Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

My Reis
My Reis
My Reis
Ebook71 pages41 minutes

My Reis

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Na 24 jaar is die skryfster ook deel van die egskeiding statistiek. Nooit sou sy haarself kon indink op 46 jaar sou sy deel wees hiervan nie. Sulke goed gebeur met ander mense.
Hierdie boek gaan nie oor die detail daarvan nie.
Hierdie gaan oor haar "journey", my reis. Hoe sy die pad geloop het. Dinge wat sy baie vinnig moes leer en uitvind. Haar handleiding, gids. Hierdie is ook haar gevoelens, ervarings, woorde uit haar hart.
Miskien is jou pad anders, miskien nie, miskien is julle pad dieselfde, sy weet nie.
Baie vrae was in haar agterkop. Hoe doen jy baie alledaagse dinge? Wanneer is ʼn goeie tyd om huis toe te gaan as jy by vriende kuier? Met wie gesels jy in ʼn geselskap as almal met hulle maats gesels? Hoe maak jy met skoolfunksies? Met enige funksie? Mag ek sy van behou? Is daar ʼn tydlyn aan verbonde, as iemand my net kan sê hoeveel dae, kan sy mos ʼn kalender teen die muur sit en elke dag die blokkies afmerk en so kom die einde in sig.

Klein bietjie agtergrond, haar man was die praktiese een in die huis, hy het, kon alles regmaak en ʼn regte planmaker. Sy daarteenoor kan niks regmaak nie, kan ʼn plan uitdink, maar hoe voer jy dit uit?
Hulle het 2 kinders, een is nou 19 en al uit die huis en een sy laaste jaar op skool. Party sê gelukkig is hul al groot, sy weet nie, dit bly maar baie traumaties! Sy dank die Vader elke dag vir hulle, hulle hou jou regop elke liewe dag!
Het sy alles reggedoen – sy twyfel!
Sou sy wou teruggaan en iets verander – nooit nie!
Was dit maklik? Glad nie!
Wat het sy geleer:
Daar is geen handleidings, geen notas word van Bo gegooi nie (sou definitief makliker gewees het), niemand kan die pad saam met jou loop nie, almal is maar net toeskouers, hierdie paadjie is net vir jou voete alleenlik.
Sy Liefde, Getrouheid, Genade maak hierdie pad wel moontlik om te stap, kruip party dae en meeste van die tyd tel Hy jou op en dra jou!
Maar hier gaan ons…

LanguageAfrikaans
PublisherAmanda
Release dateMar 6, 2024
ISBN9798223111993
My Reis

Related to My Reis

Related ebooks

Related articles

Reviews for My Reis

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    My Reis - Amanda

    My reis

    Amanda

    Oorspronklik gepubliseer as ISBN: 978-1-776-430079

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra aan en bedankings

    Voorwoord

    Hoofstuk 1 - Die eerste maand en sy chaos

    Hoofstuk 2 - Die groot trek

    Hoofstuk 3 - Selfmaak Kersfees

    Hoofstuk 4 - Die groot dae…Kersfees

    Hoofstuk 5 - Die groot dae – Nuwejaar

    Hoofstuk 6 - Ons eerste vakansie

    Hoofstuk 7 - My eerste verjaarsdag

    Hoofstuk 8 - Eerste Valentynsdag, eerste partytjie

    Hoofstuk 9 - 6 maande – 181 dae

    Hoofstuk 10 - Moedersdag en Vadersdag – en nog moeilike dae

    Hoofstuk 11 - Maandag – 18 Julie 2022 – 260 dae

    Hoofstuk 12 - My nuwe van, my nuwe identiteit

    Hoofstuk 13 - My geveg met die kerk

    Hoofstuk 14 - Troue van die jaar

    Hoofstuk 15 - Hospitale en vrese

    Hoofstuk 16 - 365 dae – EEN JAAR

    Milnerstraat 389

    Waterkloof

    Pretoria

    0181

    www.marleo.co.za

    Alle regte voorbehou. Geen gedeeltes van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die skrywersgereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Kopiereg:

    Amanda

    Eerste druk 2023

    Geset, gedruk en gebind deur:

    Jotha Drukkers

    Pretoria

    083 453 0969

    ISBN: 978-1-776-430079

    Opgedra aan my familie en vriende wat die pad saam met gestap het.

    En dankie aan:

    Karlien wat die buiteblad geillustreer het- min weet jy net hoe getrou jou illustrasie aan my storie was.

    Voorwoord

    Na 24 jaar is ek ook deel van die statistiek: egskeiding statistiek. Nooit sou ek myself kon indink op 46 jaar en 10 maande sou ek deel wees hiervan nie. Dit was glad nie in my raamwerk vir my pad nie. Sulke goed gebeur met ander mense.

    Hierdie boek gaan nie oor die detail daarvan nie.

    Hierdie gaan oor my journey, my reis. Hoe ek die pad geloop het. Dinge wat ek baie vinnig moes leer en uitvind. My handleiding, my gids. Hierdie is ook my gevoelens, ervarings, woorde uit my hart.

    Miskien is jou pad anders, miskien nie, miskien is ons pad dieselfde, ek weet nie.

    Baie vrae was in my agterkop. Hoe koppel ek ʼn wasmasjien op? Hoe ry mens grondpad? Hoe ruil ek ʼn wiel om? Wanneer is ʼn goeie tyd om huis toe te gaan as jy by vriende kuier? Met wie gesels jy in ʼn geselskap as almal met hulle maats gesels? Hoe maak jy met skoolfunksies? Met enige funksie? Mag ek sy van behou? Is daar ʼn tydlyn aan verbonde, as iemand my net kan sê hoeveel dae, kan ek mos ʼn kalender teen die muur sit en elke dag die blokkies afmerk en so kom die einde in sig.

    Klein bietjie agtergrond, my man was die praktiese een in die huis, hy het, kon alles regmaak en ʼn regte planmaker. Ek daarteenoor kan niks regmaak nie, kan ʼn plan uitdink, maar hoe voer jy dit uit?

    Ons het 2 kinders, ons Blom is nou 19 en al uit die huis en ons Bul laaste jaar op skool. Party sê gelukkig is hul al groot, ek weet nie,dit bly maar baie traumaties! Ek dank die Vader elke dag vir hulle, hulle hou jou regop elke liewe dag!

    Het ek alles reggedoen – ek twyfel!

    Sou ek wou teruggaan en iets verander – nooit nie!

    Was dit maklik? Glad nie!

    Wat het ek geleer:

    Daar is geen handleidings, geen notas word van Bo gegooi

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1