SARIE

STORIES wat ons bybly

Stories het soms mooi eindes MARINA MÖLLER-EILERS

Die kop van die SARIE-artikel was: “Iemand om voor nag te sê”. Akteur Paul Eilers se versugting destyds ná ’n paar verhoudings wat padlangs gesneuwel het. Min het albei van ons toe vermoed dat dié woorde profeties sou wees.

Wat ek wel goed onthou, is fotograaf Nardus Nel (intussen al oorlede) se skalkse laggie en opmerking agterna: “Hier kom ’n ding . . .!” Ek het net oë gerol en by myself gedink, sommer net ’n storie.

Ek is terug kantoor toe om die storie te tik. Dit was Sonkring-dae op TV en die hardekoejawel nuusredakteur Adam Gerber (Paul) en Maryna MacDonald (Anna-Mart) het almal vasgenael gehou. Ek is saam met hom na die eerste voorskou van Sonkring II. Hy het my hand vasgehou en ek was uitgeboul.

Stories het soms mooi eindes.

Dié storie met die romantiese aanloop via ’n SARIE-artikel in die vroeë 1990’s het ’n saamloop-paadjie geword vir ’n oudjoernalis en akteur/regisseur wat vandag ná ’n kwarteeu steeds saam is. Die hare is gryser en die plooitjies om die oë dieper, maar die vonkel is onmiskenbaar steeds daar.

Hoe dan anders? Daar’s elke aand iemand baie spesiaals om voor nag te sê.

Paryse besoek aan Christian Dior ELSA JOUBERT

Een vir een hou die motors voor die bekende nr. 30, Avenue Montaigne, stil, en klim die vroue in hul swaar pelsjasse uit en gaan by die groot swaaideure binne. [. . .]

Hierdie salon is die elegantste modehuis van al die elegante modehuise in Parys. Dis die modehuis waarop al die aandag deesdae gevestig is: waar aan die begin van elke seisoen, met die openingsvertoning, die angstige vraag gestel word: Wat is die volgende nuwigheid wat Christian Dior uit sy mou gaan skud?

Christian Dior sal nie lig vergeet word (sommige meen, vergeef word) nie – nie deur die vrouens wat hy ’n rukkie gelede oor die hele wêreld in oproer gehad het nie. Sal ons ’n man vir ons laat voorskryf dat ons lang rokke moet dra? het hulle geprotesteer, en in die stilligheid kamer toe gegaan om some uit te haal. En vandag dra almal die langer rokke.

Sommige meen dat die sukses wat sy Nuwe Lengte-modes gehad het, nie soseer te danke is aan die intrinsieke waarde van die mode self nie, maar eerder as ’n sielkundige aanwending van die mode. Hy sê dit self. Hy sê dit is net dat hy op die regte oomblik gekom het, op die oomblik toe die vrou moeg was van die “manlike” klere, die kort rok, die breë skouers, die nou romp.

“Die vroue het al lank begeer om weer vrou te wees. Ek het haar maar net gewys hoe sy weer vrou kán wees . . .”

Gareth bly gló LYDIA VAN DER MERWE

In die ikoniese foto’s van die natuurlewekenner Gareth Patterson is hy ’n jong man, kaal bolyf met sonverbleikte hare en bruin, gespierde arm om ’n leeu se nek. Dis ’n paar dekades later [2003] en sy hare yler,

’n bossierige poniestert wat onder sy kakiehoedjie uitsteek.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Troufotograwe
1. Jou gunsteling-troufoto wat jy al geneem het? As ek een moet uitsonder, sal dit vir seker ’n troue wees wat ek in Sossusvlei, Namibië, afgeneem het. Dis een van my gunstelingplekke op aarde en om ’n troue daar te kon afneem het dit net nog meer sp
SARIE2 min read
Bekroonde aktrise LEA VIVIER & ANDRÉ WILKENS Soos ’n woudsprokie
Dit was ’n trounaweek van genot, uitspattige kleur en geluk. Met ’n pragtige verskeidenheid blommerangskikkings in dieprooi, perske en ligpienk, asook granate en turksvye op die tafels, het die dekor aan die Romantiese kunsbeweging herinner. Sonder d
SARIE1 min read
’n Pak Op Sy Tyd
Die klassieke swart tuxedo kry ’n nuwe voorkoms met ’n baadjie in naaswit Vir ’n swart uitrusting van kop tot toon, speel met teksture deur ’n baadjie van tweed of brokaat te dra. Of wees op die uitkyk vir detail soos kristalle op die kraag * Sien o

Related Books & Audiobooks