Waar het die idee aan ’n sabbatsjaar (nege maande) ontstaan?
Ons het een jaar, ná ’n familietroue op Tulbagh, vir vier dae op een van Albé Louw se weidingsplase gaan oorstaan. Dit was naby Granaatboskolk, wat net ’n naam op die landkaart is. Dit was vier dae sonder selfoonsein, elektriese krag of lopende