Kuier

SA SE katte

Op 24 September vier Suid-Afrikaners Erfenisdag. Dit is ’n dag om hulde te bring aan al die verskillende kulture en tradisies van ’n reënboognasie – die diversiteit én die eenheid van die land.

Maar hoe ver het Suid-Afrika al werklik gekom sedert oudpres. Nelson Mandela op die eerste viering van hierdie dag in 1996 gesê het:“Toe ons eerste demokraties-verkose regering besluit het om Erfenisdag een van ons nasionale dae te maak, het ons dit gedoen omdat ons geweet het ons ryk en diverse kulturele erfenis het ’n ontsettende mag om te help bou aan ons nuwe nasie?”

Van eenheid, diversiteit en diskriminasie kan jy die beeldskone Success Lekabe (31), Tussen Ons-aanbieder en Bok Radioomroeper met die streelsagte stem, niks vertel nie. Success het grootgeword in Potchefstroom in die Noordwes en in Bloemfontein gewerk. Sy praat ses van die 11 amptelike tale. Setswana is haar moedertaal, Sesotho is die ander.“Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu praat ek uit selfverdediging,”lag sy.“Nelson Mandela het gesê:‘Talk to a man in a language and you are talking to his head. To talk to him in his own language, is to talk to his heart.” Selfs al is dit net om iemand in sy eie taal te groet, is reeds ’n stap nader aan mekaar.

“Ek dink eenheid in Suid-Afrika is definitief daar. Ek sien so baie keer as dinge nie goed gaan nie, hoe baie ons hande vat om dit beter te maak, veral nou in hierdie Covid-tyd, waar so

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Groot Woordbou
NR. 167 asbes aanwend apostel bandana bewus bloekom chevron dekaan defek engelvis elektries fakkel feodaal genetika glans hersenskim hokkie integrasie intap jonk janfiskaal kalk kapoet kompas landelik leuen minstens moltrein myner natuur Newton oopst
Kuier1 min read
Oplossings
STER-BLOKRAAI NR. 230 VRAAG: Dié Amerikaanse sangeres se aanhangers word die “Little Monsters” genoem. Wat is haar doopnaam? Marlene Drotschie, Bellville FOTOBLOKRAAI NR. 308 VRAAG: Dié joernalis en Carte Blanche-aanbieder is laas jaar oorlede. Heste
Kuier5 min read
Daai Stemmetjie In Jou Kop…
Skuldgevoelens en moederskap gaan vir talle ma's hand aan hand, soos nappies en melkbottels. Op die vooraand van Moedersdag het Kuier aangeklop by ‘n paar ma's en ‘n sielkundige oor die verskynsel van mom guilt – daai knaende gevoel wat jou beetpak a

Related