Bot
By Carien Smith
()
About this ebook
Carien Smith
Carien Smith is ’n skrywer en dramaturg wat verskeie pryse vir haar individuele verhale ingepalm het en deelgeneem het aan talle internasionale skryfprogramme. Verskeie van haar dramas is opgevoer. Tans is sy ’n doktorale student aan die Universiteit van Sheffield waar sy navorsing doen oor klimaatsveranderingetiek. Bot is haar kortverhaaldebuut.
Related to Bot
Related ebooks
Voorouer. Pelgrim. Berg. Rating: 5 out of 5 stars5/5Hierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie boek van toeval en toeverlaat Rating: 3 out of 5 stars3/5Ek stamel ek sterwe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOm die gedagte van geel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKelder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAnderkind Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDonkerbloed Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKrake Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTussen heinings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStil punt van die aarde Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Engel in die hoenderhok Rating: 3 out of 5 stars3/5Bloedsomer Rating: 4 out of 5 stars4/5In stede van die liefde Rating: 4 out of 5 stars4/5Vermis op Allesverloren Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie biblioteek aan die einde van die wêreld Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie rugkant van die bruid Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBuys: ’n Grensroman Rating: 0 out of 5 stars0 ratings’n Hart is so groot soos ’n vuis Rating: 4 out of 5 stars4/5Skepsel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Tyd van die kombi's Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie dood van 'n goeie vrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSondag Rating: 5 out of 5 stars5/5Op pad na Moormansgat: Die verhaal van Billy Foster en Koos de la Rey Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsFrats Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEugene Rating: 2 out of 5 stars2/5Die kremetartekspedisie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie antie met die pienk rok en ander stories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRoofdier Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie teenoorgestelde is net so waar Rating: 5 out of 5 stars5/5
Reviews for Bot
0 ratings0 reviews
Book preview
Bot - Carien Smith
TAFELBERG
Aan
alle medereisigers in die sesde massa-uitwissing
Although sentience is a later evolutionary development and is a more complex state of being than insentience, it is far from clear that it is a better state of being. This is because sentient existence comes at a significant cost. In being able to experience, sentient beings are able to, and do, experience unpleasantness.
– David Benatar, Better Never to Have Been
As natural selection acts solely by the preservation of profitable modifications, each new form will tend in a fully-stocked country to take the place of, and finally to exterminate, its own less improved parent-form and other less-favoured forms with which it comes into competition.
– Charles Darwin, On the Origin of Species
… there is a significant probability that you are living in a computer simulation.
– Nick Bostrom
But I am an artist too, and therefore a liar. Distrust everything I say. I am telling the truth.
– Ursula K. Le Guin
Trein
Langs die treinspoor lê ’n kind. Dood. Onherkenbaar, met haar gesig na onder gekeer.
Haar liggaam, ’n kakkerlak wat platgetrap is. Haar verbleikte geel rok is oopgesprei onder haar, gevlek met kolle vars bloed. Kort-kort let ek haar op uit die hoek van my oog. ’n Mens kan nie anders nie as om haar raak te sien.
Die plakkerskamp reik tot teenaan die tien meter hoë swart heining wat die treinspoor afsper. Die aanmekaargelapte huise staan vier, vyf, ses, sewe, agt bo-op mekaar. Tot hoog in die lug, soos blokkies wat deur ’n driejarige op mekaar gestapel is, balanseer net-net, stort soms in duie en vermorsel enigeen wat op die onderste vlakke bly. Meer as 1,3 miljoen mense bly in die vyf plakkersblokke langs die treinstasie. Die areas buite hierdie blokke is onbewoonbaar, oorgroei met wildeplante, die spesies gekruis en onherkenbaar, vergiftig, gee slegs chemiese walms af wat jou longe meteens laat toeslaan en jou sonder asem laat.
Massas mense beur teen die heining. Klim soos miere teen die draad op, stoot om deur te breek. Word verbrysel nog voordat hulle die bopunt van die draad bereik, en verder oor die lemmetjiesdraad moet stoei en tuimel-klim tot onder. Voordat die wagte hulle kan doodskiet.
Die trein stoot aan oor die horison, in ons rigting. ’n Gedreun. Geklap. Metaal wat teen metaal skraap. ’n Herhaaldelike geknal deur jou oordromme. Die ou stoomenjin pomp swart rookbolle die lug in waar dit versmelt in die besoedeling.
Dit is sewe minute voor die vertrektyd en die trein kom tot stilstand.
Die Bio-Organisme-Transittrein.
Eenhonderd waens lank. Drieduisend geselekteerdes word elke week uit vier stede aangery – die vier stede waar die laaste mense op aarde bly. Ons het slegs twee minute om op te klim. Geen bagasie. Net die klere aan jou lyf.
Gemaskerde wagte, geklee in rooi uniforms met masjiengeweer in die hand, staan naby aan die trein, sorg dat niemand van die plakkerskamp deur die heining breek en op die trein klim nie. ’n Wag stamp die kind se liggaam eenkant toe en die lyk val onder die trein in. Die kind is geskiet toe sy oor die heining geklim het. Ek het gesien hoe sy van die bopunt van die heining afgeval het, haar kop ’n kraakslag teen die beton.
Die wag skraap sy skoene oor die gruis om die bloed af te vee.
Selfs al is jy gekies, beteken dit nie jy sal dit tot op die trein maak nie. Want twee minute is min. Almal staan en kyk na die hibriede horlosie teen die muur agter die trein. 46:31. 46:33 wys die digitale syfers. Die sekondewyser tel af. Dit voel asof hy langer en langer neem om tot by die volgende minuut te tik. Stadiger en stadiger. Niemand roer nie.
46:38.
Die treindeure skuif oop.
Meteens is dit lywe wat stoot, vuishoue, skoppe van stukkende skoene en voete vol bloed en modder, stemme wat skree. Ek wurm my pad tussen die lywe deur, word teruggepluk aan my klere deur ’n groot man. Sy oë is bloedbelope, pupille gesper, wild. Maar al is hy groot, is hy uitgeteer, soos die res van ons.
Alles stink. Sweet. Bloed. Olie. Angs. Desperaatheid. Geroeste metaal. Die honger. Dit is asof ’n liggaam anders ruik wanneer hy sy eie organe stelselmatig begin opvreet.
Ek slaan met al my mag en tref die man in die gesig. Iets kraak onder my vuis. Ek beur vorentoe, tot reg voor die deur. Vandag wil ek op hierdie trein wees. Want ek kry nooit weer ’n kans nie.
Ek wikkel my een voet tot op die trap, druk my pad deur en klim op die trein.
Welkom passasier 1357, Anna N,
sê ’n elektroniese stem wanneer ek opklim. Ek voel ’n skerp pyn aan my regterarm. Die getal 1357 is op my pols gedruk. Die elektroniese stem is vreemd in die ou stoomtrein. Klassieke musiek. Die reuk van sitrus. Die binnekant van die trein dateer uit die 1900’s. Luuks. Alles eersteklas. Banke. Tapyte. Chaises longues. ’n Diep navyblou. Goud. Fluweel. Geborduurde gordyne. ’n Paar sekondes nadat ek op die trein is, slaan die deur hard agter my toe. Ek besef nou: ek is regtig op die trein. Nog net drie ander het dit ná my gemaak. Ons is agt in die kajuit.
Vandag vertrek ons na die nuwe wêreld.
Ek sak neer op ’n bank langs ’n venster. Ek het jare laas fluweel gevoel en vryf met my hand oor die sitplek. Wynrooi. Grof wanneer ek na die een kant toe vryf, glad na die ander kant toe. Die kussing in die holte van my rug is sag, vou om my lyf. Dit voel soos die lemmetjiegroen kussings in my oom-hulle se strandhuis in Mosselbaai. Ek het altyd smiddae in die son by die venster gelê en na die see gekyk. My hande diep in die kussings gedruk. Wanneer was dit? Vyftien, twintig jare gelede.
Buite is daar lyke op die grond, mense wat vertrap is in die massa. Die aasvoëls sal binnekort kom. Dit is kos. Enigiets wat geëet kan word. Dié wat agterbly buite die trein, veg en maak dood. Afwagting en hoop in ’n oogwink vernietig. Daar is bloed onder my naels. Ek probeer haastig om dit uit te krap. Ek hoop dit is die laaste keer wat ek sulke rooibruin vlekke van my hande moet afkry.
Fyngebak word bedien deur gasvroue geklee in wit snyerspakkies. Hulle dra diamante om hulle nekke. Saffiere aan hulle vingers. Robyne in hulle hare. Hulle is blinkskoon. Aan my linkerkant staan een van die gasvroue en hou ’n sjampanjeglas na my uit. Met ’n bewende hand neem ek dit by haar. Die kristalglas is delikaat, koud teen my lippe. Die sjampanje is bitter en brand my rou keel. Maar ek is dors en ek het lanklaas alkohol geproe, so ek neem ’n diep sluk.
Die trein word beheer deur die rekenaarprogram wat vir ons geselekteer het. Die program wat vyf jaar gelede ontwerp is om die Vyfde Wêreldoorlog te stop: om pyn te verminder. Die mens se pyn. Die aarde se pyn. Om vrede te bewerkstellig.
’n Finale oplossing.
Die grootste hoeveelheid goedheid vir die grootste hoeveelheid mense.
Op ’n grootskerm verskyn die woorde: BETREE DIE VOLMAAKTE SAMELEWING. REIS NA VALHALLA WAAR DAAR GEEN GEWELD, ARMOEDE, KLIMAATSVERANDERING OF ENIGE ANDER GEBREK IS NIE.
Die gasvroue loop deur die kajuit, gee vir almal ’n elektriese dekodeerder: klein metaalplaatjies wat teen die slape geplak word en dan beelde in die brein projekteer. Nou kan ons onbeperk droom, ongereguleerd, kies uit die vyftigduisend drome wat deur die rekenaarprogram ontwerp is. Drome wat ons geluk vermeerder. Drome wat ons hoop gee op ’n beter toekoms. Ons hoef nou nie meer vir die drome te betaal nie. Voorheen moes ons betaal met enigiets wat ons in die hande kon kry. Kos. Klere. Jou lyf. Wie sal nie alles gee om in ’n wêreld van plesier in te dompel nie? Dalk nie tien jaar gelede nie. Maar nou. Ek sit nog nie die dekodeerder teen my hoof nie, want eers wil ek kyk.
Die trein kronkel, nou ver links, dan weer regs. Dit loop vanaf die land oor die see, tot waar die treinspoor op die horison verdwyn. Die see het reeds die helfte van die land oorspoel en net die binneland bly oor.
Olifante vlieg deur die lug, hulle vlerke groot soos dié van ’n vliegtuig. Sebras met vinne swem deur die water. Verdwyn. Verskyn later weer met alge in die mond. ’n Leeu duik uit die lug, sy maanhare wapperend, en sy vlerke skerp agter hom gepunt, tot in die water waar hy ’n klein swemmende bokkie vang. Die bokkie spartel na alle kante in die leeu se bek en die leeu ruk hom met een vinnige beweging dood. Die diere is gemanipuleer deur wetenskaplikes om in oorlogvoering te gebruik. Is nou dodelik vir mense – straal radiasie meters ver uit. Alle diere is nou so. Maar hulle kan nie meer voortplant nie. Dié wat ’n mens sien, is die laaste.
’n Berg se piek staan bo die water uit, gehul in vlamme wat meters daarbo uitskiet. Lawa spoel tot in die water rondom die bergpiek, word ’n swart kors in die water. ’n Roof wat oopgekrap moet word.
Ek kies die droom wat geskep is om alleenheid uit te wis. Ek droom dat ek ’n familie sal hê in die nuwe wêreld. ’n Man. ’n Kind. Ek sal altyd genoeg kos hê en ons sal elke dag feesvier. Ons sal daagliks as gesin in ’n park gaan stap. Ek sal deel wees van ’n vreedsame gemeenskap. Waar daar orde is. Waar daar geleef word. Waar ons almal saam bestaan. Waar ek elke aand in my man se arm kan lê.
’n Uur later word ek wakker. Ek kyk op die televisie. Die ou president is besig om sy toespraak te maak. Hy is aangetrek in ’n rooi pak met swart skoene. Die drag vir die laaste dag van sy termyn. Die dag van die teregstelling.
Die skare gooi insekte op die verhoog, op die president. Insekte, want hulle het nie kos nie. Wurms ook, wat hulle uit lyke en die grond en vullis grawe en bymekaarmaak.
Die nuwe president neem ’n byl by die ou president en hou dit omhoog. Die skare klap hande. Die ou president laat sak sy kop op ’n kapblok. Dan laat val die nuwe president die byl op sy nek en die skare juig weer. Gooi nog insekte en wurms op die verhoog. Die ou president is weer op die skerm. Video’s van ou toesprake en publieke verskynings speel. Meestal video’s waar die gehoor hom uitgejou het, of waar hy nageboots word deur ’n hanswors wat saam met hom op die verhoog staan.
Die trein ry vinnig met ’n kurwe hoog oor die water, val, val, duik onder die water in, deur ’n onderwatertonnel. Onder die water is daar musiek wat speel. Vrouestemme en dieregeluide wat harmoniseer, in tale wat lankal nie meer gepraat word nie.
’n Aankondiging sê dat ons nog ’n driekwartier weg is en dat ons van die storte gebruik moet maak en vars klere moet aantrek. Die warm water loop in ’n bruin stroom teen my lyf af. Ek skrop die bloed onder my naels uit. Was my hare met sjampoe. My lyf met seep wat soos amandels ruik. Ek is skoon, vir die eerste keer in jare. Ek trek die wit uniform aan wat in die badkamer hang. Gooi my ou klere in die asblik.
Ons ry nou weer bo-op die water. Dan sien ek dit: die nuwe wêreld. ’n Klein stukkie land in die middel van die water is omring met wit mure wat vyftig meter bo die grond oprys Die trein ry stadiger, wiele knarsend op die spore. Vonke skiet langs die trein. Dit