Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Reuk van koffie: Rubrieke, blogs en ander geskrifte
Die Reuk van koffie: Rubrieke, blogs en ander geskrifte
Die Reuk van koffie: Rubrieke, blogs en ander geskrifte
Ebook196 pages4 hours

Die Reuk van koffie: Rubrieke, blogs en ander geskrifte

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Koos Kombuis, kulturele guerrilla, is terug. Met ’n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen Algemeen Beskaafde Afrikaans en pavement special patois, takel hy die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag. Hierdie versameling is gekies uit ’n verskeidenheid skryfsels: rubrieke in koerante (meestal Rapport), artikels in tydskrifte en op webwerwe en – natuurlik – sy blogs. Een van sy nuwe leuses is immers: “Kom laat ons twit.” Wat jy dus in dié bundel sal vind – in geen spesifieke orde – is Koos Kombuis se groot rugbygeheim (met verwysing na waar sy liefde vir kurktrekkers vandaan kom), ’n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren tot Eugène Terre’Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos-vakansies, skouers skuur met politici al dan nie (don’t braai for me, Jacob Zuma), en die eerste dag van sy menopouse.
Koos Kombuis is skerp, slim, satiries – en enig in sy soort.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 1, 2011
ISBN9780798153133
Die Reuk van koffie: Rubrieke, blogs en ander geskrifte

Related to Die Reuk van koffie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Reuk van koffie

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Reuk van koffie - Koos Kombuis

    Die reuk van koffie

    Koos Kombuis

    Human & Rousseau

    van trompie tot fokofpolisiekar

    Daar is twee soorte mense in die wêreld: dié wat lees, en dié wat nie lees nie. As jy iemand vra: Wat lees jy op die oomblik? sal die persoon wat lief is vir lees dadelik vir jou kan sê met watter boek of boeke hy of sy besig is.

    Mense wat graag lees, lees elke dag. Al is dit nie noodwendig ernstige boeke nie – dit kan selfs net speurverhale wees – is lees vir sulke mense ’n gereelde aktiwiteit. Hulle gaan lê saans in die bed met ’n boek.

    Ek sien nie neer op mense wat nie lees nie, maar ja, ek is ’n leser. My vrou is ’n leser. Die meeste mense wat ek ken, is lesers.

    Waar het hierdie leestradisie in my lewe begin? Waarskynlik by Trompie.

    Soos alle kinders het ek van kleins af prentjieboeke deurgeblaai. Maar dit was op laerskool dat ek Trompie as karakter leer ken het, en die feit dat daar ’n hele reeks Trompie-boeke beskikbaar was, het my laat aanhou lees. Toe die Trompie-boeke op was, het ek steeds aanhou lees; ek het die Uile gelees, en Jasper. Toe my Afrikaanse storieboeke op was, het ek begin lees aan William the Rebel en The Hardy Boys.

    Gister toe die uitgewers vir my die nuut herdrukte Trompie- en Saartjie-boeke aflewer – en hoe mooi en fleurig is dit nie herdruk nie, baie nicer as die destydse fotoverhaal in Patrys – het ek lank sit en dink oor die pad wat ek en die kinders van my generasie met Trompie geloop het. Ek het gewonder hoe Trompie vandag daar sou uitsien. Sou hy ’n iPod gehad het? Sou hy selfoon-pornografie gedownload het? Waar sou iemand soos Trompie vandag ingepas het in ’n jeugleefwêreld van dwelmmisbruik, sinisme en Fokofpolisiekar?

    ’n Mens hoef maar net vir een dag lank na MK89 te sit en kyk om te besef in watter vakuum ons jongmense hulleself deesdae bevind.

    Wat weet vandag se kinders van vrugte steel? En van kleilat gooi? Ek het in my jeug nog vrugte gesteel, maar selfs in ons tyd was kleilat gooi al haas onbekend. Ek het dit net een keer gedoen, teen die plaasklonkies, en agtergekom dit kan nogal ’n geniepsige speletjie wees, veral as jy speel teen kinders met groter vaardigheid as jy.

    My eie geslag het ook in ’n vakuum grootgeword, maar dit was ’n ander soort vakuum. Dit was ’n vakuum sonder enige inligting van buite. Vandag se kinders word gebombardeer met te veel inligting. Vandag se kinders het nie net radio en Patrys nie, hulle het televisie, die internet, iPods, PlayStation, Wii, MXit … Daar is te veel opsies; hulle word te gou groot.

    Toe ek jonk was, het ek die era van die Bothas baie negatief ervaar. My lewe is oorheers deur ouers, onderwysers en dominees. Daar was geen humor nie. God was ’n nors ou omie met ’n baard wat alles dophou wat ek doen. Slegs die Trompie-boeke het my ’n sin van selfrespek besorg. Trompie was stout en dit was oukei. Die Trompie-boeke en soortgelyke jeugverhale was vir my ’n lig in ’n donker tonnel.

    Omdat ek as gevolg van Trompie besef het dis oukei om stout te wees, het ek later in my lewe sommer baie stout geraak. Natuurlik was Trompie se leuse altyd stout, maar nooit lelik stout nie. Dis ’n middeweg wat nie net ek nie, maar ook vandag se jongmense maklik verloor. Vandag se jongmense is óf té stout óf nie stout genoeg nie. Dink maar aan die nuwe Idols-wenner, die Dewald-mannetjie. Dis asof beide Fokofpolisiekar en die Dewald-mannetjie te min Trompie-boeke gelees het toe hulle klein was. Want die een klomp is te stout en die ander skynheilig soet.

    Ek weet nie of dit ’n vloek of ’n seën was nie, maar wat vir my en die jongmense van my tyd eindelik ’n fokus gegee het, was die Voëlvry-protes. Vandag se kinders het nog nie so ’n fokus nie. En om so ’n fokus te kry is vandag heelwat moeiliker as in ons tyd, want die issues waarmee vandag se jongmense gekonfronteer word, is eenvoudig so oorweldigend dat hulle waarskynlik nie weet waar om te begin nie. Soos die vernietiging van die natuur. Soos werkskaarste en regstellende aksie. Misdaad en vigs.

    Tog is daar raakpunte. Daar is iets inherent aan die jeug wat tydloos bly. Op my vraag: Is Trompie nog relevant vandag? sê die uitgewer dat die Trompie-boeke steeds die gewildste jeugboeke by biblioteke is. Dit word selfs meer gelees as Harry Potter!

    Gister het ek hierdie paar paragrawe per e-pos ontvang van ’n sestienjarige meisie van die Paarl, Euonell Grundling:

    Ek lê in my bed, luister na die serenade van krieke. Die nag-goggas. Hulle sing van die nuwe maan wat hulle sal lei, wat oor hulle sal waak. Ek word bekoor deur die vars geur van jasmyn wat die koel suidooster by my venster inwaai. Ek het dit gemis. Die koue hiberneer-maande het die vreugde van lentegeure weggejaag. Elektrisiteit het die spoke en God se wakende liggies weggejaag.

    Ek mis goed wat ek nog nooit gehad het nie. Ek mis my somershuisie aan die Weskus wat grens aan die ruwe rotse. Ek mis my droomryke slaap met oop deure in my huisie sonder diefwering. Ek mis die eenvoudige kafees in die blok wat hulle die middedorp noem. Ek mis die mense by die kaai wat lewe van elke dag se vangs en hulle nie bekommer oor môre nie. Ek mis die rustigheid van die alleen seevoël oor die magtige branders.

    Die lewe gaan my verby. Raka is besig om baas te word en ek staan en kyk toe.

    Solank as wat daar jongmense is, so lank sal daar verbeelding en woorde en nuwe idees wees.

    die burger

    die nag toe ons vergeefs 10111 gebel het

    Dit het begin soos sulke dinge altyd gebeur: iewers in die buurt het ’n hond begin blaf.

    Ek het rondgerol in my slaap, in die middel van ’n nagmerrie oor Helen Zille in ’n dominatrix-uniform wat my herhaaldelik met ’n swepie piets.

    Net toe ek by die klimaks van die droom kom – die oomblik toe sy haar bril afhaal – word ek wakker, en voor ons bed staan drie onbekende mans.

    Ons soek jou selfoon, sê die een met die balaklawa. Ons wil jou vrou verkrag, sê die een met die tattoos. Dis niks persoonliks nie, verduidelik die een met die Black Labour White Guilt T-shirt. Dis slegs deel van ons inisiasie as bendelede.

    As jy ’n nuwe selfoon wil hê, waarom kry jy nie net ’n upgrade nie? vra ek die een met die balaklawa.

    Intussen het my vrou ook wakker geword. Gee vir my die telefoon aan, ou man, sê sy, ek sal solank 10111 bel.

    Ek gee vir haar die koordlose telefoon aan, en kyk na die een met die tattoos. Jammer, jy sal nie nou my vrou kan verkrag nie, sê ek beleefd. Sy is besig met ’n oproep.

    Dis oukei, sê nommer drie vir sy maat. Los eers die vrou. Dis anyway deel van die nuwe speletjie wat hulle vir ons inisiasie uitgewerk het. Die victims bel 10111, dan kyk ons of ons klaarkry voor die polisie kom.

    My vrou gee die foon vir my aan. Ek hou die gehoorbuis teen my oor. Al wat ek hoor, is instrumentele musiek. Love is Blue.

    Kan ons julle solank vasbind? vra nommer een terwyl hy ongeduldig op die vloer tik-tik met sy gesteelde Nike-tekkie. Daai ouens vat partykeer baie lank om te reply.

    Terwyl my man wag dat die polisie antwoord, sal ek gou vir julle wys watter vorms om in te vul vir julle eie selfoon-upgrade, sê my vrou. Sy staan op en trek haar japon aan.

    Intussen stap ek ongeduldig heen en weer met die gehoorbuis teen my oor. Hulle speel darem nie meer ‘Love is Blue’ nie, sê ek. Dis nou daai dobby-dooby-liedjie.

    Van Freshly Ground? Dis my favourite! sê die ou met die tattoos. Kan ek bietjie luister?

    Ek gee die gehoorbuis vir hom terwyl ek solank vir nommer drie gaan wys waar ons bankkluis is. Hy mag dit wel nie oopbreek voor die polisie geantwoord het nie, verduidelik hy, maar dit sal tyd spaar as hulle solank die plan van die huis memoriseer. Veral as ons ’n quick getaway moet maak.

    Terwyl ek solank die ketel aansit vir koffie, hoor ek die ou met die gehoorbuis in die kamer kla: Hulle sê net heeltyd your call will be answered. En hulle speel nou ‘Pampoen’ van Steve Hofmeyr.

    So kan dit nie aangaan nie! sê die balaklawa woedend. Besef hulle nie tyd is geld nie?

    Ek loop kamer toe. Gee my die foon, sê ek. Ek wil daai mense ’n slag behoorlik uitkak wanneer hulle eendag besluit om op te tel.

    Ek druk die gehoorbuis teen my oor. You are number five hundred and twelve in the queue, deel ’n blikkerige stem my mee voor Pampoen plek maak vir Lisa se klavier.

    Kom ons waai liewerster, sê die balaklawa. Waar’s jou karsleutels? vra hy vir my.

    Jou stupid! sê nommer drie. Ons het mos met ons eie kar gekom!

    Ek slaak ’n sug van verligting, want my kar het ’n tracker device in, en almal weet daai goed werk glad nie.

    Is julle seker julle wil nie bly vir koffie nie? vra ek.

    Ons het melktert, sê my vrou.

    En dié tyd van die nag is daar gewoonlik ’n lekker stout moewie op TV, probeer ek hulle ompraat.

    Maar hulle hou Nike-tekkie by stuk. Die nag is nog lank, daar is ander mense om te rob, en hulle kan nie langer vertoef nie.

    SMS ons julle nommer, dan maak ons volgende keer by julle ’n draai, sê my vrou.

    Weet jy, sê ek vir haar terwyl ons op die stoep staan en wuif terwyl hulle met hulle gesteelde kar by die bure oorkant die straat se oprit inry, sulke dinge gee my weer hoop vir ons land en sy mense.

    rapport

    SIES, DOZI!!!

    Dit voel soos gister dat Dozi aan my erken het, backstage by die Huisgenoot se Sun City Skouspel: Ek’s so bly ek’s nie getroud nie, die Fashion Channel is genoeg vir my.

    Nou is Dozi VERLIEF!!! Op ’n MAAGD!!! O, hoe grillerig!

    Wat presies IS ’n maagd, en BESTAAN daar nog sulke goed?

    En selfs al bestaan daar sulke goed, is dit rêrig nodig om sulke embarrassing persoonlike details aan die media te verklap? Dis soos om te openbaar dat jou geliefde ’n ingroei-toonnael het! Ek wou nog altyd iemand met ’n ingroei-toonnael ontmoet. Ek respektéér ingroei-toonnaels …

    Nee, sies, Dozi! SKAAM JOU!!! Van wanneer af is jy deel van die Afrikaanse maagde-kultus? Ek dog jy’s ’n Zoeloe? Ek dog jy’s die soort man’s man vir wie Steve Hofmeyr biltong vat as hy gaan kuier?

    En nou’t jy skielik jou eie maagd! Hoekom? Is dit fair? Is jy self ’n maagd?

    Dozi, maagde is fine op papier. Maar om met ’n maagd te trou, is soos om iemand aan te stel in ’n baie belangrike posisie sonder dat die persoon enige ervaring het! Sou jy as jy ’n courier company het, ’n klomp drywers aanstel wat geen lisensies het nie? Wat nog nie eers op ’n tricycle gesit het nie? En dit nogal ’n lewenslange aanstelling!

    Goed, goed, ek gee toe, dis beter as die Fashion Channel. Daarom wens ek julle alle sterkte toe. Dis net jammer jy stel so ’n swak voorbeeld aan die jeug!

    24.com blogs

    die groot stilte

    Toe ek die nuus van P.W. Botha se dood hoor, was dit soos die geluid van ’n honderd watervalle in die verte.

    En daarna: stilte.

    Dit was anders as die dood van enigiemand anders wat ek geken of van geweet het.

    Etienne van Heerden van LitNet het vir my ’n SMS gestuur kort na seweuur die oggend. Ek was besig om ProNutro met melk te meng vir my sesjarige seun se ontbyt voor ek hom aantrek en na sy preprimêre klas neem. Pienk ProNutro.

    En toe: die SMS.

    En toe: die suising van baie water.

    Dit was asof alles stil gaan staan het op daardie oomblik, asof alles wat ek is, wat ek glo en waarvoor ek gewerk het,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1