Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Koms van die Elwe
Koms van die Elwe
Koms van die Elwe
Ebook68 pages57 minutes

Koms van die Elwe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

DIT was in ‘n tyd voor tyd bestaan het. Na die planeet sy barenskors afgeskud het en die plante en bome hul wortels in die nuwe aarde geanker het. Toe die waters hulself verenig het en die berge hulle staanplek opgeëis het.
Maar ‘n sluwe dier is uit die verrotte opdrifsels van die eerste aardkors gevorm. Na die slym van eeue van sy lyf gedrup het, het die nagwind van die verborge maan asem in hom geblaas.
‘n Kappertjie fee was eerste om die nuus oor die vreemde wesens oor te dra. Die fee van die son het toe almal byeengeroep en gesê: “Op die rand van die woud waar die aardgeeste waghou is daar nou ‘n nuwe tuin vol vreemde plante en bome.
Lees nou verder oor die Koms van die Elwe en ander fantasie verhale...

LanguageAfrikaans
PublisherArnold Lacock
Release dateJan 9, 2017
ISBN9781370229550
Koms van die Elwe
Author

Arnold Lacock

My name is Arnold Lacock. I am an ex-newspaper reporter/columnist/editor. I grew up in Bellville, Western Cape (South Africa). I studied Art and love to paint when I'm not writing. I write mainly poetry and fiction in Afrikaans. I have also written several plays. Currently I am involved in a cabaret (about love), which I wrote and which will go on stage in the near future. I actively take part and will be doing some of my poetry and prose in the production. I am also busy writing a children's book in English.My naam is Arnold Lacock. Ek is 'n oud koerant verslaggewer/rubriekskrywer/redakteur. Ek het opgegroei in Bellville in die Weskaap. Ek het kuns gestudeer en skilder graag wanneer ek nie skryf nie.Ek skryf hoofsaaklik gedigte en fiksie in Afrikaans. Ek het ook verskeie toneelstukke geskryf. Ek is tans betrokke by 'n kabaret (oor die liefde) wat ek geskryf het en wat binnekort opgevoer sal word. Ekself neem deel en doen van my gedigte en prosa daarin. Ek is tans ook besig om 'n kinderboek in Engels te skryf.

Read more from Arnold Lacock

Related to Koms van die Elwe

Related ebooks

Related articles

Reviews for Koms van die Elwe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Koms van die Elwe - Arnold Lacock

    Die digter en die woudkind

    ‘n sprokie oor ware liefde

    EENDAG lank lank baie lank gelede was daar ‘n goeie man. ‘n Digter. Hy het in ‘n klein dorpie aan die voet van ‘n berg oorkant die see gebly. Die mense van die dorp het gehou van die man, want hy was altyd blymoedig, vriendelik en vol liefde. Wat die mense nie geweet het nie, is dat die man se vrou glad nie in liefde geglo het nie. Sy het ander dinge gekies om haar gelukkig te maak. Maar hoe meer die man vir haar aandra, hoe meer wou sy he.

    Op ‘n dag het ‘n linnesmous met die mooiste klere en materiale in die dorp aangekom. Die man se vrou was so beïndruk met al die mooi goed dat sy net daar besluit om haar goed te pak en saam met die smous te gaan.

    Die man was baie teleurgesteld en bedruk en het begin om lang ente met sy hartseer te gaan stap. Elke dag het hy verder en verder geloop. Een dag tot binne ‘n groot woud. Daar by ‘n helder stroompie sien hy toe ‘n pragtige vrou met lang donker hare. Sy was besig om ‘n beseerde bokkie te help. Toe sy na hom draai was daar blomme van die veld in haar hare. En met oë wat blink het sy vir hom die mooiste glimlag gegee.

    Hy het nader gestap en homself voorgestel en gou het hulle soos ou vriende gesels. Hierna het hy elke dag tot by die stroompie gestap. Hulle het mekaar se geselskap al meer geniet en agtergekom dat hulle al hoe meer daarna uitsien om bymekaar te wees.

    Spoedig het hy besef dat hy op die pragtige jong vrou met die groot blink oë en mooi glimlag verlief is. Ook sy was seker dat hy die ridder was waaroor sy al die jare gedroom het. Hulle dae was gevul met liefde en geluk en hulle was tevrede om net bymekaar te wees.

    Op ‘n dag toe die man op pad terug huistoe was, het hy ‘n ou vriend raakgeloop. Na hulle na mekaar se welstand verneem het, het die vriend hom gevra: En hoe gaan dit met jou vrou ou maat? Meteens het die man met ‘n skok besef dat hy nog steeds getroud was en dat hy so lief geraak het vir die jong vrou dat hy nooit daaraan gedink het om dit aan haar te verduidelik nie.

    Dieselfde middag het die jong vrou besluit dat sy graag wil sien waar haar geliefde bly en sy het vinnig agterna geloop. Toe sy hom inhaal was hy juis besig om sy vriend se vraag te beantwoord. Dit gaan seker goed met my vrou, het hy gesê.

    Die jong vrou het verslae geluister terwyl trane oor haar wange rol. Haar droom het opeens in ‘n aaklige leuen verander. Toe die man haar uiteindelik opmerk, het sy net omgedraai en snikkend weggehardloop.

    Die daaropvolgende dae het die man weer en weer na die stroompie gegaan, maar daar was niemand nie. Hy het hom hierna van die mense onttrek en elke dag alleen in sy huis gesit. Eensaam en mismoedig het hy sy dae met verdriet gevul. Die vrou wat hom die liefde gegee het waarna hy al die jare gesmag het, was nou vir hom verlore. Maande het verby gegaan, Die man is mettertyd van sy vrou geskei, maar hy kon nooit weer die jong vrou opspoor nie.

    Toe op ‘n dag sien hy haar weer. Hy was op pad na die dorpsmark toe hy haar by een van die stalletjies opmerk. Hy het nadergestap en sy hand op haar skouer gesit. Toe sy omdraai was die seer steeds vlak in haar oë. Tog kon sy die hunkering, na die man wat sy eens so innig lief gekry het, nie wegsteek nie. En hulle het geweet: Die band van hulle liefde was steeds onwrikbaar daar. Want ware liefde is ‘n baie spesiale geskenk van God - te diep gewortel om ooit te verdor.

    Daar was trane in sy oë toe hy haar hand vat en vir haar sê hoe jammer hy is. Dit was ook die oomblik dat die seer in haar hart finaal gesond geraak het en die blink na haar oë teruggekeer het. Hy het sy arms om haar gesit en haar styf teen hom vasgedruk. Die woudkind het mooi geglimlag. Sy was terug by haar digter.

    Woorde was hierna onnodig. Te veel tyd was reeds verspil. Hulle was net innig bly dat hulle mekaar uiteindelik weer kon vind. Sodat hulle van daardie dag af vir die res van hul lewens gelukkig in liefde bymekaar kon wees. Hulle is kort daarna in die klein klipkerkie buite die dorp getroud. En die mense

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1