Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Agter die Magalies, Deel 1: Oorsig
Agter die Magalies, Deel 1: Oorsig
Agter die Magalies, Deel 1: Oorsig
Ebook159 pages2 hours

Agter die Magalies, Deel 1: Oorsig

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie werk dra ek met graagte op aan die stoere pioniers van die Krokodilriviervallei, wat met soveel moeite en opoffering hul deel bygedra het om hierdie omgewing vir hulle nageslag woonbaar na te laat. Ons wat vandag hier woon en werk, kan hulle kwalik beloon met dank vir hul dade. Elke geslag dra sy deel by tot ontwikkeling, maar die pioniersperiode is by verre seker die mins gesogte van almal.
Dit was vir my 'n groot maar aangename taak om die gegewens wat ek oor 'n tydperk van meer as dertig jaar versamel het, te kontroleer, dit in volgorde te kry en op skrif te stel. Alles wat mens uitpluis en navors kan egter nie te boek gestel word nie. Sommige dinge gee aanstoot aan die indiwidu, die familie of die volk. Sommige aspekte is wel aangeroer op aandrang van baie van die ouer garde wat dit duidelik gestel het dat dit hulle verlange is dat hierdie sake in die volksmond moet bly voortlewe.
Sommige mense het met graagte alle feite en besonderhede aan my verstrek, sommige het selfs moeite gedoen om my te help. Ander was weer passief en nog ander was selfs aggressief. Gou kon mens egter vasstel dat êrens in die verlede van laasgenoemde persone, dade geskuil het wat nie tot eer van die nageslag was nie. Sommige het selfs by my gepleit dat ek liewer sekere dade van hul voorgeslag moet verswyg.
Baie mense het ook geweier om geskiedkundige foto's, geskrifte en ander artikels vir publikasie vry te stel. Hierdie mense het ongelukkig gereeld sulke waardevolle stukke op onwettige of oneerlike wyse bekom en was bang dat dit bekend word waar die artikel homself bevind. Daar is seker niks meer frustrerend vir die navorser as om na ’n lang soektog ’n sekere belangrike artikel op te spoor en dan tot ontsteltenis te moet verneem dat jy dit mag sien op voorwaarde dat dit streng geheim gehou moet word. Ten minste een persoon is aan my bekend wat kosbare geskrifte verbrand het nadat dit bekend geword het dat dit in sy besit was.
As al die name van ou mense wat ek ondervra het, gemeld moet word sou dit bladsye beslaan en kan mens per toeval iemand verontreg deur nie sy of haar naam te meld nie. Sommige ou mense kon mens vir ure lank van die verlede vertel uit eie ervaring of deur oorlewering. Die feite aan my verstrek was altyd oor en oor gekontroleer met wat ander persone daaroor sê. Dikwels was daar effense afwykings, veral van datums. Dit is dood menslik. Deur herhaalde oorvertellings met die jare, was daar ook afwykings wat egter maklik reggestel kon word as dit vergelyk word met identiese vertellings van ander tydgenote.
Die menings in hierdie werk is nie my eie nie, maar die konklusie waartoe ek gekom het, gesien uit die oë van my adviseurs. Soveel mense wat ek ondervra het, lewe vandag nie meer nie en ek is bly dat ek verryk is deur hulle vertellings uit die verlede.
Baie van die feite in hierdie werk mag bots met bestaande werke. Hieroor wil ek my nie uitlaat nie. Dit is die taak van gesaghebbendes. Dit wil ek egter graag stateer: Dat die feite hierin vervat, oor en oor gekontroleer is en dat ek my vergewis het van die objektiewe eerlikheid daarvan.
Die stamregisters van die ou families was eweneens 'n groot taak om te bekom. Baie van die feite is reeds onherroeplik verlore. As ek maar net daarin kon slaag om sommige sake vir die nageslag te boekstaaf, sou ek voel dat ek al 'n deel van my plig gedoen het.
DIE SKRYWER

LanguageAfrikaans
Release dateJan 31, 2013
ISBN9780987016461
Agter die Magalies, Deel 1: Oorsig
Author

B.K. de Beer

B.K.de Beer was 'n boer met heelwat uiteenlopende belangstellings. Sy bekendste boek, "Agter die Magalies" handel oor die geskiedenis van Brits en omstreke. Dit is die eerste keer gepubliseer in 1975 en word nou weer as 'n elektroniese boek uitgegee.

Read more from B.K. De Beer

Related to Agter die Magalies, Deel 1

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Agter die Magalies, Deel 1

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Agter die Magalies, Deel 1 - B.K. de Beer

    IN DIE BEGIN

    As ons teruggaan in die geskiedenis van die aardbol, wat volgens geoloë baie miljoene jare oud is, betree ons 'n tydperk toe die gesmelte planeet reeds gedeeltelik gestol en die oppervlakte begin afkoel het. Dit het ons planeet baie lank geneem om sodanig af te koel dat die eerste gesteentes 4600 miljoen jaar gelede gestol en gevorm is.

    As gevolg van die geweldige watermassa wat die planeet in die vorm van stoom omring het, het wolke gevorm en reënbuie het neergegiet op die warm aardoppervlakte. Sedert die ontstaan van hierdie natuurproses, het afkoeling van die planeet relatief vinnig geskied. So vind ons dat omtrent 3000 miljoen jaar gelede reeds eensellige lewe op aarde bestaan het. Hierdie eensellige lewe het 'n baie lang periode op aarde bestaan, voordat natuurtoestande sodanig verander het dat dit ander lewensvorme kon huisves.

    Na die tydperk van omtrent 2000 miljoen jaar van eensellige lewe, vind ons nou meersellige mikrobe lewe op aarde. van nou af volg ontwikkeling op aarde baie vinniger in verhouding tot sy verlede en vind ons die volgende geologiese ontdekkings baie interessant. Seshonderd miljoen jaar gelede vind ons reeds eensellige plante soos alge. Vyftig miljoen jaar later maak plankton hulle verskyning, gevolg deur visse wat daarop voed. Nog 50 miljoen jaar en ons vind reeds plantegroei soos mos op land. Insekte maak hul verskyning 50 miljoen jaar later.

    Massas water het nou reeds groot dele van die planeet bedek en oseane gevorm wat krioel van lewe. Driehonderd miljoen jaar gelede begin amfibiese diertjies reeds die water verlaat om die land te bewoon en 250 miljoen jaar gelede het ons reeds reptiele op land. Voëls en soogdiere verskyn 200 miljoen jaar gelede. Omtrent een miljoen jaar gelede maak Homo sapiens en sy tydgenote hul buiging op aarde. Hulle was die hoogs ontwikkelde soogdiere op die planeet en het reeds op hulle agterbene voortbeweeg en oor 'n hoë intelligensie beskik wat hulle ook spoedig die heersers van die aardbol gemaak het. In die twintigste eeu n.C. besoek Homo sapiens reeds die maan en beplan interplanetêre reise.

    Gedurende en na die tydperk van stolling, het daar in die ingewande van die aarde geweldige drukking ontstaan as gevolg van die omsluitende, gestolde, afgekoelde oppervlakte laag wat die planeet oordek het. Drukking het ontstaan omdat opgehoopte gasse en uitsettende materie, nêrens enige ontsnappingsroete gehad het nie. Hierdie menslik onbegryplike hoë drukking het vulkane tot gevolg gehad. Waar die oppervlakte die minste weerstand gebied het, was dit oopgeskeur, verwring en verskuif. Gasse het ontsnap. Rotse is honderde voet die lug ingeslinger en lawa het vrylik uit die ingewande van die aarde gevloei.

    Wanneer ’n versadigingspunt in die drukking teweeggebring is, het die lawavloei gestaak, gestol en afgekoel. So was dan die ontstaan van vulkaankegels wat as reuse skoorstene dwarsoor die hele aarde moes diens doen. Dia twee bekendste vulkaankegels in die Republiek van Suid-Afrika is seker dié by Kimberley en Premiermyn waar in albei gevalle diamante gevind word. Diamante wat hulle ontstaan te danke het aan die hoë drukking waarin koolstof vasgevang en tot diamante gekristalliseer was.

    Gedurende hierdie tyd het ontstaan wat ons die Transvaalse Hoëveld noem. ’n Elliptiese strook wat strek van oos na wes met die Witwatersrand as kruin en waterskeiding. Vyftig kilometer noord lê die Magaliesbergreeks. So genoem na die swart opperhoof wat voor 1826 aan sy noordekant gewoon het. Die hoofreeks is vergesel van sekondêre reekse parallel met die hoofreeks. Aan die suidekant is die Skurweberge wat uit twee reekse bestaan. Hulle is hoofsaaklik dolomities met die Witwatersrand verder suid wat saam met die hoofreeks uit oergesteentes bestaan, in hierdie geval kwartsiet. Aan die noordekant is die Swartkoppies- of Rooikoppiesreeks wat uit stollingsgesteente bestaan, bekend as noriet. Laasgenoemde reeks is natuurlik geologies baie jonger as eersgenoemde.

    Hierdie kompleks is deur vulkaniese drukking in so ’n posisie gelaat dat die oergesteentes skuins lê, min of meer 30 grade met die laagste deel na die noorde. Daarom vind ons al die kranse aan die hoofreeks slegs aan die suidekant, terwyl die noordelike hange geleidelik na benede strek. Reënwater penetreer en vloei ook noordwaarts saam met die helling, vandaar die baie fonteine aan die noordekant wat feitlik geheel en al ontbreek aan die suidekant.

    Soos reeds gemeld bestaan die Magaliesbergreeks hoofsaaklik uit drie gesteentes: dolomiet aan die suidekant, noriet aan die noordekant terwyl die hoofreeks uit kwartsiet bestaan. Verder noord tref mens ook graniet aan.

    Na die totstandkoming van genoemde kompleks het hier groot binnelandse mere ontstaan omdat die watervloei na die noorde geheel en al deur die bergreekse versper is. Dik lae skaliesteen is hier gevorm, wat bewys dat hier vir baie lang tye water moes gewees het. Uiteindelik het die watermassa vir hulle paaie gebaan oor die laagste dele van die bergreekse soos die bekende Hartbeespoort waar die Krokodilrivier deurgebars het, Buffelspoort in die weste waar die Sterkstroomrivier deurvloei en Daspoort in die ooste waar die Apiesrivier tans is. Na die dreinering van hierdie watermassas is vrugbare landbougrond in die valleie drooggelê wat vandag deur boere benut en bewerk word.

    Voor hierdie tyd was dit tropies van klimaat met ’n hoë reënval. Dit was hier digbegroei met plante, struike en reuse bome. Die steenkoolvelde van Oos- en Noord-Transvaal getuig hiervan. Daarna het die vulkane aan die noordekant van die Magaliesberge ontstaan en hierdie dele met lawa oorvloei, wat later noriet genoem is. Gevolglik is alle brandbare materiaal in die omgewing van die lawavloei verteer. Duidelike bewyse is gelaat dat die lawa ’n periodieke vloei en stollingstydperk gehad het. Die lawa van die verskillende uitbarstings verskil ook van struktuur, tekstuur en kleur, soos die een laag op die ander neergesit is.

    Aangesien noriet ’n baie hoë kookpunt het, is byna alle elemente in die onmiddellike omgewing vergas, slegs die met ’n hoër kookpunt het behoue gebly. Noriet van goeie gehalte is nie alleenlik 'n gesogte en duursame gesteente nie, maar is ook baie seldsaam en is yl versprei oor ons aardbol. Hierdie gesteente is ryk aan spoorelemente en deur erosie verweer tot swart noriet turfgrond, is dit van die beste landbougrond denkbaar. Gevalle is bekend waar hierdie tipe grond vir jare aaneen bewerk is sonder enige bemesting en tog nog goeie oeste aan die landbouer gelewer het.

    Met sy oorsprong by Witpoortjie teen die Witwatersrand is die Krokodilrivier wat laer af bekend is as die Limpopo (rivier van die rietrotte), die slagaar wat hierdie vallei dreineer. Met die verskillende sytakke en spruite voer dit water noord van die Witwatersrand see toe. Dit dreineer ook Noord-Transvaal, Suid-Betsjoeanaland, die suidelike deel van Rhodesië en 'n deel van suidelike Mosambiek, om dan eindelik in die Indiese Oseaan uit te mond.

    Die bekendste sytakke van die Krokodilrivier net suid van die Magaliesberg is aan die oostekant Swartspruit, Hennopsrivier en Jukskeirivier. Aan die westekant die Scheerpoort- en Magaliesrivier en Leeuspruit. Hierdie sytakke vorm saam met die hoofstroom die rivier en vloei dan deur die hoofbergreeks deur die poort genaamd Hartbeespoort.

    Net noord van die Magaliesberg kry ons ook 'n aantal spruite waarvan die bekendste die volgende is: Aan die westekant Zandfonteinspruit, Bokfonteinspruit, Rietspruit en Kareespruit. Aan die oostekant Laerspruit, Lynspruit en Roosspruit. In die proses van dreinering en verwering het die Krokodilrivier en sy takke diep mote gesny in die vrugbare vallei. Dit het tot gevolg dat water vryelik wegvloei en strek veral tot voordeel van die noriet area wat met sy kleigrond in tye van oorvloedige reën maklik versuiptoestande te weeg kan bring. Die vulkaniese versteurings van die noriet area het ook sy letsels noordwaarts nagelaat waar verskeie granietkoppies tot stand gekom het. Suid van die hoofbergreeks is die skaliesteen ook op baie plekke verskuif of in verwringde massa nagelaat.

    In die tyd onder bespreking was die stand van die aardbol met betrekking tot die son in so 'n posisie dat suidelike Afrika ’n tropiese deel op aarde was. Lank na die noriet vulkane reeds uitgedoof en afgekoel was, het die posisie van die aardbol ten opsigte van die son verander sodat die deel onder bespreking poolgebied geword het.

    Sneeu het hier toe vrylik voorgekom, alle plante en dierelewe is verwoes deur die intense en langdurige koue. Sneeuberge is gevorm en gletsers van honderde voet het die lug ingetoring. Hierdie gletsers het met die uitsondering van ’n paar kleineres almal noordwaarts afgeskuif soos die topografie hulle gedwing het.

    Die reuse stootskrapers van die natuur het kwartsietsand, gruis en klippe tot veertien kilometer van die hoof bergrif af verskuif. Groot rotse, selfs van die noriet, is losgebreek deur die reuse gletsers en uitgestoot en gerol-maal totdat sommige daarvan soos klipalbasters van alle groottes en vorms nagelaat is om vir ons te getuig van die magte van weleer.

    Maar ’n wiel draai en die aarde het sy posisie om een of ander rede weer tydelik verander sodat die deel onder bespreking subtropies geword het soos ons dit vandag ken. Die ysberge het gesmelt in die warm son en ongekende siedende watermassas het die spruite en riviere oorstroom. Miljoene tonne slik is deur die water meegevoer en op die oewers van die hoofrivier neergelaat; die res is in die oseaan gestort. Duisende morge vrugbare slikgrond wat destyds ontstaan het, word vandag langs die oewers van die Limpopo bewerk. Die grootste neerslag van slik was egter aan die oostekant van die Lebomboberge in die Portugese gebied waar vandag groot suikerriet plantasies is.

    Nadat die ysmassa gesmelt en die water gedreineer het, het plant- en dierelewe weer van die noordelike deel van die kontinent ingekom, gevolg deur menslike wesens. Swak ontwikkelde menslike wesens het eerste die dele bewoon, gevolg deur meer ontwikkelde wesens soos die Boesmans en Hottentotte. Op hulle voetspoor het die swart mense van vandag gekom. Hierdie ras het in sy suidwaartse trek amper die suidpunt van Afrika bereik toe die eerste blankes voet aan wal gesit het aan Stormkaap. 'n Halfwegstasie vir skeepvaart is gestig. Baie gou is dit ontwikkel tot ’n voedselproduserende nedersetting wat baie verbygaande skepe moes voorsien van vars groente en vleis op hulle maande lange vaarte oor die oseane.

    Jan van Riebeeck wie in 1652 hier in bevel geplaas is nadat Holland die Kaap geannekseer het, het dadelik die potensiaal van hierdie vreemde gebied besef. Hy het binnelandse reise onderneem om sy teorie te staaf en was nie 'n teleurgestelde man met sy terugkeer nie. Meer en meer Hollanders het geïmmigreer. Die gebied is ontwikkel tot 'n Hollandse kolonie. Die Britte het egter op die toneel verskyn en die kolonie verower, maar die radikale verskil tussen lewenswyse en politieke uitkyk van die twee rasse het egter spoedig tot botsing gelei met die gevestigde Hollandse boere. Dit het tot gevolg gehad dat die Boere dieper die binneland ingetrek het in hul poging om van die Britse wette ontslae te raak. So het dan ontstaan wat ons die Groot Trek noem.

    Nuwe Republieke is in die binneland gestig en tot 'n mate beskaaf,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1