1 DIE WAPAD IS ONS WONING
Engela Erasmus, Marina Venter en Daleen Osborne toer die land plat met hul konvooi van drie kampeerbussies
Ek sal julle graag eendag wil join. Ek het ook my eie kampeerbussie, maar nie genoeg moed om dit alleen te doen nie. Geniet dit! Dit was ook my en my man se droom om eendag lankstaankampeerders te wees.
YOLANDA
Fantasties. Dit is ook op my lys om te doen. So gaan ek nie oud raak deur by die huis te sit of in ’n ouetehuis nie. Suid-Afrika het soveel mooi plekke wat ek nog nooit gesien het nie. ’n Mens is nooit te oud om dit te beleef nie.
MARGARET
Marina, die vryheid van kamp en hierdie leefwyse is seker in ons bloed! Min waarde aan aardse dinge wat opgegaar was. Ons is nou al twee jaar op die pad en toer die land deur. Ons huis is nou in die mark. Ons leef lig!
ALIDA
My pa het my geleer om my naam in die grond te skryf