Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 ‘JA, SOMS IS EK OORWELDIG’

Mej. Suid-Afrika, Natasha Joubert, praat openhartig oor waarom sy soms moeg, rigtingloos en ongelukkig voel

Ons weet nie altyd van almal se hartseer nie. Ekself is nie altyd soos ek van buite af lyk nie. Diep binne my is daar ook seer versteek. Hartseer en bekommernisse. Die Here dra my nog elke dag.

RIKA

Niemand is van klip gemaak nie. Jy mag ook maar kwesbaar wees. Emosionele welstand is die sleutel en dit behoort altyd ’n prioriteit te wees. Om te wys wanneer dit nie goed gaan met jou nie is oukei!

KARIN

Almal van ons beleef sulke dae in ons lewe. Sy is ook net ’n mens met gevoelens en emosies soos die res van ons. Sosiale media maak dinge soveel moeiliker vir vandag se openbare figure. Ek is mal oor hierdie vrou.

LORNA

Die meeste mense stap met ’n glimlag in die buitewêreld rond, maar binne snik jou siel. Daar is tye wat ’n mens net uiting móét gee aan jou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related