Idees

‘VERDWAAL’ IS GOED VIR JOU

* Lees meer:

www.blom.studio

www.arteles.org

Ek is Finland toe om kreatief te wees en myself te vind, maar pleks daarvan het ek myself ‘verloor’.

As terapeut luister ek elke dag na stories van mense wat verlore en verlate voel. Soos ek dit verstaan, is ons in die lewe óf verdwaal óf ons voel so vasgeval dat ons glad nie vorentoe of agtertoe kan beweeg nie. Hoewel ons groot dele van ons lewe in hierdie ‘verdwaalde toestand’ deurbring, vergeet ons meestal waarom dit so belangrik is.

Een van die probleme van die moderne era is dat ons dae, weke en maande lank voor die tyd haarfyn uitgewerk word. Ons dagboek, Google-kalender of allerhande werkvloei- apps dikteer nie net wat ons elke uur van die dag moet doen nie, maar wakker ook ons terminale verslawing aan om die tyd te probeer tem. Dagin en daguit val ons vas in dieselfde ou patrone. En raai net wat is so ironies omtrent al hierdie voorsorgmaatreëls om die lewe te beheer? Uiteindelik weet ons in ieder geval nie wie ons is nie, net soos ons nie weet wat vir ons belangrik is of wat ons nodig het nie. Ons is so verlore midde-in die bedrywigheid van dinge wat gedoen, plekke wat besoek en mense wat gespreek moet word, dat ons onsself en mekaar langs die pad verloor.

In terapiesessies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif
Idees1 min read
Stensil Op Klei
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 'n paar minute (droogtyd uitgesluit) JY BENODIG ♥ lugdroogklei (genoeg vir die item wat jy wil maak, plus 'n bietjie ekstra) ♥ blomstensil (van plastiek) ♥ 2 velle asetaat (plastiekbakvelle sal ook werk) ♥ rolstok ♥ spu
Idees1 min read
Patroonkoekies
♥ vanieljekoekiedeeg (resep op bladsy 40) ♥ silikoonvorm van jou keuse ♥ ronde koekiedrukker ♥ koekroller 1 Maak die deeg aan volgens die vanieljekoekieresep op bladsy 40. Bedek die deegbol met kleefplastiek en sit dit vir minstens 1 uur in die yskas

Related