SARIE

SKAKEL IN OP Planeet RIAN

Rian van Heerden lyk nie juis vanoggend lus vir die wêreld nie. Verstaan goed: Hy is professioneel en beantwoord die vrae breedvoerig. Maar sy oë kyk oral behalwe op die rekenaarskerm. Dit lyk boonop of hy homself so klein moontlik wil maak. Dis ’n video-gesprek – hy sit in Pretoria en ek in die Kaap – en sy kop is doer onder op die skerm. Die res word gevul deur ’n Batman-plakkaat en . . . die plafon.

Sy grys hare is soos gewoonlik netjies agteroor gekam, maar ’n weerbarstige stringetjie hare het op sy voorkop uitgekruip.

Verbeel jy jou, of is dit ’n krulletjie, daai?

Dan verander die stemming, dalk te danke aan die sluk koffie wat hy so pas geneem het. Hy gee ’n kenmerkende Rian-laggie, dan nog een. Sy stem kry daai strelende kwaliteit wat jou soos ’n kat wil laat spin. Of jou van aandoening wil laat huil. My buurvrou het gereeld getjank as hy Good Morning Angels – wat mense op allerhande maniere help – Woensdae op Jacaranda FM se ontbytprogram aangebied het. “Die mense se stories – en sy mooi stem . . .” verduidelik sy. Asof dit heeltemal sin maak.

Nou kan mens boeke vol skryf oor Rian se dans met omstredenheid. Hyself het ’n outobiografie die lig laat sien op ’n rype 43: Dié getal dui beslis nie op op Suid-Afrikaanse radio: op Radio Tuks (nou Tuks FM), Punt Geselsradio, Jacaranda FM, OFM en kortstondig 702. En het daarop floreer om die grense – enige grens – plat te loop. “Ek en DJ’s soos Gareth Cliff, Jeremy Mansfield en Mark Gillman het meegeding wie die meeste in die koerant is . . . Ek het op een dag drie keer voor die Uitsaaiklagtekommissie verskyn.” Vir drie verskillende klagtes, ja.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE6 min read
e-pos UIT Hanoi, Viëtnam
Hoekom Viëtnam? Ek en my man, Donovan, het altyd gedroom van ’n avontuur in Asië, maar nooit gedink ons sal boonop ’n tuiste hier vind nie. Ons besluit om Viëtnam te kies was deels geïnspireer deur die entoesiasme van ’n vriendin wat reeds hier was.
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related