Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

'n Hemelhoë hekkie
'n Hemelhoë hekkie
'n Hemelhoë hekkie
Ebook229 pages4 hours

'n Hemelhoë hekkie

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Op 26 Februarie 1988, ‘n Vrydagaand, het Douwleen Bredenhann haar dogter Liesl by die balletklas gaan haal en begin kosmaak. Minute later is Liesl in hul agterplaas vermoor terwyl sy haar hondjie gaan kosgee het.’n Hemelhoë hekkie is Douwleen se hart-verskeurende ware verhaal van skok, pyn en ’n geleidelike soort heling. Die vertelling is onverskrokke en skreiend eerlik. Dit sal jou waarskynlik lewenslank bybly.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMay 10, 2012
ISBN9780624052630
'n Hemelhoë hekkie

Related to 'n Hemelhoë hekkie

Related ebooks

Related articles

Reviews for 'n Hemelhoë hekkie

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    'n Hemelhoë hekkie - Douwleen Bredenhann

    ’n Hemelhoë hekkie

    Douwleen Bredenhann

    Tafelberg

    Bedankings

    Ons liefste, brawe Liesl wat ons kom aanraak het met haar lewe: Jy het weer ’n stem en ’n nuwe ID-nommer – die ISBN-nommer van hierdie boek.

    Steph Bredenhann, Stephanie Prinsloo en Rosanne Bredenhann: My wonderlike man en dogters vir hul begrip, liefde, bystand en geduld.

    Marguerite Moon vir die die lees van die manuskrip en inspirasie.

    Riana Botha vir die lees van die manuskrip, haar regskennis, skakeling met die Noord-Kaap Hooggeregshof en ander voorstelle.

    Ellen Botha en Hettie Scholtz, my twee goeie feë: Ellen, jy het my laat glo dat ek hierdie boek kan skryf. Dankie vir al die leeswerk en motivering.

    Martha Viljoen en Pouveer vir hul treffende gedigte.

    Tafelberg Uitgewers en in besonder Erika Oosthuysen wat verstaan het in watter mate my hart in hierdie boek is.

    Ria Barnard vir die versorging en afronding van die manuskrip.

    My susters Riana, Sarie en Jurette.

    Liesl se dapper kisdraers: Rosalchen, Sarine (oorlede 1990), Marguerite en Christo.

    Ons ouers wat reeds almal oorlede is: Ma Rosaal, Pa Jurie, Ma Rina en Pa Flip.

    Familielede: Dirk, Dewald, Japie, Jurie (jr), Christine, Alexander, Marlene, Dewie, Ina, Flippie, Nicolien, Marinda, Anton, Lauraine en ons eertydse swaer, Phillip.

    Dss. Van Zijl en Du Toit van die NG Gemeente Diamantveld, Kimberley.

    Vriende: Johanna en Beyers le Roux, Lyn Klemp, Martha Viljoen, Gustav en Lucille Berner, Eljo en Denice Smit, Wini Esterhuizen en Lucas Maree.

    Kaptein J. Crafford vir sy knap speurwerk en sy empatie.

    Diegene wat dinge gesê het wat ek nie wou hoor nie. Dit was ook nodig om my opinie daaromtrent te help vorm.

    Hierdie boek is opgedra aan Liesl Bredenhann

    Jy kon nie self vertel nie, Liesl-ling

    Ek moes vertel

    Namens jou, ons

    en

    almal

    wat hierdie boek mag

    nodig kry

    Stephanie en Rosanne,

    ek is so dankbaar dat ek nie nodig het om

    oor julle ’n boek te skryf nie.

    Julle lewens speel voor my af,

    nie in my kop of op ’n rekenaarskerm nie.

    Ek het deel aan byna alles wat met julle gebeur.

    Vooraf

    Op 26 Februarie 1988 is die relatief ongekompliseerde gesinswêreld van die niksvermoedende Bredenhann-gesin van Kimberley wreed en gewelddadig versteur.

    Vroegaand, net na ete, het die onnoembare met ons oudste dogtertjie, Liesl, gebeur. Op daardie warm Vrydagaand is sy, ’n maand voor haar negende verjaardag, binne ons erf in die agtertuin vermoor. Ons harte het ontplof in ontelbare stukkies. Niks sou ooit weer kon wees soos voorheen nie.

    Die presiese verloop van die gebeure is na meer as twintig jaar steeds onbekend. Dit was nog lig, en een oomblik was Liesl nog sorgeloos besig om haar hondjie kos te gee. Binne die volgende tien tot vyftien minute is sy aangeval en haar polsende hartklop tot stilstand gewurg. Haar klere is versteek in die holte tussen twee aangrensende erfmure en sy soos ’n gebreekte pop eenkant gegooi op die sementblad naby haar geliefde swaai.

    Dié tragedie het ’n enorme ingreep in die lewe van elke lid van my gesin veroorsaak. Dit het gebeur voordat berigte oor moord en doodslag in elke koerant alledaags begin raak het in Suid-Afrika. Kinders het nog kommervry en veilig by hulle ouerhuise gespeel. Ouers het nie nagte lank gelê en tob oor die veiligheid van hul kinders binne die gekoesterde grense van hul huise en tuine nie.

    Hierdie vertelling verwoord my persoonlike belewing daarvan. Die volgorde van gebeure is so noukeurig moontlik weergegee, hoewel dit hier en daar effe mag verskil van die oorspronklike verloop daarvan. Ek mag moontlik insidente ingevoeg of uitgelaat het wat ander rolspelers as onbelangrik of belangrik sou beskou, of anders ervaar het.

    Die dood van ’n geliefde kind is geweldig pynlik en onverstaanbaar. Wanneer dit op so ’n brutale wyse plaasvind, is dit selfs nog moeiliker om te verwerk. Hoe kon so iets nou juis met jóú kind gebeur?

    Ouers se keuses oor wat om daarna te doen, is beperk. Daar is sekere basiese handelinge wat uitgevoer moet word. Sodra dit afgehandel is, begin die pynlike proses om aan te hou leef sonder jou geliefde kind. Op papier gestel, klink dit nie so ingewikkeld nie en selfs haalbaar. Daar is selfs boeke wat die rouproses stap vir stap uiteensit.

    Die werklikheid is nie naastenby so logies en ongekompliseerd nie. Om te rou is ’n intens persoonlike ervaring. Elkeen wat daardeur geraak word, sal dit op ’n ander manier beleef.

    Op soek na troos en ’n mate van gemeensaamheid het ek elke beskikbare boek gelees wat deur ouers geskryf is na die dood van hul kinders. By elkeen van daardie verhale kon ek slegs tot op ’n sekere punt aanklank vind omdat die betrokke kinders meestal die slagoffers was van padongelukke en terminale siektes. Hul lewens is nie doelbewus deur iemand beëindig nie. Hiermee bedoel ek nie dat hul dood vir hul ouers minder erg was of dat hulle dit makliker kon aanvaar en verwerk nie. Maar die beelde wat ons in ons koppe rondgedra het, was verskillend van die beelde in daardie ouers se koppe. Ek het nodig gehad om te lees dat ’n ander ma of pa iewers ook worstel met die pynlike nalatenskap van ’n moordenaar wat hul kind vir sy of haar siek doeleindes gebruik het en toe sommer net gaan weggooi het.

    Nêrens kon ek iets daaroor vind nie. My frustrasie daaroor het geleidelik omgesit in die besef dat ek dan daaroor sou moes skryf. Dan sou ander wat dieselfde behoefte ondervind, se soektog nie vrugteloos wees nie. Dit was ’n moeilike besluit en dit het lank geduur om my verdedigingsmeganismes te stroop totdat ek gereed was om oop te maak oor dinge wat vir my soos heiligskennis voel.

    Die skryfproses was op sigself ’n hoë hekkie om te oorbrug. Gedeeltes daarvan is uiters emosioneel en persoonlik van aard, en by tye het die herlewing daarvan dit feitlik ondraaglik gemaak om voort te gaan. Tog het ek nooit getwyfel of ek moes voortgaan nie en het eenvoudig aangehou met skryf. Sommige mense het dit openlik bevraagteken dat ek die hele pynlike proses wou herleef. Ek het nie verwag dat hulle sou verstaan nie. Daar is iets onverklaarbaars wat ’n mens dryf nadat jou kind se lewe só kortgeknip is. Vir my is dit ’n voorreg dat ek die skryfwerk self kon behartig. Elke woord bring hulde aan ons kind wat ons nooit weer kon vashou nie.

    Die vertel van hierdie verhaal is nou selfs meer relevant as twee dekades gelede, omdat kinders wat gewelddadig sterf nie meer ’n rariteit in ons land is nie. Dit gebeur nou heel dikwels. En elkeen van daardie kinders het ouers, broers, susters, oumas, oupas, ander familielede, maats en vriende; mense wat moet probeer sin maak uit iets wat hul verstand nie kan of wil aanvaar nie.

    Dit was hoog tyd dat iemand die moed bymekaarskraap en vertel presies wat so ’n ervaring vir die ouers van vermoorde kinders behels. Die boek swaai nie ’n resepmatige towerstaf rond of versag enige feite nie. Dit vertel openlik van die grusame voorval en die hoë hekkies op die lang pad daarná waarvoor ons te staan gekom het.

    Daar is nie moeitelose deurgange nie. Oor heelparty hekkies kan ’n mens uiteindelik klim, maar aan ander sal daar altyd ’n stukkie van jou nerf bly kleef. Nie omdat jy nie hard genoeg probeer het nie, maar omdat dit die beste is wat jy kon doen.

    Aanvanklik het ek dit oorweeg om skuilname te gebruik, maar na deeglike oorweging daarteen besluit. Die moord op ons weerlose dogter het haar gereduseer tot ’n aangetekende geval in die land se register van moordstatistiek. Sy kon self niks daarvan vertel nie. As agtjarige moes sy bang en alleen haar dal van doodskaduwee betree. Ons is baie trots op haar en ons familieverbintenis met haar. Hierdie publikasie is terselfdertyd ook ’n laaste eerbetuiging aan haar, en dit sou onvanpas wees om dit onder skuilname die wêreld in te stuur.

    Op grond van persoonlike redes het ek egter besluit om skuilname vir die moordenaar en sy ouers te gebruik en nie hul identiteit openbaar te maak nie. Daar word na hulle verwys as Piet Strydom, Leana Strydom en Thomas Strydom.

    Die lewe glimlag

    Geliefde kind,

    Ek skommel ’n trommel vol Haai, onthou-jy?

    en put uit jou menswees so lank reeds verby.

    Daar’s soveel te sê, steeds gedrewe deur pyn,

    maar ook jou uniekheid wat helder voortskyn.

    28 Maart 2009

    Liewe Liesl,

    Vandag is die herdenking van jou geboortedag. In ’n ideale wêreld sou ons dit saam met jou rondom ’n koek met dertig kersies op gevier het. In stede daarvan stel ek oor die eters heen ’n heildronk in op jou, saamgestel uit die ryke skat van herinneringe wat jy nagelaat het.

    Ek glo jy weet waaroor hierdie boek gaan. Hierin vertel ek van jou dood en die feitlik onbegonne proses om daarmee vrede te maak.

    Maar daar was ’n tyd toe ons nooit met harte vol droefheid aan jou gedink het nie. Op ’n maand na was jy nege jaar lank elke dag bruisend deel van ons lewens, en jou bestaan ’n ligkol vol vreugde en baie lag.

    By jou het ek baie geleer, reeds van voor jou geboorte af. Elke nuwe gewaarwording en mylpaal wat moeders ervaar deur middel van hul ongebore babas, het ek en jy saam bereik. En ons moes omtrént saamstaan en saamwerk in die Marifont in Pretoria sodat jy hierdie wêreld kon betree.

    Soos die meeste mammas en pappas het ons ook jou vingers en toontjies getel en bekyk. Alles was volmaak. Jy het Pappa se tone gehad, en het seker gemaak dat ons jou handjies tussen duisende ander sou uitken: Jou linkerpinkie was effentjies krom, en aan die buitekante van albei pinkies het jy dieselfde klein knoppies gehad wat ek weer van ouma Rosaal geërf het.

    Jy was ’n fyn baba met digte, donker haartjies wat al in die kraaminrigting ’n spoggerige draaikrul op jou kop gemaak het. Wanneer die oumas en oupas met besoektye agter die glas na die babas kom kyk het, was jy ’n paar maal die enigste een wat wakker was. Dan het die suster jou opgetel en het jy almal aangekyk met wyse ogies wat stadig knip. Die oumas het ge-oe en ge-aa oor jou terwyl hul eie kleinkinders onversteurd bly slaap het. Jou peetouers, Marieta en Jackie van Schalkwyk, het een aand net voor die einde van besoektyd die reëls oortree en ingesluip om ook te gaan loer. Net of jy spesiaal vir hulle gewag het, was jy kiertsregop die ene nuuskierigheid op die suster se arm. Sommer van kleins af het jy mense bekoor en gesorg dat jy genoeg aandag kry.

    Ouma Rosaal en jy het onmiddellik ’n band gevorm tydens haar kuier. Die eerste klompie nagte tuis het jy so soet en stil geslaap dat sy partykeer gewonder het of alles nog wel was met jou. Dan het sy haar wang naby jou mondjie gehou totdat sy jou warm asempie liggies daarteen kon voel.

    Ons het na ons eerste eie huisie in Faerie Glen getrek toe jy net ’n maand oud was. Die uitpakkery het kwalik begin, toe kom kuier ouma Rina, oupa Flip, Lauraine en Marinda al. Hulle kon net nie langer wag om met jou kennis te maak nie. Dit was ’n voorreg om spesiaal vir jou ’n kamer in die nuwe huis in te rig. Nie dat jy nou juis beïndruk was daarmee nie. Jy wou nie daar slaap nie. Om die waarheid te sê, wou jy nêrens slaap daardie eerste paar maande nie.

    Toe jy twee maande oud was, het jy een aand op my bors gelê en slaap. Dit was een van die min maniere waarop ons wel flentertjies slaap kon inpas. Ek het wakker geword van ’n smakkende suigaksie naby my gesig. Jou gulsige bekkie het my neuspunt beetgekry en hard en lustig melk daaruit probeer forseer!

    Ten spyte van jou melkallergie en die slaapdramas het jy goed gegroei. Wanneer ons inkopies gedoen het in die Hyperama, het mense my dikwels gestop om seker te maak die slapende baba in die stootwaentjie is nie dalk ’n pop nie.

    As jonggetroudes met ’n nuwe huis was ons geld maar skraps, maar jy het drie deftige uitgaanrokkies vir spesiale geleenthede gehad. Niks minder as een van daardie rokkies was goed genoeg toe ek jou die eerste maal by my vorige werkplek gaan wys het nie. Dit was omtrent ’n optog in die middestad met die hele pakkaas van die parkeerplek tot by die Departement van Statistiek.

    Een van my kollegas daar, Lorraine du Pré, was absoluut gek oor jou. Sy het aangebied om een aand na jou te kyk terwyl ek en Pappa ons grootmensbatterye gaan herlaai het in ’n restaurant. Jy was toe darem al vyf maande oud en ons het geweet jy was in die beste sorg, maar ons kon net nie ontspan nie. Pleks daarvan dat ons die beste gemaak het van die kos en die skaars alleentyd saam, het ons heeltyd gewonder of jy ons nie te veel mis nie. Natuurlik was jy piekfyn; óns het al die verlangwerk gedoen.

    Ma’s is mos hierdie moederhenne wat glo die beste plek vir hul kuikens is veilig teen die moederlyf aangenestel. Soms het ek my verniet bekommer oor kleinighede, ander kere was daar wel rede om bekommerd te wees. Partymaal het ek taamlik paniekbevange met jou van Faerie Glen af ingejaag stad toe wanneer jou koors gevaarlik hoog was en dit nie wou afkom nie. Sodra ons dan voet in die spreekkamer sit, was daar geen teken van koors nie en het jy blakend gesond gelyk. Tipiese babagedrag.

    Toe jy agttien maande oud was, het Pappa se universiteitskamermaat, Eljo Smit, vir ons sy jong bruid kom wys. Denice was ’n paar jaar jonger as ons en sy het my mateloos beïndruk met haar goeie aanvoeling vir klein kinders. Sy het amper haar vingers velaf gebrei aan die groen dungaree-langbroekie wat ’n spesiale geskenk vir jou was.

    Eljo en Denice is nou nog van ons heel naaste vriende. Sy is ’n groot hondeliefhebber en het deur die jare gewoonlik meer as een hondekind gehad. Ek dink dikwels terug aan ons Gordonsbaai-vakansie in 1987, toe jy jou so geskaam het vir ’n opmerking wat Stephanie gemaak het. Dit was ’n paar jaar voor die geboorte van hul seun Charl. Ons was op pad terug na ons vakansie-chalet na ’n kuier by hulle in Somerset-Wes. In die motor het julle gewonder waarom Denice en Eljo nie kinders het nie, en Stephanie het met die wysheid van ’n vyfjarige vertroulik vir jou gefluister: Lyk my tannie Denice kan net honde verwag. Vir ’n oomblik was dit tjoepstil. Ek het geamuseerd na Pappa geloer en gewonder of ek moet help verduidelik. Dit was nie nodig nie, jy het jou oë gerol en kopskuddend geantwoord: Dit werk nie so nie, Stephanie; ménsvrouens kan nie hónde verwag nie!

    Jy het redelik vroeg begin praat en ’n l klank aan die einde van ’n woord uitgespreek as ou. ’n Borsel was vir jou dus ’n borsou, en jy het jouself Liesou genoem. My naam het jy vereenvoudig na Dôlien. Eintlik het jy ’n hele titel vir my gehad: Die ma Dôlien.

    In daardie jare het kinders nie ontwerper-verjaardagpartytjies gehad soos deesdae nie, en ma’s het meestal self die verjaardagkoek vir die partytjie gebak. Ek het my bes probeer om al die gewilde soorte koeke vir jou te bak, met wisselende mate van sukses. Die popkoek, feetjiekoek, treintjiekoek en ’n paar ander het heel goed uitgekom, maar die een wat my die meeste hoofbrekens besorg het, was die ma-eend en kuikens vir jou tweede verjaardag. Al drie moes regop staangemaak word met behulp van tonne versiersuikergom wat veronderstel was om na ’n ruk te verhard. Dit was baie warm en niks van die aard het gebeur nie. Die botter in die versiersuiker het olierig gebly en daardie dekselse ma-eend het bly omval, wát ook al ek probeer doen het. Dwarsdeur die nag het ek tevergeefs gesukkel met die eendema wat net wou lê. Teen 05:00 moes ek my van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1