Danie Marais is op 30 Mei 1971 in Kimberley gebore. In 1993 behaal hy ’n B.Com-graad met regsvakke aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy studeer onderwys aan die Carl von Ossie...view moreDanie Marais is op 30 Mei 1971 in Kimberley gebore. In 1993 behaal hy ’n B.Com-graad met regsvakke aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy studeer onderwys aan die Carl von Ossietzky Universität in Oldenburg, Duitsland. Sy eerste digbundel, In die buitenste ruimte (2006), word met die Eugène Marais-, Ingrid Jonker-, en UJ-debuutprys bekroon. Vir sy tweede bundel ontvang hy die SALA-poësieprys. Hy het in 2012 die Media24 Legends-toekenning vir Leefstyljoernalis van die Jaar gekry en was in 2013 die naaswenner in dié kategorie.view less