Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ons oorlog
Ons oorlog
Ons oorlog
Ebook349 pages4 hours

Ons oorlog

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die vuur begin met geweldige drif in die huis te brand. Aan die westekant van die garingbome trek yl grys rook die lug in; die lappie winterkoring is ook brandgesteek. Oor ’n ruk sal net ’n swart tapyt agterbly.

Lenie trek al die registers uit en pomp die musiekie se twee pedale. Sy speel ’n psalm.

“Die vloekpsalm, Psalm 69, Leentjie. Die vloekpsalm.”

Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die oorlog in die Oranje-Vrystaat, om ’n deurleefde beeld te gee van die stryd tussen Brittanje en die Boererepublieke – die lot op plase, te velde, in konsentrasiekampe en Bloemfontein; en ook van die private stryd binne gesinsverband. In die familie is daar meelopers en bittereinders, geestelik weerbare vroue en weerlose kinders. Dit gaan ook oor “oorloë” wat op ’n oorlog volg – die onopgeloste konflikte ná die sluiting van vrede.

Met deurstraalde eenvoud word ’n ontroerende tafereel van die verwikkeldheid en onontkombare droefnis van oorlog geskilder. Klaas Steytler se familieroman gaan oor ontberinge en byna ondraaglike smart, maar ook oor ’n soeke om die verlede te begryp, oor die invloed van vorige geslagte op nasate, en oor uiteindelike versoening.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJun 15, 2014
ISBN9780624068495
Ons oorlog
Author

Klaas Steytler

Nicolaas Georg “Klaas” Steytler is op 20 April 1922 op Ladybrand in die Oos-Vrystaat gebore. In 1939 matrikuleer hy aan die Hoërskool Harrismith. In 1945 het hy ’n BA-graad aan die Universiteit van Kaapstad behaal. In 1946 het Klaas as joernalis by Die Vaderland begin werk. In 1947, net na die Tweede Wêreldoorlog, is hy op ’n vragskip Kanada toe, waar hy vir drie jaar in Montreal gewerk het. Klaas is in 1950 met die skrywer Elsa Joubert getroud. Hy het na hul troue by Die Transvaler en Die Huisgenoot gewerk, by laasgenoemde was hy ook die redakteur. Van 1971 was hy niefiksie-redakteur by Tafelberg-uitgewers, en in 1973 begin hy heeltyds skryf.

Related to Ons oorlog

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Ons oorlog

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ons oorlog - Klaas Steytler

    Voorberig

    Soos hy met ’n hinkstappie teen die skuinste afstap ondertoe, weet hy haar aanwysings was gebrekkig en klop ook nie met ou reisbeskrywings nie. Miskien is daar nuwe afritte na die Doderyk aangelê, want hy het op geen samevloeiing van riviere afgekom waar grys mistigheid soos rook oor die waters hang nie, geen donker sipresse en gestroopte wilgers nie, geen gewillige grond waar hy ’n gat moet grawe en die swart diere moet offer sodat die bloed kan deursypel en op die onderste trans afdrup na die voorvaders nie, na die baie dooies wat dit soos honde sal opslurp om uit die ewige skaduwees te spring en daarna weer kwispelend rond te beweeg.

    Hy volg ’n dowwe paadjie oor die bar, met gruis bestrooide aarde en herken skielik iets wat sy vir hom op die liefdesbed met haar hand teen die lug geteken het. ’n Rotspunt soos die neus van ’n man, dié sal waarskynlik langs die pad wees, het sy gesê.

    Waarskynlik? het hy gevra.

    Jy is so ’n eienaardige, enigmatiese man, het sy geantwoord en haar hand deur die dik hare op sy bors laat vaar; jy is so totaal vreemd. Jy aanvaar niks. Daar is geen rus in jou voete nie. Geen rus vir jou siel nie.

    Hoekom moet ek in die Onderwêreld afsak voordat ek huis toe kan gaan? Sê my, hoekom hierdie dodereis?

    Dit lê op jou pad. Dis jou pad, alleen.

    Sy het omgedraai en hy het met sy voorvinger ’n paadjie gevolg van die skouerknop tot op haar rugstring, en toe ondertoe. As die afrit na die Onderwêreld maar so glad kon wees.

    Wie gaan ek daar onder vind?

    Voorvaders en voormoeders, voorsate, beroemdes, gesneuweldes, helde, skurke, volk wat soos droë stoppels weer uit die onmeetlike barveld gaan opskiet met die koms van nog ’n wese van vlees en bloed – onsigbares vir altyd onsigbaar, wat gesien wil word; en heel waarskynlik vroue, want dié was soos bakens op jou reise.

    Hy het die swart skape wat sy hom saamgegee het, doelbewus vergeet. Ek slag in ieder geval nie meer offerandes nie, het hy aan homself gesê; die geeste van die afgestorwenes kan maar op ander maniere sigbaar word as om van die swart diere se bloed te drink. Ek weet ook nie hoe om te offer of wat om vir die gode te vra nie. Dit is vergete, verdwene ná eeue se rituele met bloed en vlees wat in wyn en brood verander het, en net gebare geword het – nie in geglo word soos die son wat gaan opkom nie. Niemand offer meer nie; niemand weet meer nie. Niemand.

    Hy gaan staan. ’n Opgeskote voorgebergte van skurwe lawarots skuins voor hom het ’n onmiskenbare neuspunt: ’n neus met ’n stukkie voorhoof en ’n kennebak. Hy stap weer voort, opeens seker dat dié baken ’n wegwyser is op pad na die Swartrivier.

    Hy neem haar kwalik dat sy hom nie gewaarsku het oor die lig nie – soos hy daal, is daar ’n vreemde wisseling van ’n gerookte sigbaarheid en die helderte van die son se teenwoordigheid in die hemel.

    Skaduwee en nie-skaduwee soos hy begin afsak teen die skuinste; die beeld langs hom op die grond wat begin loskom van die klipgruis en sand, hier en daar nie meer aan die aarde vasklou nie. Kleure verdwyn: die groen van blare, die blou van die uitspansel, die helder wit van wolke. Die kaleidoskoop vergrys.

    En dan die klankloosheid.

    Stilte het sy eie dimensie van geluid. Daarin hoor jy altyd iets: die gesug van wind wat deur peperboomtakke vee, verdwene stemme of voetstappe, die blaf van ’n hond, onherkenbare woorde van ’n persoon buitekant, die gedruis van stadsverkeer wat soms klink soos die gedruis van branders, die ligte gebrom van ’n elektriese masjien, die minuskule getik van ’n elektroniese horlosie. Al die dinge wat jou op aarde vashou, al die bagasie van ’n mens se ore, sonder selfs die begeleiding van jou gedagtes se gelag of gemor. Maar hier is geen weerklank nie; hier is niks nie; net totale leegheid.

    Hy dink aan vervloë digters en moediges wat deur hierdie landstreke gereis en daarna geleef het om te vertel wat hulle gesien het, of hulle verbeel het hulle sien. Brokke van hul vertellings dryf in hom rond, maar sonder enige ritme van versreëls wat vanself opkom om dit te vergesel en te verduidelik.

    Dan, skielik, met die paadjie wat om ’n rots swaai, sien hy die rivier onder hom. Hy steek vas; die enkelvoudige geweldigheid van die beeld gryp hom aan. Dit is groot, limietloos soos die see, roerloos soos gepoleerde grafiet, refleksieloos. Dít dan is die veelgeroemde Swartrivier.

    Hy stap af, die sandgruis laat hom plek-plek gly totdat hy op vaste grond is – harde swart sand; ’n dooie swart sand, as kleur doods kan wees. En dan die rivier aan sy voete. Onveranderlike en glanslose swart wat hom inwag, selfs meer as toe hy dit verby die neuspuntrots gesien het. Glansloos roerloos. Hy draai om, sien ’n klip op die soom van die sand en gooi dit in die water. Dit raak sonder rimpeling weg in die water asof ’n mond dit wegsluk, waarna dit vir ewig sal val deur die swart bodemloosheid.

    Hy vul sy longe en skreeu: Veerman, veerman! en onthou weer wat sy vir hom ná herhaalde vrae gesê het – asof hy dit doelbewus wou vergeet.

    Wat moet ek vir hom vra?

    Die veerman sal jou vertel hoekom jou pad deur daardie grys koninkryk na jou huis toe loop. Vra hom.

    Hy gaan sit kruisbeen op die sandgruis op die rand van die swart strand en maak sy oë toe. Sy ken rus op sy bors. Hy sal ontspan onder die eenselwige grysbleek lug, die ruimte aan die ander kant van die menslike bewussyn, en dink aan die veerman; ’n boodskap met lewende menslike energie uitstuur, wat die veerman iewers in dié ruim sal bereik en vir hom sê: Hier wag ’n passasier met ’n muntstuk in sy hand.

    Maar dit is desnoods nie geldig nie. Normale telepatiese verkeer geskied tussen lewende wesens wat, hoewel gewoonlik nie daarvan bewus nie, tog mekaar se geeste of siele kan hoor asemhaal. Miskien sal hy lank in hierdie volkome verlatenheid moet wag omdat die veerman baie riviere in hierdie onderaardse labirint moet oorsteek. Hy bring sy hand omhoog en vryf met sy voorvinger teen sy duim; dalk is daar ’n grinterigheid op die vingerpuntgevoel wat vertel van ontwykende geeste of spoke van hierdie gestorwe wêreld wat hy raak vat, wat soos muggies in die onsigbaarheid klankloos rondom hom gons.

    Hy tel weer ’n klip op en gooi dit in die water. Dwaasheid om hier te sit en wag met ’n munt vir die veerman in sy hand.

    In sy hand.

    Hy lig sy ooglede, sy hand, sy arm hoog, en staan op. Op middelafstand sien hy, soos in ’n Chinese tekening, ’n bootjie en ’n man, klein, nietig, op kosmiese gelyktes van swart water. Die boot en die man, die swart water, die beweging en die roerlose water – alles in ewewig. Hy is roerloos soos hy hierdie harmonie aanskou.

    Die skippie is spierwit. Hy sien selfs die roeier en sy wit spane wat ritmies soos seemeeuvlerke in en uit die water beweeg; hy sien dit soos ’n onstuitbaarheid nader kom. Die gewig van die klein, of groot, skouspel word skielik so enorm, hy sak stadig af en gaan sit op sy hurke. Sy hande hang oor sy knieë.

    Die boot kom vinnig nader deur die swart water en die skerp neus sny deur die klam sand, klim op die strand uit. Uit die maag van die skuit verskyn ’n wit wolhaarhondjie, omtrent vyf handbreedtes hoog. Die dier het ’n swart bles op die voorkop en ’n bruin kwasstreep hare op sy stompiestert. Dit spring van die boegsitplek tot op die strand en storm op die gehurkte man af, spring teen hom op en lek aan sy regteroor.

    Hy stort agteroor op sy rug, gryp die hond aan sy borskas en lig die dier bokant hom op. Hy skater skielik van die lag; dit voel vir hom asof hy bulk.

    Hond! skreeu hy. Die hond van die hel! Die beroemde bewaker van die grense, die skrik van die Onderwêreld! Hy lag so hard, daar is trane in sy oë.

    In die Doderyk word daar nie gelag nie, hoor hy ’n diep stem bokant hom sê. Dit is nie gepas nie.

    Hy sit die hond langs hom neer en kyk op na die veerman wat daar staan, geklee in ’n vaalswart hemp en ’n donkergrys broek, met sandale aan sy voete. Hy kom orent en sien die man se oë is die kleur van die nag, sy gelaat verweerd bruin soos vel wat lank in die son was, verbruin het, en toe ná millennia sy glans verloor het. Sy hare is sterk grys.

    Hulle is ewe lank, hy miskien forser van gestalte as die veerman.

    Roerloos staan hulle teenoor mekaar, soos klippe in ’n woestyn. Dan merk hy ’n geamuseerde trekkie om die uitdrukkinglose, star oë.

    Hy steek sy hand uit; die veerman bring syne ook vorentoe en hulle groet.

    Niemand, sê hy. Ek is Niemand.

    Die veerman hou steeds sy hand vas asof hy die polsing van lewende bloed en vlees wil voel. Noem my maar Filemon, sê hy.

    Alles is anders, antwoord Niemand. Die hond; jy, selfs met ’n naamsverandering; die pad hiernatoe.

    Die gode het net ander taal gebruik, dis al. Filemon los sy hand, wys na die boot en sê: Kom.

    Niemand swaai die blou rugsakkie van sy skouers af, klim in die boot en gaan sit op die agterbankie, langs die hond wat voor hom ingespring het. Die veerman volg hom, stoot met ’n spaan en hulle gly terug op die gladde water. Die begin van die oortog. Tog nie, want die veerman kruis die spane oor sy skoot en strek sy hand bak uit.

    Niemand haal ’n munt uit sy broeksak, laat val dit in die handpalm; hulle bekyk mekaar met volledige oorgawe.

    Filemon steek die munt in sy hempsak; hy tel die roeispane op, hulle skep water, hulle is onderweg.

    Beweeg hulle? Hoe kan hulle in ruimteloosheid vorentoe vaar? Hy draai om en kyk na die kuslyn, nou slegs ’n smal, vaal strepie. Die veerman se bewegings is werktuiglik, eentonig: hy buk, die spane sak weg, hy kom weer orent, buig agteroor, die wit spane lig uit die swart water, elke keer skoon, met niks wat afdrup nie. Hy kyk weer om: die horison het verdwyn; hulle is ’n wit stippel op die donker dood.

    Sy het gesê jy sal … begin Niemand, maar Filemon skud reeds sy kop. Dit is klaarblyklik nie nou tyd vir praat nie.

    Die ewigheid van hierdie ruimtes gaan verby, maar gaan ook nie verby nie. Sou hulle beweeg en ook nie beweeg nie? Die kim as verwysingspunt het verdwyn.

    Die vrou het gesê, veerman Filemon, dat jy my die pad deur hierdie koninkryk sal verduidelik, sal vertel wat ek soek, wat ek moet doen?

    Weer net stilte.

    Die veerman se kop sak.

    Niemand rits sy rugsakkie oop, krap daarin, kom met ’n koekie te voorskyn en breek ’n stukkie vir die hond af. Toe dié dit krakend begin kou, kruis die veerman die spane oor sy skoot en steek sy hand uit. Hy kry die orige, eet die koekie met toe oë en sê dan knorrig: Nog.

    Hy kry nog een, eet dit stadig asof hy luister hoe sy kake die gebak stukkend maal. Jy’t geweet, sê hy opeens, en dan minder driftig: Hoe?

    Ek het maar geraai. Jy weet mos, die ouderdom het baie smake; en hierdie een is niks besonders nie: net kaneel en suiker in ’n bietjie meel. Soetigheid getemper met ’n spesery. ’n Herinnering aan vroeëre onskuldige boeretye. Die warm winterson op die agterstoep, die swart bitter koffie en die koekie wat kraak as jy kou. Jy weet mos. Wanneer jou ledemate styf geword het, wanneer jou pligte byna opgehou het.

    Die veerman hou weer sy hand uit en Niemand gee hom nog een. Hy kou en die kraakgeluid is enorm op die verlatenheid van die Swartrivier.

    Hy begin weer roei.

    Sy het my vertel dat jy my sal inlig hoe my reis moet voortgaan. Nou is jy stom wanneer jy my moet vertel hoekom ek deur die dood moet vaar om by die huis te kom.

    Filemon roei en die stilte van die Onderwêreld keer terug. ’n Grys bewegingloosheid styg in Niemand op. Hy laat sak sy kop op sy bors; hy is op pad, maar het reeds by sy eindbestemming aangekom terwyl hy nog nie eens begin het nie. Dit voel of die lewe uit hom vertrek het.

    Kyk, sê Filemon, kyk daar.

    Niemand lig sy kop. Op middelafstand sien hy ’n lae woestynlandskap van verskroeide aarde, lawagesteentes en plek-plek skurwe rotse op die swart rivieroewer. Daar is niks nie, maar soos hulle nader kom, begin stowwe kolk, spiraal dwarrelwinde boontoe asof hulle ’n lewe van hul eie het.

    Langs Niemand is daar ’n transformasie, want die hond is orent, swel en word groter. Die dier blaf geweldig en die klank is soos ’n duisend dawerende simbale. Die draaiende warrelwinde bedaar, die kokende stof is aan die afneem.

    Hulle het jou gehoor, loop lê, sê die bootsman bars. Jy raas.

    Die dwarrels dansende derwisje se tuite verbreed, soos kelkrokke wat uitsprei; gaan weer lê. Daar is slegs ’n wasigheid in die lug.

    Die boot se neus gly teen die sand uit; die hond spring af, blaf weer waansinnig en gaan ná ’n teregwysing lê. Filemon klim uit, daarna sy passasier.

    Hulle is hier, sê Filemon, en hy wys voor hom uit. Hulle wag vir jou.

    Wie?

    Jou voorgeslagte, voorvaders, voormoeders, gees van jou vlees, helde, verraaiers, skurke, rowers, leiers, volgelinge, landsliede, volk. Hulle wag vir jou.

    Hoe sal ek hulle vind? Hierdie voorsate, hierdie gestorwenes?

    Stof was hulle en tot stof het hulle teruggekeer. Blaas jou asem op hulle, dan sal hulle weer vorm kry en verskyn. Maar pasop wie jy lewe gee. Sommiges word ’n teistering.

    Onder al hierdie voorvaders, hierdie voormoeders – vir wie soek ek?

    Jou ma.

    En wanneer ek haar gekry het? Wat dan?

    Sy sal jou vertel. Dan sal jy weet hoekom jou reis deur hierdie Doderyk loop.

    Maar ek sien dan niks nie. Is my moeder hier?

    Niemand vind dit moeilik om die woord moeder by sy mond uit te kry.

    Jou oë sal later gewoond raak aan ons lig; jy sal hulle sien. Maar jou ma is nog ver. Ek sal jou by die volgende rivier oppik om jou verder te neem, dieper die koninkryk van die dooies in.

    En as ek by die volgende oewer aankom en jy is nie daar nie?

    Daar is skielik die kleinste plooi van ’n glimlag rondom die veerman se mond.

    Dan haal jy nog ’n koekie uit en eet dit. Dit sal ek hoor, vir seker. Dan kom ek. Ek en die hond van die hel.

    Filemon tree terug en klim in sy boot.

    Kom, hond! beveel hy.

    Die wolhaarhond spring in, die veerman stoot met sy spaan en die boot gly die swart water in. Die boot swaai, die veerman roei; die boot word kleiner, die balans tussen die stukkie wit van die boot en die onmeetlike is volkome.

    Niemand draai om en sien die stof begin lewe kry. Dis asof gestaltes in die warreling vorm aanneem.

    — 1 —

    Die laaste, en vreemd genoeg enigste, herinnering aan my ouma, Magdalena Sanders, gebore Visser, is waar sy met ’n grys tjalie om haar skouers in ’n leunstoel in haar skoonseun se ministerswoning in Pretoria sit en onsiende uitstaar oor deininge van swart smart en pynlike ervarings, die meeste waarskynlik voor, tydens en ná die Boereoorlog. ’n Ou vrou met te veel onbehaaglike bagasie; op ’n eiland van eensaamheid. Daar was niemand anders in die vertrek teenwoordig nie. Waarskynlik het sy nie agtergekom ek was daar nie; miskien was sy hardhorend; miskien was daar nie veel dinge wat haar nog geraak het nie, omdat die grootste werklikheid in die diep verlede gesetel was.

    Hierdie herinnering kom uit die winter van 1932, nog voor Samesmelting, toe ons gesin uit die yskoue Oos-Vrystaat in die vir ons koesterende hitte van die hoofstad by die familie gaan kuier het.

    Dit is asof ou vroue daardie soort vermoë het om veral vervloë verdriet en ’n leeftyd se swaarkry op hul gesigte te berg en die inhoud daarvan aan die voete van die dood te plaas; soms ’n bietjie daarvan in die ore van hul naastes. Maar herhaaldelik het die vraag later by my opgekom: Ouma, hoekom lyk jy so treurig?

    Daar is ’n bekende foto wat tussen 1881 en 1890 voor die Paardekraal-monument in Krugersdorp geneem is – waarskynlik in 1881 ná die suksesvolle verloop van die Eerste Vryheidsoorlog – van nege Voortrekkers: sewe ruig en spierwit bebaarde mans en twee vroue. Tweede van links voor sit ’n ou vrou in ’n swart rok en kappie met landskappe van ellende en verdriet op haar gesig afgedruk.

    My ouma se gelaat was nie só diep deur die verlede gekerf nie. Hoewel sy voor die Boereoorlog dit moeilik had, had sy sekerlik nie finansiële laste in daardie jare nie. Haar skoonseun, Nicolaas Christiaan Havenga, toentertyd minister van finansies in die Hertzog-regering, had die persoonlike middele om in haar behoeftes te voorsien. Sy was, toe ek haar in Pretoria gesien het, na die uiterlik goed daaraan toe: twee van haar dogters – my ma en haar suster Olive, Havenga se vrou – was daar om haar te vertroetel en na haar klein behoeftes om te sien.

    Magdalena Sanders, gebore Visser, het uit ’n gesin van elf dogters en twee seuns gekom. Die Vissers – van Lokshoek, Jagersfontein, Skraalfontein – was grensboere wat hulle reeds in 1827 op grond gevestig het, gekoop van Adam Kok. Die geluk het hulle toegeval, want diamante is op hul grond ontdek, die latere Jagersfontein-diamantmyn daarop ontgin. Die verkoop van die grond het volgens familievertellings ’n groot bruidskat aan die elf dogters besorg. My ouma se huwelik het haar hierdie bruidskat gekos. Maar in die plek daarvan is vyf dogters haar gegee, en te veel trots.

    Sy sit op die leunstoel in haar skoonseun se woning. ’n Roerloosheid. Sy sit en staar na die skommelende oseaan van die verlede. Miskien sien sy haar skoonseun toe hy as poenskop deur sy ouers met ’n perdekar by haar huis in Fauresmith afgelaai is. ’n Kosganger, ’n loseerder, iemand wat vir sy inwoning moes betaal. Ná die dood van haar man had sy geringe middele oor. Of daar ander kosgangers was, is my onbekend. Wel was daar aan die suidekant kamers, een groot en een kleiner, as kantoor, vir haar man se apteek ingerig. En twee kamers wat as kraamkamers gebruik kon word; sy was bekwaam as hulp by geboortes.

    Die groot huis met baie kamers naby die hoofstraat van Fauresmith is deur haar man, Heinrich Christian Schröder Sanders, met haar bruidskat gebou. Otto Carl Krause, dokter van Fauresmith, later Philippolis, uiteindelik Bloemfontein, het die jong apteker uit die Kolonie wat in die Vrystaat sy fortuin kom soek het, verwelkom. Hulle het goed saamgewerk. Albei na Visser-dogters gevry. Krause het met Jemima getrou, Sanders met Magdalena.

    Die huwelik was vrugbaar – Sanders het vyf dogters by Magdalena verwek: Celia wat op elfjarige leeftyd sterf, Margaret (ook bekend as Maxie), en daarna Ruth, Olive en Henriette. Laasgenoemde my moeder, genoem Henri. Van Duitse afkoms en met Europese smaak, het Sanders gesorg dat daar goed geleef word in die groot huis op Fauresmith. Die dogtertjies had ’n Engelse goewernante en ’n poniekarretjie vir hul vermaak, met ritte vroegoggend as die lug nog koel is. In die huis het duur en smaakvolle meubels die groot kamers vol gestaan. Hulle het die bekendes in hul streek, en in die hoofstad, Bloemfontein, geken, vermoedelik hulle in die huis op Fauresmith onthaal. Onder andere ook die Hertzog-gesin.

    My ouma sit in haar leunstoel en haar blik struikel keer op keer oor dinge in die ver verlede. Kinders weet sulke dinge as hulle na hul voorsate kyk en die onopgeloste worsteling aanskou.

    My ouma sit in haar leunstoel. Dalk hoor sy perdepote op die teer in die agterplaas van Bryntirion 17, Pretoria. Dit is haar skoonseun en sy vriend, generaal J.B.M. Hertzog, eerste minister van die land, wat twee bruin perde bestyg het om met ’n ruwe bergpaadjie oor ’n nek in Meintjieskop naby Hertzog se woning – omtrent ’n honderd tree of meer van Havenga s’n – na die vlakte aan die noordekant af te sak. Hulle het in die verlede, in die Boereoorlog, baie duisende myle saam te perd gery, deur die Vrystaat en Kaapland. Nou gaan hulle waarskynlik na Gras van Rensburg se aangeplante grasse op die plat valleileegte kyk. Die afrit is op ’n stuk grond teen ’n koppie wat Havenga met die oog op verdere ontwikkeling van regeringsgeboue laat koop het. Hulle praat lank en gewigtig. Dit kan wees dat die bekende beweging op die perde, die skuif van hul liggame op die saals, die gedagtes aanhelp, dat daar onder die oop blou lug geredeliker as binnenshuis tot gevolgtrekkings gekom en besluite geneem kan word.

    As jong seun word ek deur my moeder na die generaal se woning oorgestuur met ’n mandjie – ’n spesiale gebak, ’n flessie konfyt? Iets uit die Vrystaat vir die generaal, het my moeder altyd aangedring, ’n buiging voor die hede en die verlede. Die deur word vir my oopgemaak deur ’n diensmeisie, die mandjie geneem. Agter in die lang, halfdonker gang sien ek ’n klein sku figuurtjie, heeltemal in swart geklee, oor die gang beweeg, maar nie na vore kom nie. Ek weet dit is tant Mynie, die generaal se vrou, wat soos ons vertel is, so swaar gekry het in die oorlog. Heeltemal geknak is in die berugte kamp Merebank, naby Durban. Daar kleef aan haar meer nog van die vreemde tragiese verlede as aan my ouma, miskien omdat sy so menssku geword het. Ek gee pad van die huis, ek het my ma se bedevaart volbring.

    Nicolaas Christiaan Havenga sit in sy leunstoel in die westelike hoek van die groot eetkamer op sy plaas, Allanvale, naby Memel in die Oos-Vrystaat. Die plaas het eertyds aan generaal Christiaan de Wet behoort en in dié kamer, so is ons vertel, is die Rebellie van 1914 besin en begin.

    Die eertydse veggeneraal Christiaan de Wet, ná die oorlog minister van landbou in Abraham Fischer se Vrystaatse kabinet, gewoond aan die veldlewe, was nie te vinde vir kantoorwerk nie. Toe die runderpes in Natal toesak, ry De Wet self te perd op die grenslyn tussen Natal en Vrystaat, om te kyk of dit goed bewaak word. Hy sien in die groen mistigheid van die heuwellandskap die plaas Allanvale, baie vervalle, voorheen die eiendom van ’n Engelsman, Owen. Hy koop die plaas in 1910, bou die huis, verkoop stukke grond af om aan die gang te bly, want ’n goeie boer is hy nie. De Wet, so lui die storie, herbou die klipmure, versteek in die mure gewere.

    Maar in die groot eetkamer is die Rebellie nie besin en nie begin nie. Hierdie familievertelling is foutief. Die ware storie is dat De Wet en ses van sy fors, bebaarde, dapper seuns (hy had agt) in Oktober 1914 om die tafel sit, verbete redeneer en dan besluit: ons gaan weer veg. Fiasko. Een seun, sy liefling Danie, sneuwel. Hy self word gevange geneem en tronkstraf opgelê. Die vermoeide, verwonde ou leeu verkoop ná sy vrylating uit die tronk die plaas. Daar is agteruitgang, verwaarlosing.

    Klasie Havenga koop ná De Wet se dood Allanvale van die Landbank. Sy broer, Piet, raai hom af. Jy koop jou ’n kat in die sak. Maar die volop water en die groen mistigheid, in teenstelling met die verdorde Suid-Vrystaatse vlaktes, trek hom. En miskien is dit sy gemoed, sy verering vir die ou veldheer wat die deurslag gee.

    Die eetkamer is lank en baie groot: in die middel van die vertrek ’n stinkhouttafel en tien stoele, teen die een muur ’n lang stinkhoutbuffet, teen die oorkantse muur ’n opdientafel. Agter die koppenent van die tafel staan ’n rusbank en twee leunstoele. Daaragter ’n outydse gietyster-vuurherd. Oor die vuurherd hang ’n lewensgroot portret van generaal Hertzog. Die skraal gesig, fyn neusbrug, wit snor, ronde goueraambril, en veral die effe na vore gebuigde kop, met die kenmerkende konsentrasie om die oë, vertel van die denker, die regsman wat sake opweeg, die geregtigheid nastrewe. So anders as die onverskrokke daadkrag van die veldheer De Wet.

    In ’n leunstoel onder die portret sit Klasie Havenga. Hy is nie roerloos, spraakloos soos sy skoonmoeder nie; hy sit met sy kop na vore, nie op sy bors soos die Van Wouw-beeldjie van Kruger nie. Hy kyk af na sy skoene en die tapyt voor hom en hy praat met ons. Met my vrou, Elsa, en met my. Wie is ons? Ons is niemand nie; ons is onbelangrik, hoewel ek sy naam dra; ons is egter familie. Hy het selde met ons of die ouer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1