Die Ding tussen man en vrou
()
About this ebook
Kerneels Breytenbach
Kerneels Breytenbach is in Johannesburg gebore, was op Alberton op skool en het aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy was daarna joernalis by Beeld en Die Burger voordat hy uitgewer by Human & Rousseau geword het. Hy debuteer in 1992 met Morsdood van die honger, ’n bundel kortverhale, wat die CNA-prysvir debuutwerk gewen het; en volg dit in 1993 op met die roman Glimlag. Sy resepteboek Die lekkerste lekker het in 2005 verskyn. Na sy jare as uitgewer, ook as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers, is hy nou voltyds skrywer. Sy roman Piekniek by Hangklip het in 2011 verskyn en was op die kortlys vir die M-Netprys. Hy het ook gewerk aan die gepubliseerde romans van Deon Opperman se TV-reekse Hartland en Donkerland. Breytenbach woon op Bettysbaai.
Read more from Kerneels Breytenbach
Blou Maandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHartland Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekniek by Hangklip Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDonkerland Rating: 4 out of 5 stars4/5Ester Rating: 4 out of 5 stars4/5Hond se gedagte Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Die Ding tussen man en vrou
Related ebooks
Andries kom tot rus Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie lewe wat ek jou gegee het Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLang pad na vergifnis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBiegbrief en ander verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkemer oor Aasvoëlkop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie naamlose Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie skrywer Rating: 3 out of 5 stars3/5Die Kringloop van die Lewe Rating: 5 out of 5 stars5/5Sonligdroom Rating: 5 out of 5 stars5/5Swartskaap Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPapierblomme Rating: 5 out of 5 stars5/5Lindie Stander: Agter my glimlag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVader se Sondes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie skuiling Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEet reg: Bevry jouself en jou kinders van emosionele eet Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Wonder van die goddelike liefde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVan vrees na vrede: Hoe my ongeneeslike kanker my leer leef het Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMia: 'n Ma se storie van verlies en hoop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsToe-Val-Lig: Die beste stories van toeval uit Tjailatyd Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHoop in tye van nood Rating: 5 out of 5 stars5/5Oorkom jou vrees: Oordenkings oor hoe om vreesloos te leef Rating: 5 out of 5 stars5/5Isabella Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBloedwater Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Lewe voor God: 366 dagstukkies oor praktiese Christenwees Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsJesus ruik na mirre en stof Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Portier Rating: 3 out of 5 stars3/5Gedaantes en Geraamtes Omnibus 3 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOnverskrokke vroue: Uitdagings en oorwinnings vanaf Bybelse tye tot vandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSelma en Louise Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Tyd van die kombi's Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Die Ding tussen man en vrou
0 ratings0 reviews
Book preview
Die Ding tussen man en vrou - Kerneels Breytenbach
Die ding tussen man en vrou
Kerneels Breytenbach
Human & Rousseau
Jan sit saam met sy pelle en drink. Hy kla steen en been.
Elke keer dat hy ’n bietjie laat gekuier het, sê hy, dan takel sy geliefde vroutjie hom en slaan hom pimpel en pers. Hy is nou goed gatvol daarvoor.
Natuurlik het die manne baie raad. Dis twak man, Jan, jy moet dit stop! En daar is natuurlik net een manier: As jy nou vanaand weer ’n bietjie geswaai daar aankom en sy takel jou, dan gryp jy haar, sleep haar by die naaste kamer met ’n bed in en maak soos net jy kan. Gaan wild aan. Gaan tekere. Dat sy op die plek terugverlang na die Jan van jul jongdae. Doen dit dan nog ’n paar keer in die toekoms ook – jy sal sien dat sy later nie meer omgee dat jy laat inkom nie, sy sal vir jou lê en wag in daardie kamer.
Julle ken nie my vrou nie,
seg Jan, vasgevang tussen diepe nadenke en ’n bekoorlike moontlikheid.
Hy besluit tog dat hy gaan probeer.
Hy sorg dat hy die res van die aand ’n hele paar brannas en Coke inkry. Teen twaalf is hy die dapperste muis op die dorp.
Wanneer hy by sy huis inslinger, het hy nie eens nodig om die ligte aan te skakel nie. Hy is sommer op outomaties. Vlak in die ingangsportaal loop hy hom in sy vrou vas.
Sonder om ’n woord te sê, gryp hy haar en sleep haar in die spaarkamer in. Hy pluk haar nagklere van haar af, skeur sy eie klere van sy lyf en maak geïnspireerde liefde met haar, amper ’n uur aaneen, dat die berge antwoord gee.
Toe hy klaar is, gaan hy kombuis toe om ’n glasie melk te drink.
Hy sit die kombuislig aan en daar sit sy vrou by die tafel vir hom en gluur. Hy skrik hom omtrent in ’n nugterheid in.
Wat de hel doen jy hier?
vra hy, die lieftalligheid vanself. Sy vrou antwoord: Wat meer kon ek verwag het! Tipies Jan! Ek sê jou vanoggend my ma kom vir ons kuier, maar jy sal jou nie daaraan steur nie en kom steeds middernag dronk by die huis aan nadat jy die hele aand met daai pelle van jou gesit en suip het!
Jan syg langs die yskas op die vloer neer, en sê verdwaas: Maar dan is dit jou ma wat ek so pas …
Hy vertel sy vrou alles wat gebeur het.
Sy spring woedend op. Sleep hom aan die kraag spaarkamer toe.
Daar lê sy skoonma lekker met ’n sigaret in die mondhoek uitgestrek op die bed en glimlag asof sy pas die ware welgeluksaligheid ontdek het.
Ma! Kon Ma nie iets gesê het nie!
Haar ma trek ’n diep teug aan die sigaret, blaas die rook uit en sê: Hoeveel keer moet ek nog vir jou sê – ek praat nie met die vark nie!
Almal weet dat huiswerk ’n vrou se werk is. Daarom hang Catharina se mond oop toe sy een middag by die huis kom en vind dat die kinders gebad is, die wasmasjien aan die gang is met die tweede bondel wasgoed en dat die eerste bondel al klaar in die tuimeldroër is.
Aandete is besig om op die stoof te prut en die tafel is reeds gedek. Sy is absoluut verbaas!
Dit blyk dat Jaffie, haar man, ’n artikel gelees het wat sê dat vrouens wat voltyds werk en ook nog in die aand hulle huiswerk moet doen, té moeg is om seks te hê.
Die res van die aand het goed verloop.
Die volgende dag vertel sy haar vriende by die werk wat gebeur het.
Ons het gisteraand ’n baie lekker ete gehad. Jaffie het daarna selfs die kombuis skoongemaak en al die skottelgoed gewas. Hy het die kinders met hul huiswerk gehelp, al die wasgoed opgevou en weggepak. Ek het die aand werklik geniet.
En daarna?
wil een van haar vriendinne weet.
Nee, Jaffie het dadelik gaan slaap. Hy was te moeg vir enigiets anders.
’n Gesin sit een aand aan vir aandete. Tydens die ete vra die peuter van ’n seun vir sy pa: Pa, hoeveel soorte borste is daar by vrouens?
Die pa is nogal onkant betrap deur dié vraag, maar besluit om tog te antwoord.
Wel, my seun, ’n vrou gaan deur drie stadiums. In haar twintigs is ’n vrou se borste soos suurlemoentjies, rond en ferm.
Sy seun frons ’n bietjie, maar gou kry sy verbeelding die dinge bymekaar.
In haar dertigs en veertigs is hulle soos pere: steeds baie mooi, maar hulle hang so bietjie na onder.
Die seuntjie wil-wil glimlag, maar hy hou sy mond reguit en vermy oogkontak met sy ma en susters.
Sy pa gaan voort: En ná vyftig is hulle soos uie.
Uie?
vra die kind.
Ja, ’n mens sien hulle, maar hulle maak jou huil.
Uiteraard is sy vrou en dogters baie ontsteld hieroor. Die oudste dogter wil haar pa terugkry en vra haar ma: Ma, hoeveel soorte ietermagoggies het mans?
Die ma snap dadelik wat die dogter wil doen. Sy glimlag en antwoord:
Wel, my kind, ’n man gaan ook deur drie stadiums. In sy twintigs is sy ietermagoggies soos ’n eikeboom, magtig en hard. In sy dertigs en veertigs is dit ’n bietjie soos ’n wilgerboom: buigsaam maar tog betroubaar.
Die oudste dogter se tande is al sigbaar soos die glimlag begin deurbreek.
Maar in sy vyftigs is dit soos ’n Kersboom.
’n Kersboom?
Ja, dood van die wortels af op en die balletjies is net vir blote versiering.
’n Taamlik korpulente vrou in ’n kroeg wend haar tot die kroegvlieg langs haar en sê: As jy kan raai hoeveel ek weeg, kan jy vanaand saam met my bed toe gaan.
Die kroegvlieg kyk haar opsommend met een toegeknypte oog aan: Omtrent drie ton, jou vet, lelike mol.
Dis naby genoeg, jou gelukkige derduiwel.
Die Witwatersrand is die geografiese streek wat strek van Roodepoort en Randfontein in die weste tot by Springs aan die ooste. Tussenin is daar plekke soos Maraisburg, Mondeor, Johannesburg, Alberton, Germiston, Elsburg, Brakpan, Benoni, Boksburg, Kemptonpark en Nigel. Drie van die dorpe in die Witwatersrand staan bekend as die noord-suid- Axis of evil
– die tuiste van die meeste mullets in die suidelike halfrond. Hierdie dorpe is Kemptonpark, Boksburg en Nigel. Hulle noem dit sommer Boknaaipark.
’n Jong egpaartjie van Boknaaipark, Klaas en Sannie, was goed bevriend met ’n ander egpaar, Jors en Sue-Marié.
Een aand gaan eet hulle weer uit en tydens die ete vertel Sannie van hierdie wonderlike tydskrif wat sy die middag gelees het terwyl sy in die dokter se spreekkamer gesit en wag het. Dit was ’n tydskrif oor voetgesondheid en die lekker lewe. Die artikel, wat haar verbeelding aangegryp het gaan oor egpare wat hul maats omruil vir ’n aand van passievolle pret.
Jors en Sue-Marié het haar só beluister en Sue-Marié sê toe dadelik sy dink dit gaan baie lekker wees as hulle ook so iets kan doen.
Hulle besluit toe om die naweek daarop Badplaas toe te gaan om dit te gaan uitprobeer.
Die hele week het hulle hul met groot afwagting voorberei vir hierdie geleentheid. Die Vrydagmiddag spring hulle toe in die kar en jaag deur Badplaas toe, waar hulle onmiddellik in hul nuwe groeperings verdeel en die res van die dag in hul kamers deurbring.
Die volgende oggend lê Klaas in die bed en rook ’n sigaret. Hy strek hom luilekker uit en vra: Dink jy die ander twee het die aand se seks ook net so wonderlik gevind soos ek en jy, Jors?
’n Seuntjie vra vir sy ma: As binne-egtelike kinders deur die ooievaar gebring word, waar kom buite-egtelike kinders vandaan, Ma?
Rondlopervoëls!
Twee laerskoolonderwyseresse besluit om die graad 3’s, 4’s en 5’s ’n bietjie meer van die lewe te leer en hulle na die plaaslike wedrenbaan toe te neem sodat hulle kan sien hoe opreg geteelde perde lyk.
Nadat hulle ’n ruk by die baan vertoef het, word dit tyd vir die kinders om ook die kleedkamers te besoek. Die twee onderwyseresse besluit dat een saam met die dogtertjies sou gaan en die ander een saam met die seuntjies.
Die juffrou wat saam met die seuntjies is, wag buite die kleedkamer totdat een van die seuntjies uitgehardloop kom en vir haar sê dat nie een van hulle by die piepieplek kan bykom nie. Sy besef dat sy geen ander keuse het as om in te gaan en die seuntjies te help nie.
Sy het hulle daarop een vir een begin optel en vir hulle gewys hoe om die kol te tref.
Terwyl sy hulle so een vir een optel en help, kon sy nie help om te merk dat een van hulle besonder goed bedeeld is nie. Sy probeer maak asof dit niks is nie en sê heel nonchalant: Jy moet seker in graad 5 wees.
Nee, juffrou,
kom die antwoord, ek is die jokkie wat vanmiddag op Golden Arrow in die sewende wedren ry.
’n Baie ryk boer sterf en laat sy toegewyde vrou alles erf. Sy is ’n baie aantreklike vrou, effens hardkoppig, wat besluit het om die plaas te behou. Omdat sy baie min van boerdery af weet, besluit sy om ’n advertensie in die plaaslike koerant te plaas vir ’n plaasvoorman.
Twee mans doen aansoek vir die werk. Die een is gay en die ander een ’n alkoholis. Dit neem haar nie lank om te besluit wat sy moet doen nie. Sy besluit dadelik om die gay man te huur, aangesien dit nie ongemaklike oomblikke sal veroorsaak as hulle soms alleen in die huis is nie.
Sy kom gou agter dat sy die regte keuse gemaak het, omdat hy ’n baie harde werker is wat daagliks baie ure insit en boonop al die teoretiese kennis het vir boerdery.
Ná baie maande van harde werk, toe dit duidelik is dat die plaas goed op dreef is, sê die weduwee op ’n dag aan die voorman: Jy het werklik ’n goeie joppie gedoen en die plaas lyk fantasties. Jy moet ’n slag ingaan dorp toe en dinge ’n bietjie gaan geniet.
Die voorman stem saam. Hy sal die eerste die beste Saterdag dorp toe gaan. So gesê, so gedaan.
Teen eenuur die nag is hy nog nie terug nie. Twee-uur kom en gaan en hy is nog nie tuis nie. Omstreeks drie-uur kom hy terug. Toe hy by die voordeur instap, vind hy die weduwee by die kaggel met ’n glas wyn in die hand vir hom sit en wag. Sy wink hom nader.
Maak los my bloes en trek dit uit,
sê sy.
Hy maak so.
Trek nou my skoene uit.
Met bewende hande doen hy soos sy sê. Gehoorsaam.
Trek nou my sokkies uit.
Weer doen hy wat van hom verwag word.
Trek nou my romp uit.
Hy het stadig die knope losgemaak, terwyl hy haar oë in die lig van die kaggel sien skitter.
Haal nou my bra af.
Sy hande het gebewe terwyl hy doen wat sy hom aansê om te doen.
En nou,
sê sy met ’n glimlaggie, trek jy my tanga uit.
Terwyl hy die kaggel se flonkerende lig in haar hare sien dans, wag hy geduldig om te hoor wat nog van hom verwag word.
Die weduwee kyk hom diep in die oë en sê: As jy óóit weer my klere dra wanneer jy op ’n Saterdagaand gaan kattemaai in die dorp, steek ek jou op die plek in die pad.
’n Pa het by sy dogter se slaapkamer ingestap en ’n brief op die bed sien lê. Met ’n aaklige voorgevoel wat sy maag op ’n knop laat trek, het hy dit oopgemaak en begin lees:
Liewe Ma en Pa
Dis met groot hartseer en verdriet dat ek vir julle moet sê dat ek nou met my nuwe kêrel wegloop. Ek het ware liefde gevind en hy is ’n fantastiese ou.
Ek is veral versot op al die tatoeëermerke en die oog- en oorringetjies wat hy dra. En sy motorfiets is die heel grootste en vinnigste – ’n mens voel absoluut in die sewende hemel as jy daarop in die pad af jaag. Maar dis nie al nie. Ek is swanger en Ahmed sê dat ons baie gelukkig sal wees in sy nuwe karavaan in die karavaanpark. Hy wil nog baie kinders hê en dit is ook een van m´y drome.
Hy het vir my geleer dat dagga ’n mens glad nie so sleg tref soos alkohol nie en ons sal daarvan in ons tuin plant vir ons en ons vriende. Hulle is die mense wat ons voorsien van al die kokaïen en ecstacy wat ons ooit nodig sal hê.
Intussen sal ons bid dat die wetenskaplikes ’n middel teen VIGS ontwikkel sodat Ahmed ook ’n slaggie beter kan voel. Hy verdien dit werklik.
Moenie bekommerd wees oor geld nie. Ahmed het gereël dat ek kan optree in die rolprente wat hy en sy vriend Leroy in Leroy se kelder maak. Skynbaar kan ek tot vyfhonderd rand vir ’n toneel verdien. Ek kry ook ’n bonus van vyfhonderd rand as daar meer as drie mans in ’n toneel saam met my optree en ’n ekstra honderd rand as daar dalk ’n perd in die omtrek is.
Moenie bekommerd wees nie, Mammie. Ek is al vyftien, en ek weet hoe om na myself om te sien. Eendag sal ek by jou en Pappie kom kuier sodat julle jul kleinkinders kan ontmoet.
Jul liefhebbende dogter
Kay-Leigh
Ns. Pa, niks hiervan is waar nie. Ek kyk televisie by die bure. Ek wou net vir julle wys dat daar erger dinge in die lewe is as ’n dogter wat televisie kyk en laat inkom.
’n Towenaar werk op ’n groot passasierskip in die Karibiese See. Sy gehore verander weekliks en daarom kan die towenaar sonder groot probleme oor en oor dieselfde toorkunsies herhaal. Daar is net een probleem: die kaptein se wyfiepapegaai kyk elke week saam na al die vertonings en begin verstaan hoe die