Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlike kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekend maak nie en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur jou e-pos na vravirirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.
ONDERWYS RAAK TE VEEL VIR MY
My eerste beroep was in die finansiële wêreld, maar ek het altyd gevoel ek het meer om te gee. So 10 jaar gelede het ek ’n pos as ’n onderwyseres aanvaar, en dit het my baie gelukkig gemaak.