Baba & Kleuter

WIE IS DIE MOEGSTE IN DIE HUIS?

VERDEEL PLIGTE GELYKOP

Daar’s min dinge wat ’n huwelik so toets soos die konstante gekibbel oor huishoudelikhede. Ouerskap is harde werk en daar’s ’n magdom take wat daagliks verrig moet word bo en behalwe die gewone huishoudelike take. Bespreek vooraf hoe die verdeling daarvan gaan plaasvind en of julle hulp van buite gaan aanvaar. Wanneer baba eers daar is, moet hierdie verdeling gereeld hersien en verfyn word. Julle sal gou agterkom watter pligte saamgegroepeer kan word, watter pligte julle geniet en watter uitputtend is.

Onthou dat dit ’n veeleisende werk is om ’n tuisbly-ouer te wees. Dit het geen finansiële beloning nie, maar talle praktiese en emosionele voordele vir die kinders. Hou dit dus in gedagte wanneer die pligte verdeel word. Dis alles wonderlik as pappa ook snags wil opstaan en voedings behartig, maar as hy bedags ’n veeleisende werk het wat die enigste finansiële inkomste inbring, is dit dalk beter om sy nagrus ’n prioriteit te maak. Hy kan eerder onderneem om elke

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Dié Johannesburgse laer- en preprimêre skool help sorg dat jou kind ’n uitstekende en holistiese opvoeding kry. By Jan Celliers Laerskool en Preprimêr hoef jy nie bekommerd te wees nie. Dis ’n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg, wat die ho
Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Conscious Birth: Inner Wisdom for Modern Mothers deur Theoni Papoutsis, ’n gesoute doula, hipnogeboorte-praktisyn en lewensafrigter van Johannesburg, bevat tegnieke vir swangerskapsjoga, bewustheid en nog baie meer. Aan die einde van hierdie werkboek
Baba & Kleuter6 min read
Verstaan Kraam
WAT MET JOU LYF GEBEUR Jou serviks begin sag word en gaan effens oop. Kontraksies is kort, matig en ongereeld. Dit voel soos ligte rugpyn of menstruasiepyn laag in jou buik. ANDER TEKENS ■ Meer vaginale afskeiding ■ Skielike gewigsverlies ■ Knaend

Related