Ek noem graag myself ’n ywerige leser, maar jy sien my ook nie aldag met ’n boek in die hand nie. Daar’s net nie tyd nie, en daarom het my foon my “boek” geword, en ek lees nog netso baie. Een aand het ek gelees tot my foon in my gesig geval het van vaakgeit.
Ja, ja – die bloulig is sleg vir ’n mens se oë en slaapsiklus en ’n boek ís beter, maar hoor is min. Deesdae kom sulke inligting mos ook in video’tjies met