Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Blou Maandag
Blou Maandag
Blou Maandag
Ebook210 pages2 hours

Blou Maandag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Wetenskaplike van Cardiff-Universiteit het 'n formule gevind om te bereken wanneer 'n blou Maandag mens gaan tref. Hy sê dit is die weer minus jou skuld, vermenigvuldig met die dae wat verby is sedert Kersfees, wat dan gedeel moet word die som van jou lae motiveringsvlakke en jou behoefte om aksie te neem. Daarvolgens was 25 Januarie vanjaar die amptelike, wetenskaplik bewese Blou Maandag. Die dag waarop mense regtig lelik depressief geraak het. Tafelberg-Uitgewers het 'n klompie interessante persoonlikhede gevra om lekker onderhoudend te vertel van hul ondervindings. Kom verkneukel jou in die ergste Blou Maandag wat al beleef is deur mense soos Elma Postma, Peter Veldsman, Toast Coetzer, Anton Goosen, Lien Botha, Ollie Viljoen, Kerneels Breytenbach en Schalk Joubert.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 1, 2011
ISBN9780624053903
Blou Maandag
Author

Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach is in Johannesburg gebore, was op Alberton op skool en het aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy was daarna joernalis by Beeld en Die Burger voordat hy uitgewer by Human & Rousseau geword het. Hy debuteer in 1992 met Morsdood van die honger, ’n bundel kortverhale, wat die CNA-prysvir debuutwerk gewen het; en volg dit in 1993 op met die roman Glimlag. Sy resepteboek Die lekkerste lekker het in 2005 verskyn. Na sy jare as uitgewer, ook as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers, is hy nou voltyds skrywer. Sy roman Piekniek by Hangklip het in 2011 verskyn en was op die kortlys vir die M-Netprys. Hy het ook gewerk aan die gepubliseerde romans van Deon Opperman se TV-reekse Hartland en Donkerland. Breytenbach woon op Bettysbaai.

Read more from Kerneels Breytenbach

Related to Blou Maandag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Blou Maandag

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Blou Maandag - Kerneels Breytenbach

    Terug hok toe

    Toast Coetzer

    Ek word wakker. Dis pikdonker en ek weet: Buite my warm bed is dit winter. Dis ’n gewerskaf in die kombuis wat my wakker gemaak het. Voetstappe, die houtstoof wat geroer word, gedempte stemme. Ek probeer weer aan die slaap raak, maar as jou hart eers vinniger begin klop het, het die dag begin.

    Dan kom die voetstappe in die gang af na my en my boetie se kamer. Die deur sukkel om oop te maak en ’n mens moet dit ’n stampie gee. Whoep – en hy’s oop. ’n Skrefie lig val die kamer binne. Dan, wanneer ek die ligskakelaar hoor, ontplof die hele kamer met lig.

    Toe-toe-toe, julle, opstaantyd. Dis al sesuur. Ons gaan laat wees. Dis nie waar nie. My ma jok altyd so ’n bietjie, net om ons aan die gang te kry. Dis seker nou kwart voor.

    Tog is daar geen ruimte vir onderhandeling nie, nog minder vir langer onder die komberse lê. In ons nagklere stap ons oor die koue vloere na die kombuis toe, waar die stoof die vertrek al begin warm maak. Met oë wat nog halftoe is van die slaap begin ons pajamas uittrek.

    Ons skoolklere hang oor die relings voor die stoof sodat dit kan warm word. Wanneer jy jou koue been in ’n warmgemaakte broekspyp steek, is dit asof jy getransformeer word. Die grys skoolbroek en wit langmouhemp word ’n welkome plek. Die uniform word jou vriend. Dis alles ’n set om ons lus te maak om skool toe te gaan.

    Ná ’n naweek op die plaas is g’n sewejarige lus om terug skool toe te gaan nie. Terug hok toe, noem my ma dit. Hoewel die koshuislewe glad nie so sleg is nie – jy speel albasters saam met jou maats en open the gates saam met die ouer kinders, én dan is daar nog Taakmag en Terroriste in die lemoenboord onder die koshuis – is die plaas eenvoudig lekkerder.

    Wat het ons die naweek gedoen? Ek en Wimpie het mekaar dalk met kluite gegooi Saterdagmiddag in die aartappelbedding terwyl Ma en Pa geslaap het. Die oggend is ons almal – kleinsus inkluis – dalk veld toe met die Cruiser. Rondehoek toe, of Oshoek toe. Om te kyk na klipmos, ’n mooi kiepersol, ribbokke wat wegraak tussen die besembos.

    Nou is die skoolklere aan, die Grasshoppers mooi vasgemaak en ons doop gou ’n paar beskuite in ons koffie voordat ons kou-kou in die kar klim. Die week se skoon wasgoed is klaar ingelaai, en ook die week se tuck.

    Tuck is ’n groot ding vir koshuiskinders. (Eers later, toe ek Engels leer praat het, het ek besef dis tuck en nie tak nie.) Jou tuck-blik het die week se snoepgoed gehou. Die tannie wat ’n ogie oor die kleintjies gehou het, het jou tuck-blik in die tuck-kamer toegesluit. As jou huiswerk klaar was, was dit tuck-tyd. Dan kon almal iets uit hulle tuck-blik haal om te eet. Die kuns was om jou tuck tot Vrydag te laat hou, wanneer jy weer huis toe kan gaan en Ma dit kan volmaak met biltong, droëvrugte en hawermoutkoekies.

    Maar Maandag se vol tuck-blik is ’n skamele troos. Net soos die warmgebakte skooldrag is dit ook omkoopgeld. Nou klap die kardeure toe terwyl die werf nog donker om ons lê. Die worshonde en Kaspaas, die labrador, kom groet met yskoue snoete en vriendelike sterte en dan ry ons oor die motorhek met ’n klinkklare poingeloing.

    Nou soek ons hase. Daar’s altyd ’n haas hier iewers. Die Werfhaas, noem ons hom. Die Werfhaas spring onder ’n bossie links van die pad uit en bons dan sonder plan in die Passat se ligte tot hy besluit om na regs uit te wyk, na die Strooiskampie toe. Die beste is wanneer die haas deur die draad spring – daarvan hou ons baie.

    My broer (of was dit Pa?) het die beste haasnaam uitgedink: Warmhek. Warmhek het ons een slag naby Altyd Somer gesien. Toe ons oor die motorhek ry, toe raak Warmhek só verbouereerd dat hy deur die hek spring. Só vinnig dat Wimpie geglo het die hek moet warm geword het.

    Net voor die Veekraal se hek ry ons om die draai waar daar in die somer ná goeie reëns ’n poel water staan. Dan noem ons dit Oom Jimmy se Poel, want oom Jimmy van die Baai het een slag vinnig daardeur gery sodat jy net sien water spat.

    Straatdrif, Lynhek, Opmekaardriffies, Romankrans, Nuwejaarkrans – dis nog te vroeg om die witkruisarende te sien sweef, maar ons kyk in elk geval op na waar ons weet hulle nes gebou is, hoog teen die Nuwejaarkrans.

    In die winter het die rivier nie veel water nie, en daarom is die meeste van die driffies waardeur ons ry – Kruger se Gat, Klipplaatdrif – droog. Verby Altyd Somer en Helderberg, dan af by Die Nekkies waar die dassies al begin son soek. Plek-plek lê die ryp nog – maar met die eerste sonstrale lig die veld sy karoobossies, doringbome en granate regop. Die koppies kry kranse, die rante aalwyne, en die pad se gruis en spore word die groewe van ’n langspeelplaat. Doer ver lê Cradock, onsigbaar omdat dit in die Visriviervallei lê, maar ons ken die berge rondom die dorp. Selfs Spekboomberg, anderkant die dorp, is sigbaar. Dit lyk soos ’n piramide waarvan iemand die boonste stene gesteel het.

    Ons hou die telefoonpale dop, want ons kyk voëls. Ons soek pietvalke. Pietvalke is bleeksingvalke, maar ons noem hulle pietvalke. Ons doen enigiets om nie aan skool te dink nie. Nou-nou moet ons in rye staan, saal toe gaan, die skoollied sing. Wimpie is al in die regte laerskool, maar ek’s nog in sub B, in die Voorbereidingskool. Ons leuse is My Beste / My Best, en op die skoolwapen is drie bye.

    Ek voel nie vanoggend soos ’n wakker, lustige bytjie nie. Ek wens ek was ’n dassie, of ’n muishond of ’n skilpad. Skoolpad het Fezile ’n skilpad genoem, maar ek was nie seker of hy dít bedoel het en of hy gepraat het van die pad wat skool toe loop nie. Want nou’s ons op die skoolpad, daaraan is geen twyfel nie.

    Ons soek ook koedoes, want koedoes was destyds nog skaars in ons geweste. Al langs die Tarkarivier loop die pad nou, verby Lombardy, verby die padwerkers se uitspanning, verby oom P.J. se plaas. Om die draai, en dan blink Lake Arthur na links. Dis ’n dam, nie ’n meer nie. As kind het dit my erg gefrustreer, want ek het geweet wat is ’n meer en wat is ’n dam. In Noord-Amerika kry jy net mere – dit het ek in die Waltons gesien.

    Net verby oom Jean se plaas draai ons op die teerpad. Daar is nou niks meer te doen nie; ons lot is verseël. Die wiele op die teer sê: terug hok toe, terug hok toe. Die teerpad sleep ons vinnig in, dis asof ons visse is, vas aan die hoek, en die katrol sing saam met die wiele.

    Regs van ons staan Bobbejaankop, maar daar is nou minder mooi dinge om te sien. Die pad maak reguit en die kar fluit oor die bulte.

    Dan is die dorp voor ons, Michausdal aan die linkerkant. By die T-aansluiting draai ons regs. Soms, wanneer daar onluste in Lingelihle is, kan ons nie hier ry nie. Vanoggend staan daar twee geel Casspirs op die koppie wat uitkyk oor Lingelihle.

    Ons is te klein om te weet van politiek, maar ons weet van halsbandmoorde en kleefmyne, ook wat die verskil is tussen ’n Casspir en ’n Buffel en ’n Ratel. Ons lees Grensvegter en kyk die nuus.

    Die boltoppe van die gesnoeide dennebome du ons skoolwaarts deur die strate. Dis net ná sewe en ons moet gou ons kleretasse by die koshuis aflaai voordat Ma my by die skool gaan aflaai. Wimpie stap sommer, want die laerskool is reg langs die koshuis, maar ek is een blok verder.

    Die knop op my maag sit nou daar soos ’n plastiekspeelding. Dis Maandag. Vyf dae voor ons weer kan kleilatgooi, huisbou in die populierbos of sommer net in die sonkamer sit en legkaartbou as dit triestig is buite.

    Ek sien my vriende: Frans de Klerk, Adriaan Ferreira, Lieb Opperman, Izak Grobbelaar, die Cilliers-tweeling en Douglas Duthie. Douglas se ma pak altyd die lekkerste tuck in. Ja, hy kry sommer groot pakke tjips.

    Teen Woensdag gaan ons almal by Douglas ’n bietjie NikNaks bedel.

    Bloumaandag star.jpg

    As die turksvybos lemoene dra

    Douwleen Bredenhann

    Sommige mense sê groot oom Obel Groenewald is op daardie Maandagmôre in 1984 na sy dood gedryf deur iemand wat besimpeld in die kop was. Ander sê weer dit was niemand se skuld nie; die blou Maandag was die omstandigheidsondebok en dinge het eintlik maar ten goede uitgewerk so met die twee ou flames wat op dieselfde dag oorlede is. Ná al die jare praat en wonder die mense in die Karoo steeds daaroor, want oom Obel was ’n vername man – en daar loop stories dik en word duisende kere oorvertel. Of daar ’n einde sal kom aan die gewiefer-of-waffer weet ek nie, maar ek is al moeg gehoop en bid vir ’n Maandagoggend waarin oom Obel tog net ’n slag van my sal vergeet.

    Almal ken die oom se geskiedenis. Hy was een van daardie mense wat by sy geboorte ’n goue lepel van een of ander koningin ontvang het – en daarmee saam ook ’n edik wat bepaal dat hy niks verkeerds kan doen nie, en dat dit in orde sou wees as mense sy lewe lank met mekaar sou wedywer om sy guns. Dis wat gebeur as jy ná vyf dogters, waarvan die jongste al sewe jaar oud is, as die eerste en enigste seun van skatryk ouers gebore word en dan boonop soos ’n rolprentster lyk. (Wel, dis wat my ouma en die ander mense van sy portuurgroep oor sy voorkoms te vertelle gehad het.)

    Die dag toe Die Erfgenaam die lewenslig sien, het die son so half oor sy susters ondergegaan, want van toe af was dit Obeltjie voor en Obeltjie agter en die sussies moes spring om na die nuwe godjie se pype te dans. Hulle moes vir hom melk ingooi, koekies aandra, met hom speel, keer dat albasters in sy heilige bekkie beland en hom Sondae om die beurt buite die kerkgebou vermaak. Toe die kêrels ’n paar jaar later by sy sussies begin kuier, was hy alte handig as ’n weerligafleiertjie vir die vryersblitse. Sy pa het hom glo vertel die aankloppers met die leepoë het spesiaal vir hom wat Obeltjie is, kom kuier – en die mannetjie het elke nuwe vriend behoorlik opgeëis.

    In sy hoërskooljare is goedig gefluister dat Obel so bedrewe met die meisies was omdat hy sy susters en hulle kêrels so goed afgeloer het. Met soveel eersteklas voorbeelde onder sy neus kon dit seker nie anders nie. Ek was geskok toe ek kort voor my troue moes hoor my eie ouma was ook een van die bakvis-astertjies wie se rakleeftyd hy laat verval en toe eenkant toe gestoot het. Liewe hemel, my statige ouma wat die toonbeeld van ordentlikheid, selfs ’n mate van verstoktheid, was!

    Dit het my aan die wonder gesit oor Ouma en laat onthou van die stertkant van ’n gesprek wat my antennas op ’n keer in die haarsalon opgevang het. Ek het sestien geword, en Ma het gesê ek kan my hare laat was en opvat vir my eerste aandpartytjie. Tannie Mona en die haarkapster het geskinder oor ’n matriekmeisie wat in die tweede kwartaal uit die skool uit is om op ’n ander dorp te gaan werk. Glo om haar familie te help wat swaarkry. Die haarkapster het gesê sy verstaan nie hoe van ’n sewentienjarige meisie verwag kan word om haar toekoms weg te gooi ter wille van haar familie nie.

    Nou hoe’s jy dan nou vandag so stupid; sy’t mos klaar haar toekoms weggegooi, het tannie Mona gesê en die haarkapster aangekyk asof sy swaksinnig is. Jy weet tog op hierdie dorp verdwyn meisies net om een rede soos ’n groot speld – wanneer hulle deur iets anders gesteek is as ’n speld … Die haarkapster wou nog iets terugsê, toe is tannie Mona al by punt nommer twee. Jare lank al gaan dit mos so, uit die voorgeslagte uit. Selfs ou Girlie Viljoen het dit met Obel oorgekom.

    Ek dag my kop brand net daar vas aan die staanhaardroër, want Girlie Viljoen was my ouma.

    Die haarkapster het aan tannie Mona gestamp en hulle het al twee omgedraai en my aangekyk asof die saloneienares ’n melaatse ingelaat het wat al die toerusting in die plek kon besmet. Toe druk ek my kop só diep onder die helwarm droër in dat die bokant van my ore blase brand en die hele plek stink na hare wat skroei.

    My ouma en oom Obel? Ek het geweier om dit te glo, want sy het goeie smaak gehad, met alles, en vandat ek kan onthou, het oom Obel vir my soos ’n vetgevoerde varkbeer gelyk. Ek kon nooit verstaan waarom daar dan niks van die befaamde aantreklikheid van sy jong dae oorgebly het nie. Ek het gedink die mense lieg sommer omdat hy so ryk is en hulle om die een of ander rede in sy goeie boekies wil wees. My verbeelding het bly vassteek by beelde van hoe sy vrou en bediendes hom vol kos stop en hy as die kampioen-lemoeneter van die kontrei een lemoen ná die ander deur sy keelgat ryg terwyl die sap teen sy kenne afloop en sy hemp geel vlek. Vir my was dit ondenkbaar dat my ouma eens op ’n tyd sou toelaat dat dié man met die rooigeswelde kuite sy bene teen haar jongmeisiebene aanskuur, wat nog te sê van erger dinge met haar aanvang! Was my suster dan tog reg dat die skoongesig-breker op die foto onder Ouma se onderklere, die een met die wave in sy kuif, oom Obel is?

    Ouma Girlie is ’n maand voor my troue oorlede, toe griep in haar longe ingetrek het. Ek was die Sondagoggend nog betyds om met haar te praat, maar was so geskok deur wat sy my vertel het

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1