SARIE

5 ikone, vele gedagtes

ANNA-MART VAN DER MERWE

AKTRISE EN DOYENNE VAN TEATER

Kan jy ’n oomblik herroep wat jou lewe handomkeer verander het?

In 1980 is ek as 16-jarige vir die eerste keer oorsee. In daardie tyd was my wêreld Vredendal en die omliggende omgewing. Die reis het my kop oopgebreek en ’n omwenteling in my wese veroorsaak. Ek het skielik besef daar is so baie om te leer van die lewe, mense, verskillende kulture, en dat ek ’n piepklein skroefie in ’n enorme heelal is. In ’n sekere mate het dit my laat fokus en was ek tóé al dankbaar dat ek ’n paar jaar op hierdie ondermaanse mag wees, dit mag beleef en ervaar.

Die storie van Klara Viljee is ná 29 jaar nog ikonies. Hoekom kan mense steeds ná al die jare met Klara identifiseer? En spook sy soms in jou gedagtes?

Almal van ons het soms probleme wat onoorkombaar groot lyk. Ek dink die storie wys met wilskrag en treetjie vir treetjie is enigiets moontlik. Veral as ons ons ego eenkant toe skuif en die helpende hand van iemand anders se liefde, begrip en ondersteuning aangryp.

As ek terugdink, is dit met nostalgie en empatie. Ek het groot bewondering vir die karakter wat [ontslape dramaturg] Chris Barnard geskep het. As sy wel in my gedagtes kom rondloop, is dit positief en vou beelde van die see voor my oop.

Die kunstefeeste het in 2020 ’n groot terugslag beleef. Dink jy feeste gaan hul formaat en resep vorentoe moet verander?

Niks op hierdie aarde is vir ewig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE2 min read
Hulle't Ja Gesê! TOP 35
Hulle’t ja gesê vir ’n kans om SARIE se veertiende Voorbladgesig-wenner te word. Ja! om die kroon te dra as SARIE se vyfde Nuwe Gesig. Oor sewe dekades het SARIE nog altyd gespog met voorblaaie wat iets sê van die wêreld waarin ons leef en die vroue
SARIE8 min read
ODELLE DE WET Asem In... Asem Uit
Sy kan haarself soos ’n pretzel knoop. Lank en atleties doen sy dit boonop met swier, grasie – dit lyk maklik, man! Odelle de Wet het met joga en meditasie begin as ’n manier om daagliks “vrede te probeer vind”. En só ’n teenvoeter te kry vir toneels

Related