Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale
Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale
Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale
Ebook56 pages46 minutes

Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ek onthou toe Hy by die heuwel aankom. Hy het lomp oor ‘n klip gestruikel en ek kon sien dat hy moeg tot die dood was. Ek het vorentoe gegaan om hom te probeer help, maar ‘n soldaat het my teruggestamp.
“Hy het na my opgekyk meneer. Ek onthou dit nog so goed. Sy oë was donker en sag. Nes sy stem. Moenie vrees nie, kyk dit is bloot liggaam – stof van hierdie aarde. Wat binne is, is wat saak maak. Dit het hy vir my gese.
“Ai meneer sy Sy hare was natgesweet en vuil. In sy baard het die bloed droog gekoek. Sy lyf was so oortrek van sweephale. Bloed en sand het aan die sweet gekleef. Sommige plekke op sy rug en bors was heel oopgekloof. Dit het aan my hart geruk - ek gun niemand soveel pyn nie. Wat ek nie kon verstaan nie, was dat sommige van sy vriende Hom die Messias noem. Waarom sou God dan toelaat dat die skepsels wat Hy gemaak het Hom so pynig? Lees nou verder aan hierdie verstommende verhaal van Sy liefde vir die mens

LanguageAfrikaans
PublisherArnold Lacock
Release dateJan 28, 2017
ISBN9781370647132
Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale
Author

Arnold Lacock

My name is Arnold Lacock. I am an ex-newspaper reporter/columnist/editor. I grew up in Bellville, Western Cape (South Africa). I studied Art and love to paint when I'm not writing. I write mainly poetry and fiction in Afrikaans. I have also written several plays. Currently I am involved in a cabaret (about love), which I wrote and which will go on stage in the near future. I actively take part and will be doing some of my poetry and prose in the production. I am also busy writing a children's book in English.My naam is Arnold Lacock. Ek is 'n oud koerant verslaggewer/rubriekskrywer/redakteur. Ek het opgegroei in Bellville in die Weskaap. Ek het kuns gestudeer en skilder graag wanneer ek nie skryf nie.Ek skryf hoofsaaklik gedigte en fiksie in Afrikaans. Ek het ook verskeie toneelstukke geskryf. Ek is tans betrokke by 'n kabaret (oor die liefde) wat ek geskryf het en wat binnekort opgevoer sal word. Ekself neem deel en doen van my gedigte en prosa daarin. Ek is tans ook besig om 'n kinderboek in Engels te skryf.

Read more from Arnold Lacock

Related to Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek was daar toe Hy aan die Kruis gehang het en ander verhale - Arnold Lacock

    Die Sesde dag

    DONKERTE. Stilte. Newels. Drome. Pyn. Herinneringe.

    ‘n Fladdering. Van wat? Vlerke? ‘n Gil. Is dit ek wat skree? Dis so koud. So koud en bitter. En die stank. Die pyn. Maar waar is ek? Asseblief sê my waar! En wat is ek? Sê tog vir my wat ek is!!

    Die lig! O hierdie verskriklike wit lig. Dis so skerp! Ek kan niks sien nie. Help my! Ek moet op. Ek moet regop. Ek moet regop staan. Weg van die pyn kom! Weg van die lig! Ek moet uitvind wat ek is.

    Ek kyk en kyk. Is dit ek hierdie? Is hierdie hande? Is dit my hande? En my vingers? Myne wat so vat en voel? Wat graaf in die geel sagte vrug. Wat sag vryf aan die groen klein blare? En daar...is dit my voete? Daar op die ruwe grond. My voete, my tone? Wat grawe in die ruheid van die fyn klip.

    Ek voel ‘n mond. ‘n Mond met lippe wat proe. Maar dis so bitter. Nat en bitter. Waarom is dit so bitter! So bitter alleen. Is ek dan alleen? Nee! Asseblief nie alleen nie! Nee!

    Die lig het nou verdwyn. Dis skielik net weg. My hande hang ook slap. Wat gebeur nou? My vingers wil nie vat nie. My voete voel lam. My ooglede is swaar om oop te hou. Waarom is ek dan so alleen? Waarom die donkerte? Net nie weer die pyn nie! Die verskriklike pyn! Nee!

    Waar is ek nou? Weer die newels. Die grys lig. Nee nie weer die wit lig nie. Asseblief nie!

    אדם ראשון

    Wie was dit? Meester? U is nou hier. Was dit u wat my geroep het? Asseblief moenie dat ‘n engel my kom haal nie. Ek is so bang en koud. Wie was dit dan Meester? Ek hoor nie ‘n fladdering van vlerke nie!

    אדם ראשון

    Daar is dit weer Meester! Is dit ‘n engel se stem? Kom haal sy my? Is dit dan ‘n sy? Asseblief sê vir my! Is dit ‘n sy!! Waar is sy? Waar?

    Ja daar. Nou sien ek haar met my oë. Sy is een soos ek Meester. Sy is geen engel nie! Ek sien sy het ook hande. Arms met hande en vingers. Sy kan ook haar vingers uitsteek om in die sagte vrug te druk. En sy kan aan my raak! Sy het ook voete – voete wat in die ruheid van die grond graaf!

    Nou is ek nie meer alleen nie Meester! En daarom sal ek haar noem. Ek sal op my voete hardloop en op en af spring en dans en haar noem. Mannin sal ek haar noem, want sy is deel van my.

    ערב

    En wanneer ek moeg is Meester, sal ek gaan sit en na haar kyk. Na haar mooi nuwe liggaam. Sag soos die nat groen tussen die bome. Skoon soos die lug waar u bly. En sy is so soet. My mond proe nog die soet aan haar! En haar hare! O meester haar hare. Lank en donker. As ek my vingers uitsteek, kan ek haar aanraak. En ek voel die sagtheid van haar lyf. Ek laat loop my vingers oor haar. Oor haar oë, haar neus, haar nek, haar hals. Sy is so mooi. Haar borste soos ryp vrugte. My vingers bewe as hul oor haar borste kruip. En dan buig ek oor haar Meester en my lippe streel haar buik. Haar smaak is wondersoet! Dankie Meester. Dankie. Ek is nie meer alleen nie. Dankie!

    En dit was die sesde dag.

    Met Liefde aan jou Naaste

    (Die Barmhartige Samaritaan)

    DIE Saterdagnag is warm en windstil. Die maan hang 'n helder oog. Hy trek sy baadjie uit en stap met haastige tree tot in die systraat. Eintlik is hy jammer hy is so laat weg van sy vriende. Skuins voor

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1