Rapport

‘Die Here het hul kom haal’

Madelein Bauer en Wilmien Davin. Hulle sit en hou mekaar se hande vas. Twee vroue wat in ’n oogwink alles waarvoor hulle lief is, verloor het. Net Wilmien se seuntjie Ben het oorleef.

Madelein: “My man Stefan het my die nag wakker gemaak en gesê hy dink daar is fout, die huis brand. Ek weet nie hoe hy wakker geword het nie. As hy nié het nie, was ek en jy en Ben nie vandag hier nie, nè, Wilmien?

“Hy het die gordyn weggetrek en ek kon die gloed buite sien. Ons het in die onderste kamer, regs, geslaap. Toe ek die deur oopstoot, was daar rook in die leefvertrek.

“Hy het die ander wakker gemaak, en daar was ’n rustigheid, nie chaos nie, nie angsgille nie. Ek het gedink ons gaan almal hier uitstap. En sjoe, ons gaan koud kry as ons op die duin sit en kyk hoe die huis afbrand.”

Wilmien: “Frans het my wakker gemaak en gesê ons moet die kinders kry en uitgaan. Madelein en Stefan se kinders (Inge, 6, Elré, 3) en my oudste (Frans, 5) het op matrassies in die leefvertrek geslaap. Ons dogtertjie Iza (3) en klein Ben (1) was by ons. Dané en Hennas se kinders het daai aand almal in die boonste kamer by hulle geslaap, so al die Carstense was saam.

“Ons het nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport3 min read
‘Baie Pyn Wag Op ANC En DA By Die Stembus’
ANC-leiers is openlik lusteloos oor die 96 tussenverkiesings wat op 11 November in munisipale owerhede oor die land heen gehou word. Ook die DA sukkel volgens ’n goed geplaaste bron in dié party om sy partywerkers te motiveer vir die verkiesings in s
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa

Related