Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ester
Ester
Ester
Ebook359 pages7 hours

Ester

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ’n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wêreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ’n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie . . .
LanguageAfrikaans
Release dateOct 21, 2014
ISBN9780798167963
Ester
Author

Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach is in Johannesburg gebore, was op Alberton op skool en het aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy was daarna joernalis by Beeld en Die Burger voordat hy uitgewer by Human & Rousseau geword het. Hy debuteer in 1992 met Morsdood van die honger, ’n bundel kortverhale, wat die CNA-prysvir debuutwerk gewen het; en volg dit in 1993 op met die roman Glimlag. Sy resepteboek Die lekkerste lekker het in 2005 verskyn. Na sy jare as uitgewer, ook as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers, is hy nou voltyds skrywer. Sy roman Piekniek by Hangklip het in 2011 verskyn en was op die kortlys vir die M-Netprys. Hy het ook gewerk aan die gepubliseerde romans van Deon Opperman se TV-reekse Hartland en Donkerland. Breytenbach woon op Bettysbaai.

Read more from Kerneels Breytenbach

Related to Ester

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ester

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ester - Kerneels Breytenbach

    Vir Queenie

    1

    ’n Sug, ’n blik, ’n hand wat uitreik en help. In die stilte van die oomblik is haar blik al wat tel – oë wat mekaar vind en hou.

    Ongeag wat ek later mag sê, is dít waar die verhaal begin.

    Daar, op Windhoek se stasie.

    Dit is Saterdag 1 Junie 1946. Alle oë is noordwaarts gerig, want om twaalf minute oor twaalfuur sal die trein van Walvisbaai, oor Swakopmund en Usakos, die stasie binnestoom. Rigting Kaapstad.

    Ek sien hoe die perron die trein tegemoetkom.

    Die dreuning van die bewegende trein, die geblaas van ontsnappende stoom, die klank van staal op staal soos die waens wiel vir wiel hul deel doen om die momentum te tem. Vir eers kom alles tot stilstand op die stasie se skoon perron, met die wye blou hemel en winterson as getuies van die verlies aan beweging en die vredigheid van daardie oomblik. Stasiepolisie onbeweeglik. Sandbakke vir sigarette op hul plek. Vuilisdromme en bankies waar mense kan sit, maar niemand veroorloof hulle nóú so ’n luukse nie. In die strate rondom die stasie is daar ’n geskarrel, maar dis nie genoeg om enigiemand te oortuig dat vandag anders sal wees as ander Saterdae nie. Prentjiemooi sekerlik, maar net vir hulle wat siende blind is. Sodra die trein voortgaan op sy tog, sal alles terugkeer na die naweekgevoel, lomerige luimigheid en die sekerheid dat die nag sy nuwe koue sal saambring.

    Vir die volgende agttien minute behoort die stasie aan adjudant-offisier Dieter Bergman en die Suid-Afrikaanse Polisie. Ingevolge ’n opdrag uit Pretoria, die vorige naweek ontvang. Sondag laataand, ’n hooflynoproep na die polisiekantoor op Piet Retief. ’n Ongewone oproep, soos die sentrale sou kon beaam. Die gesprek verrassend dog nie só sensitief dat dit nie herhaal kon word nie. Die beller was vol belangrikheid. Sy versoek was opdragte, sy rang die seël.

    Al wat die beller behoort te verbaas het, vernaam soos hy is, was dat Bergman nie self verbaas geklink het nie toe hy daar in Piet Retief se polisiekantoor eers sy pet met die foon se bakelietgehoorstuk effens weg van sy oor gedruk voordat hy begin praat het.

    Vir die duur van die oorlog het die AO hom in daardie Suidoos-Transvaalse uithoekie van die Unie bevind, besig om die pas in sy loopbaan te markeer, en dit net omdat hy so ’n Duitse agtergrond het. Sy bevordering, onverwags, het net vóór die oorlogsjare gekom. Die verlangsaming van verdere bevordering het vir hom begin met die Duitse suksesse in Europa. Hy het geen plesier daaraan nie om Duits te wees in ’n tyd waarin die stank van die era soos ’n kleed gedra word deur alle Duitssprekendes. Maar hy verduur dit, ter ere van sy moeder. Hy het selfs berusting gevind in die genetiese dwarsklap wat die lewe hom gegee het.

    Tye verander, gebruike nie. Soos dit vandag is, só was dit toe. Luister na ’n ou juris, wat weet.

    Iewers in Pretoria, dít sal Dieter Bergman besef, is ’n legger met sy naam daarop. ’n Assessering van sy bekwaamhede en tekortkominge, veral laasgenoemde. ’n Legger wat die afgelope week sekerlik voos gelees is deur die uitgelesenes met die hoogste range. Gebrom onder lang bolippe. Watse naam is dit dié? Duits? Geen aanduidings dat hy ’n Malanman is nie, nè? Toppolisieman. Ja, maar is sy hart op die regte plek? Nou, deur die grasie van húlle wat oor geregsdienaars se lot beskik, is hy opgeroep tot hoër diens, in opdrag van ’n Gekose Komitee van die Volksraad van die Unie van Suid-Afrika, om ’n oorlogtydse Duitse spioen van Windhoek na die Moederstad te begelei. Hy is die mees senior polisieman wat Duits volkome magtig is, en sy taak is nie alleen om dié Duitse spioen geselskap te hou nie, maar ook veilig. Te sorg dat niemand onbehoorlike geselsies aanknoop nie; die Duitsers is bekend vir hul vernuf met kodetaal.

    En hý wat in sy relatiewe eensaamheid op Piet Retief gedink het die oorlog is verby, Hitler en sy magte is verpletter, bevind hom skielik die bewaker van een van die laaste reste van die Duitse spioenasiediens, van die Noorde tot onder in die Kaap. Oorsiener oor een van die weinig flonkerende sterre wat oorbly van die Führer se verskote hemeltrans.

    Die winterson het net ’n uur of wat gelede finaal die greep van die nag se koue op die hoofstad van Suidwes-Afrika gebreek, maar AO Bergman merk hoe die sweet reeds van die portier se gesig tap. Sy eie uniform voel vir hom knap, beklemmend – maar dan, hy het goeie rede. Hy het ná ontbyt nog geen kans gehad om behoorlik stil te sit nie.

    Die brigadier sal baie tevrede wees.

    Die beller.

    Jy sal weet wat aan die gang is, Bergman. Die brigadier se stem, aanvanklik effens wollerig, het skielik skerp deurgekom met die hooflynoproep, sodat Bergman geen verwarring gehad het met die brigadier se Engels nie. Maar dis onnodig dat die hele trein daarvan hoef te weet. Wil nie hê almal moet kom staar na die Duitse spioen nie, wil ons? Net die trein se personeel hoef te weet van Hitler se laat-bloeiende blommetjie. En jy. En jou konstabels.

    Konstabels? het AO Bergman gevra. Gaan ek hulle nodig hê?

    Ons sal vir jou twee in Pretoria gee wanneer jy hier aankom op pad na Windhoek.

    Was dit ’n effense ergernis wat die Piet Retiefer in die brigadier se stem gehoor het? Die AO het vroeg in sy loopbaan al geleer dat mense met hoër range nie altyd gediend is om vrae van hul minderes te beantwoord nie. Ligloop. Die brigadier vra die vrae.

    Wanneer verwag u my, Brigadier?

    AO Bergman moes die bakeliettelefoon teen sy oor vasdruk, yskoud in die bitter winteraand, die polisiekantoor van Piet Retief so sonder enige verhitting en die windjie van Swaziland se gebergtes se kant wat die kwik onder vriespunt druk, aanvoelbaar. Hy het met ’n halfverkluimde hand begin aantekeninge maak. Dae, tye, treinskedules. Niks het die brigadier se oog ontgaan nie. Die AO was verbyster oor alles wat die brigadier vanuit Pretoria voorsien het. Alles presies en stip.

    Ná die oproep het hy instruksies vir die stasie se personeel gelaat en huis toe gegaan, om sy goed te gaan pak en gereed te kry vir die volgende dag se rit Pretoria toe, sonder om ’n woord teenoor enigiemand te rep oor sy opdrag. Streng volgens instruksies.

    Brigadier Thomas Butler is so Engels as wat kan kom. Vanweë sy rang lank nie meer in sy natuurlike habitat Johannesburg met die Rand Club as sentrum nie, maar ’n bekeerde Pretorianer en so gelukkig in sy koloniale herehuis in Arcadia as ’n otjie in slymgrond.

    Toe AO Bergman die brigadier die volgende dag van aangesig tot aangesig ontmoet, was daar twee konstabels by hom in die kantoor, penregop langs die kapstok. ’n Meubelstuk vir jasse en sambrele, volgens uniale reglement deel van senior offisiere se ameublement, maar in Pretoria gans oorbodig. Dit het by Bergman opgekom dat die konstabels só perfek geplaas is in die binne-ontwerp van die kamer dat hulle as noodsaaklike lewende huisraad beskou kon word.

    Laat daar nie van AO Bergman gesê word dat hy ongemaklik was in die geselskap van die brigadier nie, in elk geval nie soveel so dat hy dit gewys het nie. Die AO is al lank genoeg in sy amp om gewoond te wees aan die koloniale bombasme van sommige van die SAP se senior offisiere, maar hy het hom nog nooit as Smutsman áán hul kant of as Malanman téén hulle geplaas nie, nee, Bergman het die wysheid van een wat dinge hul gang laat gaan tot dit nodig is vir hom om in te gryp, het hy nie? Hy het Butler se breë bors en fier houding raakgesien, nes hy die brigadier se volmaak gevormde snorretjie en skoongeskeerde wange opgemerk het, tot en met die fyn lyntjie van ’n skeerwond naby sy linkeroor, gemaskeer deur die ewe fyn lyn van ’n Styptic-pennetjie. Brigadier Butler het twee ylblou oë soos Röntgenstrale ingespan om tot diep in Bergman se gedagtes te soek terwyl hy hom ingelig het dat hulle hulself bevind in die geselskap van konstabels Fitzsimmons en Bentley, albei van die Rand, en albei Duits magtig op standerd 6-vlak. Bentley, moet ek my haas om by te voeg, is ’n Afrikaanse Bentley, wat sekerlik ’n getuigskrif is van ons nasiebou sedert Uniewording.

    Die brigadier het gelag vir sy eie wysheid.

    En Bergman, hy wat vir die duur van die oorlog sy plek so goed geken het op Piet Retief, die vlieëniers van Sy Majesteit se Koninklike Lugmag by die lugmag-opleidingsentrum daar naby uit die moeilikheid gehelp het wanneer hulle die boere se dogters en diensmeisies van die omgewing met Britse saad verryk het, hy wat oënskynlik self bestem is vir oujongkêrelskap, hý het nie geweet of die brigadier ’n grappie maak of nie. Hy het ’n glimlag gewaag en in die rigting van die twee konstabels gekyk, albei steeds staande sedert hy die kamer binnegetree en hy hulle met die SAP-saluut gegroet het. Fitzsimmons en Bentley het nie geglimlag nie, vir hulle was dit ’n feit soos ’n koei.

    Laat ek die groter prentjie vir julle skilder, het die brigadier van agter sy lessenaar begin. Die oorlog teen Duitsland en Italië is gewonne, deklameer hy in Engels teenoor sy drie staande toehoorders, maar nog nie in alle opsigte verby nie. Op 7 Mei, ’n paar weke gelede, nè, het ons agbare Minister van Justisie, sy edele meneer Harry Lawrence, wat ek sekerlik nie aan julle hoef bekend te stel nie, in die Volksraad van die Unie van Suid-Afrika tydens ’n verbale onderonsie met doktor D.F. Malan dit laat val dat doktor Malan tydens die oorlog kontak gemaak het met ’n Duitse spioen, ’n sekere mevrou Denk. Doktor Malan het geskok gereageer op ons agbare Minister van Justisie se woorde. Sigbaar verbleek! Dis hoe die koerante dit gestel het. Fisieke ongemak verduur terwyl hy vanuit die regeringsbanke getreiter is. Julle het sekerlik gelees hiervan …

    Sy luisteraars knik onseker, nie bereid om hom oor beuselagtighede teleur te stel nie. ’n Duitse spioen? En wat sal ’n Duitse spioen nou met ’n Nat uit te waaie wil hê? Maar die geslepe ou strydros agter die lessenaar sien alles raak, merk die huiwering op en die vertes waarheen hul oë skielik gesamentlik mik, wat vir hom bevestig dat hulle dalk van so iets gehoor het, maar dat hulle waarskynlik nie getroue koerantlesers is nie. Hulle pas só knap in by sy strategie. Bergman het nie filosowe en denkers nodig om hom by te staan nie.

    Natuurlik weet ons hoekom doktor Malan verstar het daar waar hy op sy leerbank gesit het. Ons weet ook hoekom sy kornuit Paul Sauer gehaas het om hom te onderskraag! Die brigadier geniet sy relaas dermate dat hy so met die praat ’n sproeireën fyn speeksel oor die tafel stuur. Die Vrystater Henning Klopper het nog gedink hy karnuffel vir Lawrence oor interneringskampe, toe werp ons minister die tere saak in die Nasionale Party se midde. ‘Vra die agbare lid vir Piketberg wat tydens die oorlog gebeur het,’ sê hy. Dikke Dail Malan maak eers of hy niks weet nie. Toe sê die minister: ‘Vra vir Malan oor ’n mevrou Denk.’ Terwyl die lid vir Piketberg kriewel en die floutes wil kry, skree agterbankers aan regeringskant dat die minister moet uitkom met die volle waarheid. Hy moet ophou dinge insinueer. En daar, in dieselfde parlement waar generaal Louis Botha die Unie se eerste volksgesante byeengebring het, onthul minister Lawrence dat die sonder twyfel agbare lid vir Piketberg op 16 Januarie 1940 kontak gehad het met die Duitse spioen mevrou Denk. En hy onthul aan die Volksraad, en natuurlik die ganse Suid-Afrika, hoe die Geallieerde Magte ná die Duitse kapitulasie tussen die dokumente van Von Ribbentrop se Departement van Buitelandse Sake afgekom het op ’n verslag oor die ontmoeting tussen die onbesproke lid vir Piketberg en mevrou Denk, ’n verslag wat via ’n persoon genaamd Karlowa aan die Duitse opperbevel gestuur is.

    Die brigadier maak gewag van ’n dramatiese verposing.

    Konstabels Fitzsimmons en Bentley versit onderskeidelik hul gewig van die een voet na ’n ander, knak en sluit die knieë in opgewonde antisipasie van nuus wat hulle dalk veronderstél is om te ken, maar wat, die waarheid mag nie hier uitgesluit word nie, grotendeels aan hulle onbekend is.

    Net AO Bergman, ’n soekende siel, weet presies waarheen die brigadier op pad is en wat die uiteinde van sy hoogs idiosinkratiese verslag sal wees. Op sy weg sal dit later ook lê om aan die twee konstabels te verduidelik presies wie Von Ribbentrop is, waar Piketberg op die landkaart gevind kan word – kortom, wat gaan vir wat en hoekom.

    Is dit nie ’n fraaie nom de guerre nie? Karlowa! Brigadier Butler is nie naastenby korpulent nie, maar te oordeel na die galming van die lagbui waarmee hy sy trits luisteraars nou tot hilariteit aanvuur, huisves sy skraal figuur tog ’n volumineuse buik. Dit alles vanuit die sittende posisie, moenie ’n fout maak nie. Wie is Karlowa? Wie gaan vir ons die raaisel opklaar van wat die tere woorde was wat mevrou Denk in die agbare lid vir Piketberg se ore geprewel het? Wat was hierdie man van God se opregte antwoord toe sy hom vertel hoe Duitsland die suiderpunt van Afrika sou herverdeel ná sy triomfantelike oorwinning oor die Geallieerde Magte? En toe sy hom die wens van haar Nazi-meesters oordra dat doktor Malan en generaal Hertzog moet opstaan en die Unie se neutraliteit in die oorlog moet bepleit, wat was sy verlossende antwoord? Die listige woorde van die skone spioen – is dit inderdaad sý wat Hertzog enkele dae ná haar besoek aan Malan in die Volksraad laat opstaan het om ’n vredesmosie voor die agbare lede van die Volksraad in te dien? Of was dit doktor Malan wat hom dit laat doen het, in opdrag van die fraaie Duitse besoeker? O, dit was ’n joligheid! J.G. Strijdom het die man van God probeer beskerm. Eric Louw het, soos hy gewend was, in die karakters van almal ingeklim en ons geliefde minister sy humeur laat verloor. Selfs Arthur Barlow en kolonel Stallard het ernstige kritiek op ons minister se hantering van die inligting uitgespreek. Die engele van God het hulle om die man met die kale paat geskaar. Daar was peper op die vloer, mosterd in die agbare volksraadslede se stemme, en suurlemoen in hul oë, aldus die koerante …

    Dan, onverwags, is dit grappies op ’n stokkie vir die brigadier. Hy maak sy keel skoon met ’n doelgerigte roggel, kom regop en kyk sy gehoor een vir een in die oë.

    Kolonel Stallard het gesinspeel op ’n kommissie van ondersoek. En soos julle weet, het waarnemende eerste minister Hofmeyr die volgende dag kennis gegee van die aanstel van ’n Gekose Komitee oor Duitse Buitelandsesake-dokumente. Onder voorsitterskap van meneer A.E. Trollip van die Verenigde Party. Die regerende party het twee ander verteenwoordigers op die komitee, synde J.C. Faure en P.V. Pocock. Die Arbeidersparty het meneer J. Christie bygedra, en die Nasionaliste drie, te wete A.J. Stals, T.E. Dönges en G.P. Steyn.

    Die brigadier se gedagtes begin dwaal terwyl hy die name aftel. Hoe moet hy dit vir die troepe uitspel? Hoe direk kan hy wees? Hy versink die grootste deel van ’n minuut in stilte, onmenslik lank volgens sy eie standaarde van duidelike en aanhoudende selfbetuiging. Dan gaan hy voort, sy besluit geneem: Waaroor gaan dit hier? As julle vir my sê dit gaan net oor verraad, sal ek lag! Hy gee hulle weer die volle lading van sy ondersoekende blik. Dit gaan oor hoogverraad ten tye van oorlog! Hoogverraad! As Malan skuldig is daaraan, sal hy deur sy portuurs in die Volksraad verhoor word. Niks van hierdie gemors in die howe voor regters wat sit en slaap nie. Nee. In die oë van die volk sal hy ondervra word, en indien skuldig bevind, ter dood veroordeel word.

    AO Bergman ken die landswette. Hy het verwag dat die gevolge ernstig sou wees vir Malan. Maar konstabels Fitzsimons en Bentley? O, geniet hulle dit nie! Té lekker. Hulle is meegevoer deur die brigadier se opregte passie, sy ooglopende gebrek aan twyfel oor wat die eindpunt van hierdie stukkie landsgeskiedenis gaan wees, sy onfeilbare insig in die situasie, al is hul begrip daarvoor tans armoedig en net wat ’n mens van hulle sou kon verwag.

    Jou taak, adjudant-offisier Bergman, is om mevrou Denk te gaan haal op Mecklenburg, die Denk-familieplaas noordoos van Windhoek, en haar per trein van Windhoek na Kaapstad te bring. Sy sal aanstaande Dinsdag 4 Junie voor die Gekose Komitee verskyn om te getuig oor die inhoud van die verslag wat sy aan Karlowa gestuur het. Konstabels, julle sal AO Bergman bystaan, en hom help om te sorg dat mevrou Denk veilig in Kaapstad aankom, en dat niemand met haar kommunikeer sonder dat julle teenwoordig is nie. Julle sal alles wat sy met buitestanders praat, neerskryf vir toekomstige verwysing. Verkieslik mag niemand met haar kontak maak nie.

    Die brigadier kyk af na die teekoppie voor hom. Een spesiale reëling geld, sê hy. Die Duitsers van Suidwes, hulle is nog nie heeltemal te vertrou nie. Dis ’n delikate saak. Daarom gaan ons die onmoontlike probeer vermag – met een drywer en stoker van Windhoek tot De Aar vorder. Die geluk is aan ons kant. ’n Onmenslik sterke stoker is volgens die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens se rotasiestelsel aan diens. Dit sal jou taak wees, adjudant-offisier Bergman, om ’n besorgde oog oor hom en sy drywer te hou. As jy by enige van die stasies merk hulle gaan dit nie kan volhou nie, mag jy die stasiemeester vra om te telegrafeer vir aflossers by die volgende stasie. Hy hou Bergman se blik, ongemaklik lank sonder om verder te praat. Verkieslik nie. Ons wil nie hê enige Nazi-meelopers moet in hierdie stadium ons sending saboteer nie, wil ons?

    Soos dit ’n man van sy onbetwisbare integriteit betaam, verduidelik hy aan hulle dat mevrou Denk nie ’n gevangene is nie. Sy is ’n gas van die Staat, uitgenooi deur die Gekose Komitee.

    Julle is almal bekend met die ordonnansies rakende die vervoer van prisoniers. Ons sal alle stasiebevelvoerders onderweg, soos voorgeskryf, per telegram inlig oor die spesiale gas op die trein, maar ons sal na haar verwys as ’n genooide persoon, nié ’n gevangene nie. Julle ken Gresham se Wet. Eenvoudig gestel: Daar is meer pennies as ponde in omloop. Maar nie hier nie. Nee. Nie pennieplesier vir ons gas nie. Vir haar is dit pondepret. Sy sal nie in ’n tweedeklaskompartement toegesluit word nie. Sy ry eerste klas. Julle ook. Geniet dit terwyl jule kan. Dis ’n spesiale geval dié. Hoogverraad is nie elke dag se storie nie. Mevrou Denk word nooit geboei nie. Daar sal nie voortdurend ’n wag voor haar deur wees nie. Maar jul wa is die laaste voor die bagasiewa, en julle sal jul kompartemente só kies dat niemand by julle kan verby sonder dat julle dit weet nie. Die heel laaste toilet in die trein word vir haar uitsluitende gebruik gereserveer. Wanneer sy nie daarbinne is nie, sluit AO Bergman dit en hou die sleutel by hom.

    Die brigadier wend hom weer tot ’n verposing, om die opgeboude speeksel in sy mond af te sluk. En belangrikste van alles, sê hy dan, voedsel word nie na haar geneem nie. Sy sal haar in die eetwa as gas van die regering gaan verlustig in die ryke spyse wat aangebied word. ’n Spesiale vergunning word aan hierdie trein gemaak. Geen rantsoenering is hier van toepassing nie, en ons het moeite gedoen om te sorg dat die rit vir mevrou Denk só aangenaam sal wees dat sy sonder huiwering haar samewerking sal gee.

    Die brigadier staan op agter sy lessenaar. Is dit duidelik?

    Die konstabels begryp, ja. Die koning en Jan Smuts kyk ingenome oor die brigadier se skouers na hul skrander dienaars.

    Meer as duidelik genoeg ook vir AO Bergman. Hy moet sorg dat die regering se ster-getuie veilig in die Kaap aankom sonder dat Malan se mense met haar lol of op sinistere manier haar geheue besoedel. Niks hoef aan hom verduidelik te word oor die nar in die visier nie, ’n hangery hoef nie geregverdig te word nie, hoogverraad hoef nie aan hom uitgewys te word in die statute van halsmisdade nie – hy beweeg reeds aan, getransformeer, vlerke aan die voete, sy strydwa wat vlamme in die lug brand, ’n krans skitterliggies wat hy in sy lugbaan agterna sprinkel, die engele daarbowe wat sy pad oopblaas na Mecklenburg, die plaas van die Denk-dinastie noordoos van Windhoek, waar hy en sy twee konstabels op die oggend van 31 Mei arriveer in ’n bruin Chevrolet Fleetline, eiendom van die Staat.

    Mevrou Denk het hulle sien aankom, van ver af al. Anders as die smeerlappe wat tydens die oorlog kom spioeneer het, was hul aankoms onverwags nadat hulle dae lank iewers agter ’n bos geskuil het terwyl hulle die plaasopstal dopgehou het om te sien of die spioen Hans Denk nie ’n draai by die huis kom maak het om sy huweliksregte lewend te hou nie.

    Sy het gereeld die horison dopgehou, in die lug daarbo gesoek na roofvoëls wat sirkel. Hulle het die voorafgaande paar jaar las gehad van luiperds, wat dele van die karkasse van wildsbokke net so laat lê, traak-my-nie-agtig omdat almal weet, mens en dier, daar is nie ’n manshand wat sake vasvat nie.

    Daardie spulletjie was nie aasvoëls nie. Hulle het argeloos en kommervry aangestorm, die stofwolk van hul motor van ver sigbaar. Nader aan die plaas kon sy sien hoekom die stofwolk so buitengewoon was. Hulle het gejáág. Dit het gelyk of die vier wiele nooit tegelyk op die grondpaadjie was nie. Natuurlik nie hul eie motor wat hulle gebruik het nie. Geen rede vir pamperlang nie. ’n Amerikaanse motor. Groot en blink en met ’n oorweldigende estetiese wanstaltigheid, ’n voertuig sonder stuitjie. Hulle het gewag vir die stofwolk om te gaan lê voordat hulle uitgeklim het uit die staalkas met wiele. AO Bergman het agter gesit, sy bene sonder twyfel lank uitgestrek. Só sou sy ook sit, die hele pad terug na Windhoek, Bentley en Fitzsimmons wat later sou onthou, van hul lippe na my gesoute ore, dat sy in daardie sit-lêende posisie nie ’n enkele woord gepraat het nie, heelpad.

    Mevrou Denk wag hulle op die trappe van die stoep in. Alleen.

    Konstabel Bentley, die toonbeeld van bronstigheid, sal tot op sy sterfbed vertel dat sy vir hom gelyk het soos die boegbeeld op ’n outydse seilskip – beeldskoon, haar rok wat om haar knie in die ligte briesie beweeg. Waar ek gestaan het, het dit gelyk asof sy bo-oor ons koppe kyk, haar oë op die toekoms gefokus. En afhangende van die hoeveelheid dop-en-dam wat die bejaarde Bentley gesink het voor die ophaal van sy herinneringe, sal hy met ’n trotse laggie erken dat as sy op daardie oomblik haar regterarm uitgeskiet het en ‘Heil Hitler!’ uitgeroep het, sou ek die saluut beantwoord het. Daardie antie was die Here weet warm.

    Deel AO Bergman sy gewaarwording? Hy wat rustig nader stap na die groot voorstoep van die opstal, waar hierdie visioen haar twee bene betreklik aggressief wyd van mekaar geplant het? Sien hy die sterk lyn van haar ken, die staal in haar blou oë? Is hy meer bewus van die kragtige bobene en heupe as van die skouers wat effens lakonies terugsak, asof dit als haar nie raak nie?

    Sonder om te wag dat sy hom nooi, neem hy die leiding en stap met die trappies op na die stoep se koelte, ’n verlossende gevoel van kalmte wat oor hom kom die oomblik dat hy in die skadu staan, sy oë wat sowel die plaaswerkers op die werf as die horings van koedoes en gemsbokke teen die mure op die stoep inneem voordat hy sy aandag weer stadig na mevrou Denk terugbring.

    Kort op sy hakke kom die konstabels Bentley en Fitzsimmons aangedrentel soos prostitute by ’n sinodesitting. Hulle kom onverwags tot stilstand, amper teenaan die Oos-Transvaler, en staar met jakopeweroë na mevrou Denk. Diep onder die indruk van die feit dat hulle nie oorlogsaksie ervaar het nie en nou eers, ná alles verby is, hul eerste kontak maak met die Vyand.

    Mevrou Denk? AO

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1