WARE LIEFDE VERGEET NIE
SY SPRING uit die bakkie, draf vorentoe en stoot die plaashek oop asof sy nêrens anders as hier op die uitgestrekte vlaktes van Namibië hoort nie.
Die bakkie met haar geliefde man agter die stuur swiep verby, en sy glip weer langs hom in voor hulle met die grondpad aanry. Sowat 500 m verder hou hulle by ’n moderne plaashuis met groot glasdeure en ’n lang stoep stil.
Al het Mardaleen Derks destyds teen die plaaslewe geskop toe sy meer as 20 jaar gelede haar hart op ’n boer verloor het, is dié mooi, oop stukkie aarde vandag haar hartland, selfs al is die naaste dorp, Gobabis, meer as 100 km ver.
“Dis my gelukkige plek,” sê Mardaleen (44) en kry haar sit langs haar man, Hugo (47), op die stoep wat op ’n netjiese kuiertuin vol bome en ’n swembad uitkyk. ’n Entjie van die plaashuis af sien jy kameelperde, impalas en waterbokke wat hul dors by ’n waterkrip kom les.
Op ’n swart bord teen ’n muur in die kombuis het Mardaleen die gevoel wat sy hier ervaar, in wit kryt opgesom: “My wêreld begin waar die teerpad eindig.”
Want dis hier waar sy saam met Hugo kom nesskop het, en ’n tuiste vir hulle en hul dogter, Githe (14), en seun, Liam (12), geskep het.
“Dis vir my ongelooflik lekker om die plaashek oop te stoot en hier aan te kom. Ek ervaar dieselfde gevoel wat
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days