    18. DIE METODES VAN DIE NUWE WERELD ORDE OM MENSE ONBEWUS TE HOU

    19. KONKLUSIE

    BYLAAG: BEMOEDIGING – ONTHULLENDE DROME

    BIBLIOGRAFIE

    WOORDLYS

    INLEIDING EN AGTERGROND

    Alhoewel ek in die verlede gehelp het om 'n boek te vertaal en op 'n latere stadium het ek 'n ander outeur gehelp om deur sy boek te gaan, is hierdie my eerste boek. In dié boek word my groot word jare en lewensreis eerste bespreek. Die pad wat my lewe geneem het, het my oë oopgemaak vir die diep verborge geheime wat rondom ons gebeur.

    Die doel van die boek is om die verborge dinge te openbaar deur terug te gaan in die geskiedenis om te verstaan hoe dit begin het, wat hulle doel is en hoe dit ons almal affekteer.

    Die huishouding waarin ek opgegroei het 'n liefdevolle, beskermde atmosfeer gehad. Na aandete het my Pa ons gelei in Skriflesing en sang.

    Sedert my jong dae was ek blootgestel aan politiek. Deel van my leerskool was om koerant artikels te lees om te sien watter moontlike agenda agter die artikel mag wees. Baie keer het dit aan die lig gekom dat die agenda wat geimplimenteer was, of baie goed was vir al die burgers of alleen goed vir sommiges en nie vir die res nie.

    As 'n volwassene het dit my geskok om die omvang van korrupsie te ontdek en het dit my vasbeslote gemaak om dit bloot te stel. In dankbaarheid het my sorgelose kinderdae my 'n gevoel gegee van sekuriteit en liefde; 'n wete wat reg en verkeerd was; 'n fondasie van wat aanvaarbaar was en wat nie aanvaarbaar was nie; en bo alles 'n hoop, in orde om te oorkom wat vir my voorgelê het in my volwasse lewe.

    Die uitdaging vir my lewe was om my doel te vind in die veranderlike wêreld waarin ek gebore is. Groot swaarkry het vir my voorgelê wat ek sin van moes maak. Die les vir my was dat struikelblokke daar is om ons te help om ons karakter te vorm, ons aanmoedig om dit te oorkom en nie oorkom te word deur dit nie. Nieteenstaande dit moet ons nog steeds prosesseer wat gebeur het, maar op die einde is dit hoé ons dit hanteer wat die verskil maak. Nie noodwendig die uitkoms van gebeure nie, maar wie ons word deur die omstandighede.

    Die belangrikste dinge wat my die meeste gehelp het, was eerstens om uit te vind dat my Skepper se naam bekend is en dat die antwoorde vir my behoeftes in die wysheid van die perfekte wette van die Skrif is. Dit is geskryf vir ons om ons te onderrig hoe om te lewe. Tweedens, omdat ek wil hê dat my lewe 'n verskil moet maak in ander se lewens in die kapasiteit wat ek kan, in 'n omgewing van radikale verskillende denke en idees, terwyl ek deur my eie struwelinge gaan. Dit het my gehelp om perspektief te behou en dit help nog steeds! Baie mense was en is baie slegter af as wat ek was. Derdens was dit my huwelik met Rachel. Dit was asof sy spesiaal vir my gekies is.

    Soos ek ander gehelp het, het ek patrone waargeneeem van sisteme wat geimplimenteer was op mense en die gevolg/e wat bereik is. Deur te luister na ander en waar ek self onregverdigheid ervaar het, het die pennie geval toe ek afgekom het en die werk gelees het van sekere outeurs. Nou was ek bewus van die geheime agendas wat operasioneel was van 'n regerende groep van mense wat die marionette toutjies trek van die Nuwe Wêreld Orde. Hulle gebruik onder andere die dekmantel van regerings departemente wêreldwyd. Daar word eksperimente uitgevoer op burgers, wye onderdrukking word toegepas, geheime howe word gebruik, farmaseutiese industrieë skep gesondheidsprobleme vir sommige mense, groot korporasies word gebruik en somtyds word die media blatant ingespan om die onderbewussyn te bereik met boodskappe wat baie mense beinvloed om op 'n sekere manier te dink. Die persone wat beinvloed word is salig onbewus dat dit gebeur.

    Baie anti-Skriftuurlike metodes word gebruik in sisteme wat ontwerp is om te manipuleer om totale beheer te verkry. Soos die spreekwoord sê, ‘die Duiwel werk in die donker’.

    Daar is egter ook goeie nuus en dit word in dié boek bespreek.

    GROOT WORD JARE

    As 'n kind het die reën my altyd tevredenheid gebring. Miskien was dit die wolk kombers in die hemelruim wat my 'n omhelsende gevoel gegee het. As die wind gewaai het, was dit vir my soos 'n versekering van die Skepper se teenwoordigheid in die natuur. Dit was asof daar lewe in die wind is, wat met 'n gesuis deur die blare van die bome beweeg en gaan waar dit ook wil.

    Vanuit 'n beskermde, stabiele en liefdevolle ouerhuis tot my eerste dag as 'n vyf-jarige in die skool, het my vele herinneringe gegee. Veral vanaf 'n veilige bekende omgewing tot 'n ge-ordende vreemde sisteem. Skielik bevind ek myself in die groot wye wêreld. Wat gaan my lewe beteken in dié wêreld?

    My ma was uitstekend om ons kinders se natuurlike nuuskierigheid te ontgin as 'n manier om te leer. Sy het aktief saam deel geneem in speletjies, wat vol pret was en op dieselfde tyd het ons nuwe vaardighede bemagtig.

    Die woonbuurt waar ek opgegroei het, was relatief nuut, wat dus beteken het dat daar baie oop erwe rondom ons was. Aangesien die omgewing veilig was, het dit aan ons 'n onbeperkte speel terrein gegee. Met die buurt se kinders het ons hutte gebou in die lang gras. Deel van ons onbeperkte verbeeldingsvlugte het ons formele klubs gevorm waar lede gekies is na 'n streng keuringsproses! Op die ou einde het almal dit gemaak aangesien ons net vier kinders in daardie eiendomsgroep was in die buurt!

    Ons agterplaas was 'n driekwart akker erf met vrugtebome, hoenderhokke en massiewe digte akasia bome wat in 'n ry twee kante van die erf toegemaak het. My broer Bernard wat 'n paar jaar ouer as ek was, was altyd 'n beskikbare speelmaat. My broer Hans, alreeds 'n tiener, terwyl ek en Bernard nog in ons primêre skooljare was, het eendag 'n foefieslaai gemaak van een van die hoë akasia bome tot by die wasgoed lyn se stutpaal. Dit was gemaak uit 'n draad en 'n kort metaalpyp, met 'n lyn wat vasgemaak was aan die metaalpyp. Eerstens moes in die boom opklim, die metaalpyp vashou met beide hande en dan met jou hart wat in jou keel klop, jou greep op die boom laat gaan. Met die wind in ons ore het ons sowat vyftien meters verder gegly tot ons op die grasperk voor die wasgoed lyn se paal geland het. Nadat Hans die nes verlaat het en soos ek en Bernard opgegroei het, het ons ons eie boomhuise gebou.

    My pa het 'n liefde gehad vir enige iets met vere en my liefde vir my geveerde vriende het daaruit gegroei. Hans het vir my 'n paar tuimelaar duiwe gekoop wat vir my eindelose plesier gegee het. Die duiwe het hoër en hoër gevlieg tot hulle net klein spikkels geword het in die lug. Ek het op my rug op die grasperk gelê en hulle dopgehou. Die hoogtepunt was wanneer hulle begin het met hulle akrobatiese kop-oor-stert tuimel. Somtyds het ek daardie maag in die keel gevoel gekry wanneer dit gelyk het asof hulle nie uit die tuimel aksie kon kom nie, maar die duiwe het geweet wanneer om hulle tuimelende bollemakiese vertoning te stop.

    Resiesduiwe is volgende aangeskaf. Dit was asemrowend om te sien hoe die hele groep in die bloue hemel wegraak en dan weer verskyn om neer te duik op hulle duiwe paleis. Wanneer daar 'n valk in die lug was, het die duiwe hoeër en hoeër gevlieg totdat hulle op dieselfde hoogte of hoeër as die valk was. Die valk kon dan nie die hoogte tot sy voordeel gebruik om af te duik op sy prooi nie. Dit was nou asof die duiwe

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1