Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Volk
Die Volk
Die Volk
Ebook239 pages4 hours

Die Volk

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie werk is gemik op die Volk, my Afrikaner-mense waarmee ek grootgeword het en langsaam verloor het na 1994. Die Boervolk. Met hierdie probeer ek jul aanpor om weer tot op jul voete te kom, reg te maak wat gebreek is in julself en sodra ons dit saam reggekry het- die res van die land. Dit is hartseer om die ondergang in my Volk te sien, hoe so baie agteruitgaan en sommiges steeds bo-op daardie swakstes onder ons trap om bo te kom of daar te bly. Ons het nie net onsself verloor in die chaos wat Suid-Afrika geword het nie, maar mekaar en onse waardes. Ons het verloor waarvoor ons eens gestaan het. Ons het agteroor gaan staan en buig en vir wat? Kyk hoe lyk dit om ons. Dit is tyd. Ons moet uit daardie as opstaan en mekaar onderskraag, sodat ons weer heel kan word. Dis moontlik. Ons moet. Vir onse kinders. Vir ons land se toekoms. 

LanguageAfrikaans
PublisherKoos Bonedoos
Release dateMar 7, 2024
ISBN9798224917020
Die Volk

Related to Die Volk

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Volk

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Volk - Koos Bonedoos

    Die Volk

    Afrikaanssprekendes, oorwegend wit van velkleur, tradisioneel Godvresend en voorheen van inbors.

    Voorwoord

    Ek skryf hierdie boek (aldan ‘n treurmare) as herhindering aan ‘n groep mense in onse land waarmee ek eens ge dentifiseer het. Ek sê eens, want vandag weet ek nie meer wie is wie nie, en ek pas ook amper nêrens meer in nie. Ek het dus iewers die pad byster geraak, die memo gemis of net rigting begin verloor. Of hulle het.

    Daar is soveel verkeerd in onse land en dis asof my Volk eenvoudig net saam met die stroom meegesleur was. Of dalk word hul steeds deur die huidige regering, die stukkende ekonomie, diskriminasie teenoor die wit minderheid, die aanslae op ons lewens, die onbetrokkenheid by ons pleidooi deur die res van die wêreld en die verlies aan eie identiteit meegesleur. Dit is vir my verskriklik hartseer, want die Volk waarop ek eens so trots was lê in stukkies, verstrooi. Hulle is werklik vlenters. Hulle staan op straathoeke en hul vuil kinders vra vir my brood. Dit maak mý vlenters.

    Kan ons nie in die stilligheid opstaan uit die as nie? Wat gaan dit kos? Vir een dink ek dit gaan samewerking kos; iets waarvoor ons as Volk nog nooit juis baie bekend was nie. Maar dit is wel doenbaar. Ons gaan mekaar ook moet inspireer. Ons moet elkeen die beste moontlike voorbeeld wees vir die ander. Want ons is dit nie meer nie. Onse trots is ook nie meer wat dit eens was nie. Inteendeel, daar is baie min trots in onse Volk oor. Ek kry die gevoel onse Volk het besluit om oor te gee. Asof daar geen hoop meer oor is nie. Ons het amper skepsels soos hensoppers geword. Ons is tog nie hensopopers nie, is ons? Wat gaan dit kos- en ek praat nie van geld nie- om die Volk se vonk teruggesit te kry?

    En dan is daar die onsmaaklikheid van sommiges onder ons wat nie trots het nie, maar so vol van hulself is oor hulle geld het dat logika hul nie eers traak nie. Solank hierdie groep hul geld het gee hul ook nie juis veel om oor die stand van ander se sake nie. Ek sien dit met my eie oë. Dit walg my hoe min sommige wit mense met geld omgee vir arm wit mense, en hoe daar deur diesulkes met arm mense gepraat en gehandel word. Goeie genugtig. Het ons dan so ver geval? Is ons dan sowaar besig om in ‘n spul kakke te verander? Oor sommige van ons geld het? Maak geld jou slim of mooi of beter as ek? Dink maar weer, hoor. Dink hard. Baie hard.

    Groete,

    Koos Bonedoos

    Indeks

    Hulle woon tussen ons....................................................................................3

    Wat het skeefgeloop?................................................................................................................7

    Hol wesens.................................................................................................9

    O, wee die Volk!.....................................................................................................................12

    Gevolge van swak wetstoepassing....................................................................15

    Ek is een van hulle......................................................................................19

    Die verskille darem.....................................................................................25

    Boelies....................................................................................................29

    Die woonstellewe........................................................................................35

    Ons kroek mekaar.......................................................................................38

    Die stok en die staf......................................................................................46

    Watse geslag is jy?..................................................................................................................51

    Wanneer jy ‘n kind begrawe...........................................................................55

    Of hul trek oorsee.......................................................................................61

    Giftonge..................................................................................................68

    Die Hoeksteen...........................................................................................72

    Hieraan word ons geoordeel...........................................................................78

    Hoekom praat ek só?...............................................................................................................82

    Die ander vrou...........................................................................................84

    God laat dit toe...........................................................................................91

    Tyd raak min.............................................................................................95

    Inleiding

    Ek is eenmaal gevra om by ‘n dames-tee te praat oor die gevolge van boelies en die nadraai van sulke dinge, ook omdat ek deur so iets moes werk met een van my dogters. Dit is alles goed en wel wanneer jy ‘n uitnodiging kry om te gesels oor so ongemaklike onderwerp, maar dis altyd beter wanneer jy praat vanuit ‘n plek van ondervinding.

    Niemand het my gevra om te praat oor die dinge in hierdie boek nie. Ek voel dit is ‘n plig wat ek moet nakom. As ek wil kla oor ons situasie of die toestand van ons land en ek het absoluut niks daaraan gedoen nie, het ek mos nie ‘n voet om op te staan nie. As jy wil moan moet jy ten minste ook kan sê jy het iets daaraan probeer doen; wat dit ook al is waaraan gewerk moes word.

    Wel, hierdie is dan my 5c. Nie almal gaan hiervan hou nie. Ek noem ‘n boks ‘n boks, en ek bak nie mooi, polities korrekte broodjies nie. Want dis ook ‘n groot deel van wat fout is in ons land en in die wêreld. Hierin is ‘n boodskap en selfs al haat jy my of my 5c-werk, kan jy sowaar nie stry met dit wat jy tussen die reëls gaan sien staan nie. Want dit is (ook ongelukkig) die waarheid, al wil jy dit nie sien nie. Ek wil die leser dus aanspoor tot aksie, volhoubare verbetering en sukses vorentoe. Seënwense.

    Hulle woon tussen ons

    Ons is maar ‘n baie klein familie. Die stam het slegs vyf broers en twee susters. Dis nou aan my vader se kant; die kant waar ek beide my naam en van geërf het. Dit lyk amper dieselfde aan my moeder se kant, wat haar die enigste dogter maak. My voorouers was baanbreker immigrante, Kaapse Kavaliers, Voortrekkers, uitstekende skuts, jagters, Spoorwegmanne en taai boere. Daar was nie tyd vir rondlê, nonsens praat of kak aanjaag nie. Daar was wel tyd vir hard werk, waarde toevoeg, kinders grootmaak en iets nalaat. Maar ek kom agter dat, soos die tye verander en onse familie die moderne eras betree het die normes en waardes verander het. Teen die tyd dat ek verstand gekry het was sommige lede van die familie kwansuis beter as ander. Sommiges het agteruitgeboer, ander darem vorentoe. Ander het weer net die res nageaap en maar gedoen wat almal doen; of dit nou werklik vir hulle gewerk het of nie. Vandag is die spulletjie, net soos die res van die Afrikaners so te sê uitmekaar gespat. Elkeen doen maar sy eie ding en worry nou regtig nie veel oor die res nie. Party praat 17-jaar nie met mekaar nie terwyl ander mekaar weer omkoop vir kuiers. Die wat min het word graag omgekoop en praat saam met dié met die geld daarvoor. En so teel die bosigheid aan.

    Waar ek agtergebly het is daar nie meer bloedfamilie nie; wel net ‘n sweempie van my ouma se kant af- dis nou my pa se ma. Maar dis nie genoeg om hulle regtig nou meer familie te noem nie. Ons sal nog daarby kom, en uiteindelik ook my eie huigelary. Juis volgens daardie einste ouer neef van my is ek ‘n pleb. Sy pa was die oudste van die seuns en hy het seker maar so bietjie verhewe gevoel daaroor. En let wel; hierdie neef het maar net so arm soos ek grootgeword, en boonop tussen ‘n klomp honde en katte ook nog. Ten minste was daar nie dierehare in my beddegoed of klere nie, of katpis in ons matte nie. En wat is ‘n pleb? Pleb beteken kortweg kommin. Dis ‘n neerhalende beskrywing vir iemand van lae sosiale klas. Die oorspronklike woord is plebs en is Latyns, en verwys na die doodgewone Jan Alleman van antieke Rome. Dis ironies dat hierdie beskrywing van my as ‘n pleb afkomstig is van iemand wat alles in sy vermoë doen om sosiaal iewers te kom maar dit net nooit daadwerklik kon regkry nie. Hierdie neef het my al uit sy huis verdaag sodat hy in ‘n ou wyk van vuil Vanderbijl vir ‘n vriend van hom kan gaan ‘politiek’. Weet julle hoe lyk Vanderbijlpark? Duidelik het die politiek van daardie dag net mooi fokkol beteken het nie. Die plek lyk net nóg erger vandag.

    Dis ook dieselfde neef wat voorheen ‘n bohaai opgeskop het oor ‘n inskrywing van my broer op sosiale media, toe dié (my broer) in blye hereniging van ons as gesin by my ouerhuis om ‘n pot-vuur laat weet het hoe lekker dit is dat die blou bloed weer bymekaar is vir ‘n slag. Waarvoor neem iemand soos hy eksepsie een jaar terwyl hy so maklik van ‘n mens kan afstand doen gedurende ‘n ander? Dieselfde neef was by my aan huis vir presies een braai, by my huidige adres. Ek woon nou al amper vier jaar daar. Ek skat hy was by my aan huis vir sulke geleenthede by my vorige adres seker drie maal. Ek het veertien jaar daar gewoon. Die laaste maal wat ek by hom en sy vrou (saam) tuisgegaan het, het sy vrou elke onderwerp waarmee ek die geselskap probeer maak brand het met sarkasme doodgegooi. Nou wat de hel sou ek dan daar wou gaan maak? Wat sou my aanspoor om weer daardie eenrigtingpad van nagenoeg twee kilometer aan te durf as dit die behandeling is wat ‘n mens daar kan verwag? Dis dan seker ook nie nodig om vir julle te sê ek sit nie meer my voete daar nie? O, ja: maar ek is die pleb? Regtig?

    In die winkels kyk daardie selfde neef se vrou my in die oë en maak dan dat sy so gou moontlik van my af wegkom. Groet glad nie meer nie. Daarom groet ek nou ook nie meer nie. Hul kinders sou jou ook groet wanneer hulle so gevoel het. Baie maal kon die seun hom nie eens verwerdig om uit die kamer te kom om jou te groet nie. Die meisiekind het jou meestal net so op en af vanaf haar negende rugwerwel geloer waar sy op die sitkamerbank lê-sit. So nee; ek mis die spulletjie glad nie. Sou julle sulke familie mis? Toe die diagnose kom laat ek daardie einste vrou na my huis kom, ek gee vir haar ‘n bier en vertel haar van die kanker wat deur sigaretrook veroorsaak is. Ek vra nie geld of donasies nie. Skimp nie eers in daardie rigting nie. Ek vertel haar net dat ek nie van haar en haar man (my neef) gaan verwag om in hul eie huis op te hou rook vir die doel van ‘n kuier met my nie, en daarom gaan ek nie meer kan kom kuier nie. Dit is nou nadat ek besluit het dat ek in elk geval nie (meer) soontoe sou gaan nie. Kanker word toe vir ‘n slag ‘n handige verskoning. Ek kan sien sy glo nie ‘n woord nie. Maar sy maak ook geen kapsie of stel iets anders as ‘n plan voor om steeds te kuier nie, en toe sy ry steek sy ‘n sigaret in die kar aan en asem die rook lekker diep in. En dan laat weet sy vermakerig dat sy maar sal aanhou rook want dit is dan tog só lekker. My aangehekelde familie. Die goeie mense, jy weet? Bel altyd almal met hul verjaardae, of stuur vir jou dieselfde SMS as verlede jaar. Nie geweet mense herwin SMS’e nie maar húlle doen dit. Dit is die omvang van omgee in onse familie deur die belangrikstes onder ons, of dan ten minste deur diegene wat dínk hulle is.

    Nog ‘n neef van my reken dat hy nie by familie kom (kuier) nie want familie is net kak. Baie dankie, ou grote. Ek het nog nooit gesê jy is kak nie, maar presies dieselfde vir jou en joune ook, hoor! Julle kan nou net vir julself dink wat word agter ‘n mens se rug gepraat as ‘n neef jou uit die staanspoor kak noem. Iemand met wie jy as kind goed oor die weg gekom het.

    Dit slaan my asem weg hoe mense (en ook my familie) verander terwyl jy skaars met hul kontak het. Oppervlakkig beskryf nie regtig die onding nie. Dit veronderstel ten minste dat jy voorheen diepte gehad het aldan nie nou meer nie. Lede vanuit hierdie lotjie het nog nooit meer diepte as ‘n plas pis gehad nie. Daarom het ek hulle voorheen Tupperware genoem. Jy weet: eenvoudig, plastiekerig, vals en leeg. Maar toe besef ek oplaas dat Tupperware heeltemal te grênd is vir hierdie spesie. Daarom is hulle botterbakke. 1980 Tupperware. Dun en goedkoop en plebs se hergebruikte weggooigoed. Hulle kletter en kraak maklik, hulle verloor vinnig hul etikette en raak vinnig bros in die son. Honde kry soms water uit hulle, kou dit stukkend wanneer dit weer leeg is en pis daarop wanneer die stukke op die grasperk lê.  

    Die res van my mense is nie veel beter nie. Wanneer ek 1200km aflê kus toe is die 20km uit die dorp uit na my ouerhuis toe te veel vir hulle om te ry. Daarom ry ek al jare nie meer agter hulle aan nie; my familie. As ek hulle by my ouers raakloop, great. Indien nie; tough. My behandeling van hulle is ‘n direkte uitvloeisel van hul behandeling van my en myne. En ek sou graag wou sê dat ek nie kwaad met kwaad wil vergeld nie, maar dis nie 100% waar nie- net 95%. Dis so bietjie ‘kry vir jou’ ook. Maar die eintlike rede waarom ek ophou ry het agter familie aan is omdat daardie familie my ouers by alles uitgesluit het vir 17 jaar omdat die jongste van my pa se susters (inherent- en ‘n selferkende ‘n kwaadsteker) met haar broer ‘n bloutjie geloop het. En al was sy (ook in my opinie) verkeerd om kwyt te raak was sy kwytgeraak het, het die res van die familie hulle by haar geskaar. Hoekom? Want sy nooi hul vir ‘n braaitjie. Gee vir hulle byna vervalde kruideniersware wat na die varke toe moes gaan. En daardie was al net mooi genoeg om die persoon in die reg die rug toe te keer; vir hierdie spulletjie.

    Ja; ek het ophou ry agter familie aan omdat hulle my ouers eenkant toe gesmyt het vir ‘n giftige tong wat hulle kon omkoop met ou kos en ‘n gratis braaivleisie. Hulle is baie goedkoop. Botterbakke; die hele spul van hulle. En aasvoëls. Die tong is ook steeds net so giftig soos altyd.

    As ‘n mens so na die mense om jou kyk in hierdie land van ons, wat gaan deur julle koppe? Ek wonder! Want ek dink nie julle wil weet wat ek alles dink nie. Ek kyk vanoggend na die vrou wat op nommer 99 eers stop by die laerskool se voetoorgang wat voorkom of sy die kinders gaan stamp. Ek skree vir haar hey! maar sy maak of sy my nie sien nie. Toe sy wegtrek en sien ek staan steeds daar doen sy so sarkastiese ruk en pluk nommertjie. Ek sien haar mond vorm ekskuus maar haar hele houding is haatlik. Duidelik voel sy vere vir my en jou kind. Duidelik was ek nie veronderstel om iets negatiefs in haar rigting te slinger nie. Wie de hel is ek as ouer van die kind bo-op die voetoorgang nou so ewe? En DIT, dames en here is die tipe mense waarin onse Volk verander het. Dit is waarom ek baie maal meen dat die laaste mense van inbors onse grootouers was. My Oupa en Ouma, byvoorbeeld. Reuse harte, diep siele, diep godsdienstige, fantastiese, vrygewige mense.

    Wat deesdae hier woon is sulke hol, niksseggende botterbakke wat baklei, in die strate lê en lawaai vir ‘n lewe én vir pret. Hulle neem sommer jou woning se inrit en sypaadjie ook oor, raas tot na twaalfuur in die nag met hul weergawe van ‘musiek’ en poog om alles wat met hul bakkies en karre verkeerd is reg te stel deur die enjin se toere in die rooi blokkie te tel. Hul voel absoluut niks vir die volgende mens om hulle nie; nie eers die oumense wat hulself aan die nuwe skobbejakke in die buurt voorgestel het nie.

    Daar is geen respek in die Volk oor nie. Die Volk het nie meer respek vir hulself nie. Daarom sal jou buurman en jou neef en sy vrou nie vir jou respek hê nie. Of vir jou kinders nie. Dit is nie net iets wat die wit Afrikaanssprekende deursnee botterbak by sy heidense kollega of baarbaarse buurman aangeleer het soos hy jou graag van wil oortuig nie. Hy het vanself sleg geword. Vrot. Pap stink. Dit het met tyd gekom; hierdie disrespek van die Volk. Dis ‘n relatief onlangse ding van so dertig jaar oud. En dit het begin met sport op Sondae in die dae van F.W. De Klerk; Krotoa se agter-kleinkind. Sport het die Volk se nuwe god geword. Tot vandag toe het dit nie verander nie. Mandela het ook gesê dat sport die volk moet verenig. Dit moes God wees wat die land herenig, maar net soos die paar mense wat oopbek van verbasing die spul so bekyk het moes Die Vader ook tweede viool speel. Skielik moes Hy in Sy groot teleurstelling in die agterste ry van ‘n pawiljoen loop sit en toekyk hoe Sy volk sowaar verheiden. Dis steeds so. Die springbokke se afrigtig word verafgod. Die spelers is helde. By die gepeupel se huise bliksem pa vir ma en die kinders gaan slaap honger tot die volgende wedstryd wanneer almal weer pêlle is en saam die afgod op die kassie of vanuit die pawiljoen aanbid. En so gaan dit aan. Daar is nie respek vir ouers nie en daar is nie respek tussen egpare nie. Niks. Hulle het in vloekers verander. Nie vloekers soos toe ons in die ou dae van nommer een of nommer twee gepraat het nie; onder-die-klere-in-vloekers. Absolute vuilbekke waarvan die see jou nie weer kan skoon kry nie. Respek moes plek maak vir verwyte, haat en woede. Dis die nuwe ‘gom’ wat gesinne van die Volk luidrugtig aan mekaar se kele het. En ek oordryf glad nie hoor. Kyk en luister om jou heen. En selfs wanneer jy in ‘n meer goegoede area woon, ry so bietjie ‘n draai met die motor se venster oop. Al sien jy hulle nie sal jy diesulkes baie duidelik hoor. Hulle is baie, hulle is luidrigtig en hulle woon tussen ons. Hulle is oral.

    Hulle sal in winkels geselsies aanknoop met hul trollies die hele gang vol sodat jy maar moet omdraai en ‘n ander pad om moet loop soek. Want wie de hel is jy, man!? Daardie is ‘n blatante manier om vir ‘n ander te wys hoe min respek jy vir hom het. Hulle het geen inagneming vir ander mense nie. Niks. Hulle laat selfs oumensies om loop. Oumense wat soms skaars kan loop van jig, flenter heupe en artritis. Hulle voel absoluut vere vir jou en my ouers. More gooi hulle mekaar weer met bottels en vuishoue en beledigings soos die hol, leë goed wat hulle is. Dis die Volk nou. Vandag. 2024. Sies. En dan is baie van hulle nog vermetel ook, hoor! Hulle sal boonop op goeie behandeling aandring. Ook op goeie diens, waarde vir geld en ekstras. Baie maal moet goeie mense agter winkelrakke en kasregisters opvreet wat hierdie ongeskikte botterbakke uitdeel. Hulle sal daardie goeie mense onder die bus smyt vir hulle eie onvermoëns, omdat hulle nie by die huis hul sin kon kry nie en omdat hulle inherent haatlike skepsels is. Hulle sal jou studentekind by die hardewarewinkel se elektriese afdeling afkraak tot op die rou metaal om beter oor hulself te voel. Dis die lae misbaksels wat hulle is. Baie maal is dit ‘n eenvoudige kwessie van te veel geld met te min verstand. Maar hy voel geregtig. Hy dink almal is sy slaaf. Sy dink papa se geld hoef nie maniere te hê nie, want eintlik is sy net nog ‘n goedkoop botterbakkie; met geld. Noem haar sommer Maggie vir margarien. Eerlikwaar; die gewone mens kan nie saam met sulke ongemanierdie skepsels saamleef nie. Ek persoonlik het absoluut geen tyd vir daai goed nie. En ek se ‘goed’ want mense is nie veronderstel om so op te tree nie. Hulle is die rede waarom goeie mense begin wrokke koester. Hierdie botterbakke doen Satan se werk vir hom. En hulle doen dit so goed dat selfs goeie mense later versuur en in varke verander net sodat hulle hierdie soort botterbak kan oorleef. En wanneer jy die ongelukkige ontvanger van varkbehandeling word die dag weet jy nie eers waar daardie behandeling sy ontstaan het nie. Jy blameer maar net die vark voor jou. En so is die siklus weer voltooi. Botterbak = 1. Pleb = 0. Maar Satan wen steeds.

    Dis maklik om te sê dis hulle en nie ek nie. Maar wat doen ons daaraan? Gaan probeer jy net ‘n klagte lê! Ek sit in die Hervormde Kerk saam met my vrou in die moederkamer. Voor ons sit ‘n papa met ‘n dogtertjie. Hy het vir haar ‘n klomp speelgoed op die mat uitgegooi en nou draai hy onbeskaamd om sodat hy my vrou kan bekyk waar sy met ons dogter op haar bors sit. Dit is duidelik dat hy (soos die vullis wat hy is) in die moerderkamer sit om ‘n afspraak gemaak te kry. Hy is nie daar uit ‘n behoefte aan God of ‘n preek nie. En moenie dink my teenwoordigheid skrik hom af nie! Hy’s geregtig tot in sy nersderm. Met my trots in my sak stap ek toe na die leraar en vertel hom toe wat die man doen. Sal dié vir my toe soos ‘n gogga aankyk! En daardie was die laaste dag wat ek my pote in enige kerk gesit het. Die botterbak en sy leraar het Satan se werk so goed gedoen dat ek geen ander leraar of sy kerkgebou ooit weer die binnevet van die boud kon gee nie. ‘n Ander, vroeër leraar doen by my huis aan vir tuisbesoek en stuur ons jongste dogtertjie om die Bybel te loop haal. Sy plan is duidelik om vir ons te wys dat ons kinders nie weet waar die Bybel in die huis is nie. Jy sien dit in sy oë en sy houding beide. Maar toe my kind die Bybel die sitkamer indra moet hy darem laat weet hoe baie stof daar op die Bybel lê. Was dit nou regtig nodig, jou donnerse ou botterbak? moes ek hom eintlik gevra het. Waarom wil jy dan tuisbesoek (van alle dinge) só begin, en seker maak ek soek jou nie weer in my huis nie? Is jy net onnosel, te vol van jouself of eenvoudig verdomp boos? So, nee. En moerse dankie. Ek het sowaar geen behae in ‘n leraar van enige aard nie, moet ek reguit erken. ‘n Ander dominee het laat spaander omdat ons gemeente hom te min betaal het. ‘n Proponent in Vanderbijlpark het elke tweede Sondag oor geld gepreek; daardie wat hy gekort het en ons nie genoeg van gegee het nie.

    Hy het uiteindelik daar leraar geword en ‘n dubblelverdiepinggebou reg langs die kerk gekry. Wegbreeknaweke was beplan as kerkuitstappies waarvoor die ouers natuurlik betaal het.

    Nou sê julle nou vir my waarom moet God nog vir onse Volkie in hierdie land iets voel? Waarom sou Hy dan vir ons onder die juk van die heiden wou haal? Ek sou ons ook net daar gelos het! Want

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1