Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Betereinder: Wees die verskil
Betereinder: Wees die verskil
Betereinder: Wees die verskil
Ebook215 pages6 hours

Betereinder: Wees die verskil

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika. Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens  kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word. Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak. 
 
 
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateFeb 10, 2023
ISBN9780796323064
Betereinder: Wees die verskil
Author

Schalk W van Heerden

Schalk W van Heerden is 'n Afrikaner wat passievol is oor 'n beter Suid-Afrika. Hy is 'n predikant by Fontaineblaeu Gemeenskapskerk in Randburg. Hy is die medestigter van Betereinders, 'n organisasie wat dit beywer vir gesonde rasseverhoudings wat lei tot 'n florerende samelewing.

Related to Betereinder

Related ebooks

Related articles

Reviews for Betereinder

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Betereinder - Schalk W van Heerden

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van Betereinder mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe.

    Lux Verbi

    Vir Chikwa, Mthoko en Doc

    VOORWOORD

    Ek voel verleë omdat Schalk my gevra het om die voorwoord vir sy boek te skryf omdat hy so ’n voortreflike leermeester is en ek baie meer by hom geleer het as wat hy besef. Ek hou Schalk in gestalte. Normaalweg is dit andersom met die voorwoordskrywer.

    Ek het Schalk op ’n rare manier in 2009 raakgeloop. Dit was synchronicity. Ek en ’n paar ander yweriges was aan die beplan vir ’n projek gerig op die jeug vir 2010 se Wêreldbeker. Ons het ’n idee gehad, maar nie geweet hoe nie.

    In daardie stadium het ek die meeste oggende van Pretoria na ons kantoor in Sandton gery. Soos ek nou nog doen, luister ek na RSG (my kinders sê dit staan vir Roelf Se Gunsteling) se Monitor-program. Cobus Bester voer ’n onderhoud met ’n man wat ongekende vrywillige werk in Manica in Mosambiek doen. Sy naam is Schalk van Heerden. Hy praat in die ateljee met Cobus en ek weet hy is dan ten minste tydelik in Suid-Afrika. Op daardie oomblik weet ek dit is hierdie man wat ons nodig het. Ek bel dadelik vir Lientjie Luwes, die sekretaresse van die yweriges om hom op te spoor.

    Die volgende oggend sit Schalk in my kantoor in Sandton. Ons ken mekaar van geen kant af nie, maar hy sê ja, hy sal ons kom help.

    Eintlik het hy ons nie kom help nie; hy het die idee gevestig en Youthzones was die begunstigde. Al wat ons kon doen, was om hom te help. Voor die afskop was drie sites operasioneel; nou is daar meer as 50. Dit te danke aan Schalk en sy vennoot, Doc Mabila, wat nou in beheer van die projek is en groot erkenning kry, selfs internasionaal.

    Almal van ons wat die projek tot nou toe beleef het, weet dat Schalk ’n allemintige mensheid is. Elke keer dat ek hom sien vir gesprekke of vergaderings (hy kom gewoonlik met sy motorfiets daar aan) wens ek ek kon soos hy wees.

    My advies is: Lees Schalk se stories stadig en oordenkend. As daar meer mense soos hy (en Madiba) was, sou die wêreld ’n wonderlike plek wees. Hy gee die konsep Afrikaners ’n verdienstelike plek, gelykwaardig, eg en legitiem.

    ROELF MEYER

    November 2022

    BREEK TOTDAT JY HEEL IS

    Proloog

    Waaroor skryf ek? Een woord: tuiskoms. Dit is mý storie van tuiskoms hierdie: in my vel, in my land, in Afrika. Ek skryf oor myself as Christen en Afrikaner. Ons hoef nie dieselfde te wees om mekaar se stories te geniet en waardeer nie.

    Ek besef ek is vreemd. As jy egter ’n wit vel het en hoop op ’n tuiskoms, sal my storie waarskynlik met iets in jou hart praat. Mense wat verlang na behoort en besef daar bestaan nie meer iets soos ’n goedkoop behoort nie, sal resoneer met my gedagtes. Die lekkerste saamreis wag egter vir dié individue wat besef ’n gevoel van tuis lê opgesluit in ’n verskil maak, regmaak en mooimaak. Ek máák my tuis.

    Daar is ook ’n dieper tuiskoms wat op my wag. ’n Tuiskoms wat ek as gas en bywoner leer raaksien. My groot tuiskoms lê agter die besef dat ek weeskind en balling is. My storie is dié van ’n buitestander wat leer hoe om te behoort deur my te gedra asof ek regtig behoort. Anderkant my soeke na identiteit en integriteit weet ek al wag Rus, en ek weet dat Rus ’n Persoon is. Dit gaan klink of ek erg is oor geregtigheid en naasteliefde (en ek is), maar my eintlike soeke is na die Bron van goedheid. Hierdie boek wys hoe ’n aanhoudende rondkrap in stof op rots kan land.

    In Spreuke 31:8-9 tref ’n groot ironie my:

    Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.

    Ek kan doen wat dié vers vra. Ek kan praat en reg laat geskied aan die armes en dié sonder ’n stem. Tog is ek die arm een. Tog is ék die een sonder stem.

    ***

    My stories vertel gewoonlik van breek én bou. Daardie ritme van aanhoudend stukkend word en heel word, is in meerdere of mindere mate ons elkeen se verhaal. Ek het nie geheime om te deel nie, maar ek glo daar is heelwat geheimenisse wat vir ons loer en wat raakgesien en omarm kan word.

    Daarom is my hele lewensverhaal, en so ook hierdie boek, ’n gebed; nie vir groot dinge soos relevansie en inspirasie nie, maar net om nuttig te wees vir iemand. Ek hoop dat hierdie boek ’n klein deeltjie van ’n brug kan wees wat ons nader aan mekaar bring. In 2010 was ek by ’n Peter Block-konferensie. Daar het ’n wildvreemde swart non voor my kom sit en woorde gegee aan ’n wete wat al lank heel deurmekaar en sonder artikulasie in my hart rondgedryf het: Jy is geroep om ’n brug te wees.

    Eers 23 jaar later begin ek besef wat sy reeds geweet het: Daar is ’n verskil tussen om ’n brug te bou en ’n brug te wees. Om ’n brug te bou vra vernuf, krag en ambisie. Daarenteen vra om ’n brug te wees ’n optjop en neerlê. Teoloë noem dit kenosis, volgens Kolossense 2. Wanneer jy ’n brug is, loop mense van albei kante af bo-oor jou; daarom is jou nut bloot om daar te wees. Die misterie hiervan is dat ons verras word met ’n heelheid en tevredenheid wat nie net verlang om dinge oor te steek nie, maar wat rus vind in ’n wéés binne lokaliteit. Daardie wees vind ook plaas in ons omdat baie mense nie net oor ’n brug loop na ’n ander kant nie, maar vanaf ’n brug asemskep, rus en dinge bekyk. Ek, en dalk die boek, is miskien vir jou so ’n tusseninplek, ’n liminale ruimte van asemskep, woorde kry en dinge bekyk.

    ***

    Ek gaan deurgaans foto’s deel om stories of gebeurtenisse te vertel. Die foto’s sal vertel van plekke, mense en gebeure wat my verander het. Die eerste foto is 15 jaar gelede geneem, maar ek onthou daardie dag nog baie duidelik. Julie was ’n Amerikaner wat Manica in Mosambiek gereeld besoek het. Dit was die dorpie waar ek in my twintigs gewoon het. Baie mense het kom kuier om te sien wat ek doen en kamtig om te help. Ek sê kamtig, want ons almal weet dit was eintlik óns wat gehelp is deur ons blootstelling daar.

    Julie wou die dag haar voete nie op daardie treinbrug sit nie. Sy was vreesbevange, veral wanneer sy deur die gapings gekyk het na die Munenerivier daar onder. Ek weet nie of daar ’n woord is vir iets tussen motiveer en forseer nie. As daar is, dan is dit wat ek met Julie gedoen het. Naby die einde, toe sy besef sy is besig om dit te oorleef, het daar ’n flou glimlaggie deurgebreek onder haar sout wange. Brugmense kén van dapper wees, van dapperheid wat vertroud is met bang wees.

    Dapper brugmense verstaan gewoonlik dat heel word agter breek wegkruip. Dit is vir my lekker om met mense te gesels wat die geheimenis wil ontdek van hoe ’n mens breek totdat jy heel is. Aan die einde van die verloor om te wen-beginsel is daar ’n prys, selfs ’n Prys (Iemand), sou ek waarborg. Daar is ook ’n prys om deurgaans te betaal. My gebed is dat iets van my storie sal wys hoe die Prys wat ons ontvang altyd groter is as die prys wat ons betaal, en hoe ons heeltyd wen met elke bietjie verloor wat ons neerlê. My voorneme is om die verbeelding te verbreed deur voorbeelde en idees wat deurgaans kyk na ’n hoe? Hoe doen ons die dinge wat ons instinktief besef ons moet doen? My verbintenis tot ’n hoe? is nie net om te oorleef in ons land nie, maar om met integriteit te floreer.

    Vandag gaan die taak van leierskap in groot mate oor woorde, om met woorde brûe te bou. ’n Ware leier van ’n kerk, besigheid of sommer net van ’n gesin word geken aan woorde wat teen die gees van die tyd ’n middelgrond bewerk. Mense wat in gonstaal gesegdes rondslinger wat verdeeldheid bring, is nie leiers nie. Hierdie papegaaipredikers is volgelinge van idees wat hulle self dalk nie eens verstaan nie. Ons kultuurstroom sleep ons amper outomaties stroomaf in die rigting van polarisasie en wantroue. Leiers se woordkeuses en woordgebruik impliseer dus ’n doelbewuste bou van brûe, elke minuut van elke dag.

    ’n Brug is middelgrond, die teenoorgestelde van middelvingers. ’n Middelvinger is sleg wanneer hy alleen staan, en ons samelewing se middelvingers word beïnvloed deur die twee vingers weerskante daarvan. Daar is wysvingers wat wys, uitwys en tipies is van ’n uitwys-en-vuilsmeer-kultuur (call-out and cancel culture) wat demoniseer en verdryf. Daar is gelukkig ook ringvingers, wat nie so slim en prominent is nie, maar simbole is van lewenslange verbintenis, wat ’n ring kan dra in stille standvastigheid.

    Ons land het dít nodig. Iets waaroor ons almal kan saamstem, is dat nie een subgroep gesond en gelukkig kan wees sonder dat ons ons beywer vir ’n gelukkige land nie. Ons eie gesondheid, veiligheid, vrede en geluk lê opgesluit in die kwaliteit van ons bure se toekoms. Daarom is voller ons die tema van hierdie boek en my stories. ’n Groter ons bevestig daardie klassieke ubuntu-idee dat ek net mens kan wees saam met en deur ander mense. Hierdie menswees behels en omhels veral diegene wat nie tradisioneel soos ek lyk, praat en dink nie. Dit klink dalk vanselfsprekend; tog is daar ’n groot groep mense wat weens pyn, vrees en frustrasie nie reg is vir ’n gedeelde toekoms nie. Ek hoop my kronkelpadstories kan bydra tot ’n gedeelde verbeelding.

    ***

    Ek kan nie onthou wie my afgeneem het toe ek heel aan die begin van my tyd in Mosambiek naby die dorpie Messica begin roei het nie. Ek is seker dit was nog ’n filmkamera. Op hierdie rivier het ek gereeld met tuisgemaakte spane en kano gedobber terwyl ek krokodille om my sien wag het. Ek was oortuig hulle wag vir witvleis! My gebewe het my verder as my fiksheid laat roei. Partykeer vat die bang ons vorentoe. In die dobberende houtstomp was dit maklik om my bang te herken.

    Deesdae is dit moeiliker om te begryp dat my irritasie, kwaad of aversie ook maar ’n bang versteek. As daar klein jakkalsies is wat ons wingerd vernietig, is dit sekerlik die klein klitse wat ons vrees aanblaas en ons leer kla. Kla is aansteeklik. Mense wat die minste doen, kla gewoonlik die meeste, en dit vorm ’n verlammende kringloop. Om die kla-kringloop te verbreek moet ons natuurlik erken wat fout is, maar met die doel om iets daaraan te doen. Kla is eintlik ’n goedkoop weergawe van klaag omdat dit in die verkeerde rigting geskied. Met al die pyn, ongeregtigheid en lyding om ons kan ’n mens klaag verstaan. Waar kla dikwels sittend of staande geskied, geskied klaag op ons knieë, teenoor God. Klaag is God-taal wat smag na beter. Klaag impliseer hoop, terwyl kla wanhopig kerm. Klaag teenoor God sluit dan ook ’n bereidheid in om deel te wees van die redding en die uitkoms.

    Kla en skinder is selde ernstig oor dit wat sleg is. ’n Erns met boosheid en pyn dryf ons na nederige afhanklikheid en bereidheid. Dié wat net wil kla, kan voortkla. Daarteenoor wil diegene wat so sterk glo in die goeie dat die slegte nie aanvaar kan word nie, mekaar help om doelgerig saam te werk op slim maniere. Ek moes al vroeg leer wat alle doeners ontdek: om ons nie aan klakouse te steur nie. Deesdae is dialoog broodnodig, maar ek raak al hoe strenger oor gesprekvereistes: slegs dié wat saamwerk, kan saampraat. Jou dade is jou kaartjie in die gesprek in. Daarom praat hierdie boek oor doen.

    ***

    ’n Eerlike erkenning van verskille en kompleksiteit is van deurslaggewende belang om onsself en ons land gesond en gelukkig te kry. Ons erken en verstaan dat daar in Suid-Afrika nie net mense is nie, maar mans en vrouens, ryk en arm, wit en swart. Bo-oor die verskille is ’n groot gedeelde menswees. Ten einde die oorkoepelende menswees mooi en regverdig uit te leef, help dit om elke groepering eerlik binne konteks te verstaan. Steve Biko gee die raad dat as oopkop wit mense wil help met die stryd van arm swart mense, ons heel eerste by ons eie groep moet begin. Dit is ’n les wat ek oor baie jare moes leer, want in my jonkheid het ek gehunker na ’n kleurblindheid en Jesus-liefde wat nie verskille en onregte raakgesien het nie. Nou begin ek met fyn onderskeiding kyk en my respek vir elke individu help my raaksien wat vir hom of haar belangrik is.

    Ek kuier en werk dikwels op voetsoolvlak in Suid-Afrikaanse townships. In townships het ek te doen gekry met die woord skhokho. ’n Skhokho, het ek gou geleer, is iemand wat gesag afdwing en iets tussen respek en vrees ontlok. ’n Skhokho is nie ’n bangbroek of papbroek nie. As jy ’n skhokho raakloop, groet jy nie te vriendelik met ’n gewaai en glimlag nie; ’n kalm kopknik en heita met strak gesig is van pas.

    Een of twee keer is ek al skhokho genoem. Ek dink nie dit was ironies of sarkasties nie. Dit het my aan die dink gesit. Die woord skhokho beteken letterlik die harde aanbrandsel onder in ’n pot pap. Hierdie aanbrandsel wat so hard gebak is, is baie mense se gunsteling. Ek glimlag as ek hieraan dink. Die sagte wit meel word in ’n swart pot gegooi en as dinge warm raak en die wit pap spring nie uit nie, kan dit harder en sterker word, selfs ’n bietjie kleur kry. Ons kan skhokho word. Ons lewensreise laat dit gebeur.

    In die hoofstukke wat volg, sal ek vertel van mý reise: ver weg van die kerk af op soek na God en ook ver weg van my mense af op soek na my naaste. My liggaamlike en intellektuele reis in Afrika in het gelei tot ’n ongekende tuiskoms. Hierdie ironiese tuiskoms aan die ander kant van enersheid is iets wat ek elke gesin gun: om in rus en vrede tuis te voel en te weet ons hoort en kan behoort in Suid-Afrika.

    Ek is nog relatief jonk, maar het al ’n interessante lewe agter my. Die besonderse draaie van my voetpaadjie kleur my hoop vir ons land en vir my tribe in. Ek is nie skaam om te sê ek is deel van die Afrikanertribe nie. Ek is ’n Afrikaner met baie blootstelling. Ek het in my twintigs in die landelike Mosambiek gewoon en gewerk, ver van die see en wit mense af. In my dertigs was ek doenig in 45 verskillende townships in Suid-Afrika, ver van ’n loopbaan en gemaksone. Baie van my voorbeelde en stories sal vanuit daardie kontekste vertel word. My nuttigheid is dat ek ’n Afrikanerlaaitie is wat al goed agter die skerms

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1