Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die antie met die pienk rok en ander stories
Die antie met die pienk rok en ander stories
Die antie met die pienk rok en ander stories
Ebook159 pages3 hours

Die antie met die pienk rok en ander stories

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette. Maak opnuut kennis met onvergeetlike karakters soos Maans Maanse, sersant Jônie Louw en pater Hoeflies wat ietsie neem vir die koue in ’n poort naby Kenhardt, Orrelkosie wat ’n halwe dag neem om te verduidelik hoe om ’n pil in ’n hoender se keel af te kry, Hábakuk en sy blik kondensmelk en die leerlingverpleegstertjie wat ’n plan bedink om die oumense se valstande skoon te maak. Die antie met die pienk rok en ander stories sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:’n Poort deur die koue, Die dinges is ’n watsem, Waaksaam op die vlug, Maans Maanse en die muil, ’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke, Hábakuk met ’n blik kondensmelk, ’n Bek vol tanne, Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus, Moeilike medisyne en ’n Deeglike probleem.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateFeb 17, 2020
ISBN9780624089520
Die antie met die pienk rok en ander stories
Author

Jan Spies

Jan Spies (1936-1996) was ’n legendariese storieverteller en skrywer. Hy het in Namibië geboer en was ook die stigtersredakteur van die Nambiese koerant Die Republikein. Saam met PG du Plessis was hy die aanbieder van die gewilde televisieprogram Spies en Plessie – met permissie.

Related to Die antie met die pienk rok en ander stories

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die antie met die pienk rok en ander stories

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die antie met die pienk rok en ander stories - Jan Spies

    Die antie met die pienk rok

    en ander stories

    Jan Spies

    Tafelberg

    Die antie met die pienk rok

    ’n Kêrel kom loop op ’n Maandagmôre by die werk aan.

    Maar sy een oog staan tot dóér geslaan. Potblou. En tóégeswel. En die anner manne sê vir hom: Waar’t jy Saterdagaand loop sprie lat die ouens jou so gemoer het?

    Hy sê: Nee, ek het nie loop sprie nie, en dit was ook nie Saterdagaand nie. Dit was Sondagmôre, en binneinnie kjerk. Gistermôre.

    Hulle sê vir hom: Ag man, moenie drek hier aan ons probeer afsmeer nie.

    Hy sê: Ja, binne-innie kjerk.

    En hy vertel vir hulle sy storie; hy sê:

    Gistermôre het ek ouder gewoonte wakker geword en met ’n lied innie hart het ek opgestaan en my gebad en geskeer en my kjerkklere aangetrek en my Boeke gevat en toe dit tyd raak, aangestryk kjerk toe.

    En wat ek so kjerk toe loop, het ek nog met al twee oë gesien hoe heller die dag is en hoe skoon die son skyn.

    En in die kjerk het ek by die punt van een van die banke laans die paadjie loop sit en my Boeke in die rakkie agter die leuning voor my ingedruk en my kop laat sak en my oë toegemaak en my gebed gedoen.

    En die orrelis het sulke sawwe musiek gespeel – die hele kjerk vol vrede.

    En toe ek my oë oopmaak, het ek daar gesit asof die saligheid sy intrek innie kjerk geneem het.

    Ek was nie eens haastig lat Oudominies moes inkom virrie diens nie.

    En soos wat ’n mens nou maar doen, sit ek, en ek kyk hiér, en ek kyk tydsaam dáár, en ek lees die psalm-en-gesangbordjies – ook sommer vir die lekkerte om te sien of die duiwel nie tussen die syfers ingesluip het nie, maar soos wat die een links van die linkerkonsistoriedeur te wete gee, so beaam die ander een regs van die regter-konsistoriedeur – en ek lees die teks op die kansellap, en ek draai my oë op na die kjerk se ligte, en ek het my kjen in my een hand, en ek het my anner hand se voorarm oor my bors.

    Ek sit met ’n rustige kjerk-sit daar innie bank – met kalmte in my gemoed.

    En toe word dit skjierlik skjemer innie kjerk.

    En ek wonner hoe’s dit dan lat ek dié wolk nie gesien het toe ek kjerk toe geloop het nie.

    En ek kyk hierie kant toe en ek kyk darie kant toe om agter te kom van waffer kant af die koelte trek, en dis wat ek toe die ding sien.

    Met wat ek na die linkersydeur van die kjerk kyk, sien ek lat daar ’n antie aan die inkom is en lat sy besig was om aan die binnekant van die kjerk orent te kom.

    Maar sy staan darie duwwele kjerkdeur glykvol.

    En sy’s van bo tot onner gebou soos ’n hangkas – reguit af, en wyd genoeg vir twee mense se klere.

    En sy’t ’n pienk rok aan, wat groot genoeg sou wees om in die ou dae ’n nagmaaltent van te maak.

    En soos wat sy binne die kjerk, ná die koes, orent kom, steek daar ’n veer wat soos ’n palmtak staan uit haar hoed se band duskant die muur op tot halfpad na die sielieng toe.

    En die hoed was tamaai. Hy lyk soos ’n halfwas seeppotjie wat sy omgekeer op haar kop het.

    En die rand lyk soos ’n Bedford-lorrie se voortaier wat jy al op die loopvlak laans met ’n mes deurgesny het.

    En om die bol van die hoed is daar ’n band wat lyk soos ’n Mini Minor se tjoep wat daarom getrek is.

    Die antie is toe so groot lat sy nie reguit met die sykantse paadjie kon loop nie. Sy draai haar skeef en kom soos ’n krap daar na die middel van die kerk toe.

    En ’n mens kon sien die antie het in haar lewe hard gewerk. Haar massels hang soos swamme onner haar arms tot halfpad na haar heupe toe.

    En die antie skuifel daar met die sygangetjie laans tot by die regaf gang en daarvena kom sy reguit na my toe, en sy kom sit op die punt van die bank reg voor my.

    Maar toe sy sit, toe’s die hele kansel weg voor my.

    Sy sit van links van die linkerkantste konsistoriedeur tot regs van die regterkantste konsistoriedeur alles weg voor my.

    Links van haar steek van die psalm-en-gesangbordjie net ’n stukkie uit. Daarop staan: Ps. Ps. Gs. Gs. Ps.

    En regs van haar steek 150, 100, 33, 17 en 25 op die ander bordjie uit.

    Bokant haar hoed is niks te sien nie. Sy sit hemelhoog voor my. En ek dink: Ek sal nou niks van Oudominies kan sien nie, maar gelukkig sit die antie darem nie my ore toe nie; ek sal kan hoor.

    En so sit ek dan nou maar onner die sawwe orrelmusiek en wag virrie diens.

    En ná ’n ruk hoor kraak ek ’n deur, en ek weet dis die konsistoriedeur en Oudominies en die kerkraad is besig om die kjerk in te stap. Toe loop daar links van die antie drie ouderlinge uit en regs van haar drie dijakens.

    Die res vannie kjerkraad en Oudominies word heeltemal voor my weggesit deurie antie.

    En toe Oudominies die groet orie gemeente uitspreek, toe’s al wat ek van hom sien sy elke hand se drie langste vingers se voorste litte. Dis al wat ek vannie seën gewaar geword het – behalwe dit wat ek natuurlik gehoor het.

    En toe gebeur die vreeslike ding.

    Oudominies gee die voorsang van die gemeente op en die orrelis begin speel met volle mening, en ons staan op – elkeen met sy oop boek by die regte plek.

    Maar – en dis wat die vreeslike is – toe gebeur daar by die antie die ding wat ek nie kan staan nie. En dis lat ’n vrou se klere onaardig vasgeknyp word.

    Soos wat die antie daar voor my staan, knyp sy darie geweldige pienk rok van skuins onner haar blaaie af vas deur haar magtige kloof tot tussen haar kuite waar hulle agter haar bank se sitplek wegraak.

    Ek probeer, ná ek dit gesien het, die plek in die gesangboek kry. Maar net toe ek die plek het, toe wonner ek of sy nie gelaat los het nie. En ek kyk.

    Maar sy is soos Boel met ’n been in sy bek – sy hou waar sy het.

    En ek soek weer die plek. En ek kry hom.

    En ek sing ’n woord of drie saam.

    En toe wonner ek van voor af, en ek kyk. En die antie knyp.

    Weerskante van die plooi roer alles wat die antie in die versie kan insit. Sy sing met alles wat sy het.

    En ek soek weer die plek.

    En ek loer weer vir die antie.

    En toe weet ek: ek sal van darie gesang niks hê nie. En toe buk ek vooroor en ek trek die rok uit.

    Maar die antie het die gesangboek in haar linkerhand gehad. Toe’s haar regtervuis los.

    En met die omdraai, toe tik sy my lat ek amper ’n kind plat val in die derde ry banke agter my. Dis waar die oog van so blou is.

    * * *

    Vir die duur van die week pamperlang die kêrel toe die oog met allerlei rate: Engelse sout, boressiekwater, kasterolie en so aan.

    En teen die einde van die week toe kan hy al weer die lewe met een en ’n halwe oog in die gesig staar.

    Maar daardie Maandagmôre toe hy by die werk kom, toe staan dárie oog geswel lat daar nie eens ’n haar uitsteek nie.

    En die manne sê vir hom: Het jy nou die oog wat aan die beter word was, gaan vier, en toe moer die ouens hom van voor af toe?

    Hy sê: Nee, weer binne-in die kjerk. En hy vertel sy storie verder:

    Ek het Sondagmôre weer opgestaan en my gebad en geskeer en my kjerkklere aangetrek en my Boeke gevat en aangestryk kjerk toe.

    En op die pad het ek weer gekyk hoe mooi skyn die son. En ek het seker gemaak daar is nie soveel as ’n enkele wolkie voor die son nie. Uit ’n kale hemel het die son geskyn.

    En ek stap die kjerk in met ’n lied in my hart.

    En – soos ons mense nou maar is (en dit was die fout) –loop sit ek weer op my ou plekkie van laas Sondag.

    En ek druk my Boeke in die rakkie van die rugleuning voor my. En ek laat sak my kop. En ek bid. En ek hoor die sawwe orrelmusiek. En ek lees weer die psalm-en-gesangbordjie, en ek lees weer die teks op die kansellap en ek kyk weer rustig hier en ek kyk rustig daar.

    Maar skjierlik is dit skjemer in die kjerk.

    En ek kyk sommer dadelik links na die sydeur toe. En daar kom die antie weer orent aan die binnekant van die kjerk.

    Sy het dieselle pienk rok aan.

    En dieselle seeppothoed op, met die Mini-tjoep vir ’n band en die Bedford-taier vir ’n rand. En die veer staan halfpad sielieng toe. En die antie gôi haar dwars in die sygangetjie en sy loop soos ’n krap na die middelgang toe. En sy draai reguit na my toe, en daar kom sy. En sy kom sak neer op die punt van die bank voor my.

    En weer is die preekstoel weg. En sy sit van links van die linkerkonsistoriedeur af tot regs van die regterkonsistoriedeur. En links van haar steek net ’n deel van die psalm-en-gesangbordjie uit. Daar staan: Gs. Ps. Ps. Ps. Gs.

    En regs van haar staan: 47, 97, 11, 43 en 153.

    Maar ek dink: Al sou sy die hele kjerk toe-sit, gaan ek bly sing.

    En ek hoor weer ’n deur kraak. En links van die antie loop drie ouderlinge uit, en regs van haar loop drie dijakens uit.

    En Oudominies spreek weer die seëngroet uit met net die voorste litte van sy drie langste vingers aan elke hand bo-oor die hoed van die antie. En hy gjee die voorsang op.

    En die orrelis speel, en die gemeente lig hulle.

    En die antie kom ook orent, en sy knyp darie pienk rok weer alleraardigs vas. Maar ek hou my boek voor my oë of daar geen antie is nie, en ek sing.

    Maar toe buk die donner wat laans my staan vooroor en hý trek die rok uit.

    En om ek toe weet sy hou nie daarvan nie, druk ek hom toe trug.

    ’n Poort deur die koue

    (ter nagedagtenis: Johnny Rose)

    Vroeër dae was daar op Keimoes ’n sersant Jônie Louw wat die arm van die gereg baie ver moes uitstrek om te kon bykom tot by die uithoeke van die yslike gebied wat onder sy gesag geval het. En wat dit vir hom glad nie maklik gemaak het nie, was dat sy vinnigste ryding bloot sy perd was; dit was lank voor die dae van polisiemotors.

    Onder dié omstandighede kry hy laat een namiddag berig van ’n moord op Kenhardt. En hy moet dringend suintoe om die saak te ondersoek.

    En sersant Louw vertel dit was net mooi in die middel van een van die bitterste winters wat daardie geweste kon beleef het. En hy sou dwarsdeur die nag moes ry om die anderdagmôre op Kenhardt te wees.

    Hy maak toe gou klaar en teen die koue van die nag koop hy ’n bottel brandewyn en steek dit in die saalsak.

    En met nog so ’n stukkie son val hy in die pad.

    Maar sommer vroe-aand is dit al so koud dat sy tande kletter. En hy hou stil en hy klim van die perd af en rek so bietjie litte en haal die bottel uit die saalsak.

    Maar net wat hy die bottel wou oopmaak, hoor hy iets met die pad aankom. En hy luister, en hy hoor dat dit ook ’n pêrruiter is. En hy druk die bottel trug in die saalsak, en nie lank nie, of die ander reisiger word duidelik in die skemerdonker.

    Van die grond af groet Jônie Louw: Naand, vriend; ek is sersant Jônie Louw van Keimoes.

    Die donker gedaante op die ander perd groet trug met ’n ouerige stem: Naand, Sersant. Ek is pater Hoeflies, en ek hoef seker nie by te sê: van Keimoes, nie.

    Nou ja, ek is op pad Kenhardt toe om ’n moord te ondersoek, sê sersant

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1