PATRICIA Sy’s vir die onthou, SÊ NATANIËL
Ek het net gesê, ek doen dit my way. Ek en jy laat self goed gebeur, ons wag nie vir die foon nie, ons werk agter die skerms, is betrokke by alles
Patricia oor haar en Nataniël
Ons het mekaar jare laas gesien, maar ons praat oor die foon en sy stuur gereeld ’n pienk hart as sy van iets op my Instagram-nuusbrief hou. Ek stuur ’n stemboodskap: Lewis, dis Le Roux, ons gesels om presies tweeuur, stuur asseblief jou Skype-naam!
Ek gaan soek onmiddellik ’n pikswart uitrusting en ’n borsspeld, vir vyftien minute sukkel ek om my beligting reg te kry. Ek ken haar, die grimering en omgewing gaan perfek wees, ek sal ook ’n prentjie moet maak.
Uiteindelik verskyn sy op my skerm. My skat! lag sy en lyk presies soos die dag dat ek haar ontmoet het. Op die agtergrond lê ’n helderblou swembad en ’n paar meter verder ’n diepblou oseaan.
Nataniël
Patricia, op hierdie oomblik, waar jy nou is op hierdie planeet, hoe gaan dit met jou?
Sjoe, dit gaan so goed! Ek is geseënd en ek is gelukkig. Ek. Ons weet dinge kan vinnig verander, ons het ’n groot skok gehad. Lank terug het jy my vertel van jou ouma. Ek is nou daar. Ek het my ma verloor. Haar gesindheid, haar ondersteuning en haar liefde was alles. Ek het soveel by haar geleer, sy het alles gegee, aan ons, aan almal, haar laaste geld aan iemand by ’n verkeerslig. Hoe ek nou lewe, dat ek weet dat ons móét gee, dit kom alles van haar.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days