Die twee spilpunt-oomblikke van my lewe was toe ek my ma verloor het en toe ek self ’n ma geword het – die hartseerste dag en die gelukkigste dag. Hierdie twee gebeure sal altyd my asem wegslaan as ek daaraan dink. Albei was vreesaanjaend. Albei is gegroet met ’n soen op die wang. Albei was oomblikke waarin ek besef het dat ek voortaan slegs ’n volwassene sou kon wees.
Min het ek geweet dat daar ’n derde asembenemende oomblik sou wees wat alles sou oortref.
Dit was die dag net voor Pierre se tweede verjaardag toe die dokter vir ons sê hy is outisties. Ons is huis toe gestuur met net daai woord: outisme.
En sterkte, natuurlik. Gewoonlik neem ’n mens jou kind dokter toe en hy gee medisyne en drie dae later is