Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sê dit beter: Volume 1
Sê dit beter: Volume 1
Sê dit beter: Volume 1
Ebook118 pages1 hour

Sê dit beter: Volume 1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

So graag soos wat ’n mens wil beweer jy doen ’n projek soos hierdie vir ander mense, moet ek bieg: ek het hierdie boekie in die eerste plek vir myself ontwikkel.

Vir maande lank het ek rondgeloop met ’n opgevoude vel A4-papier in my pennesakkie, en elke keer wat ek ’n Afrikaanse woord teëgekom het – in ’n tydskrif, ’n boek, maar meestal op die Internet - wat ek óf nie verstaan nie, óf wat ek bitter weinig hoor maar self graag meer wil gebruik, het ek die woord op my stuk papier geskryf.

Hierdie boekie – tans slegs beskikbaar in digitale formaat – is die resultaat van omtrent die helfte van al die woorde wat ek versamel het.

Met ’n lys woorde soos vervat in hierdie boekie gaan dit nie daaroor om slim te klink nie. Dit gaan daaroor om oor die vermoë te beskik om te kan sê wat jy wil sê. Dit gaan daaroor om met selfvertroue uitdrukking te kan gee aan wat jy glo, en voel, en hoop, en dink.

Dit gaan uiteindelik daaroor om te kan sê wat jy wil sê, in volle kleur en nuanse.

LanguageAfrikaans
PublisherBrand Smit
Release dateMay 28, 2013
ISBN9781301085514
Sê dit beter: Volume 1
Author

Brand Smit

Brand Smit is a freelance writer, part-time teacher and since 2006, master of a wide variety of websites. Born in Pretoria in 1971, Brand traversed South Africa with his family for the next 15 years. He graduated from high school in 1989, as fate would have it, back in Pretoria. He then continued his training for life as a productive adult at the University of Pretoria, before heading south a year later. After five years of learning and thinking he followed the only path that seemed reasonable after thinking about it. Two years in South Korea had him yearning for the country of his birth. He returned, worked in Johannesburg for six months, then left again – this time for the shores of the beautiful island of Taiwan. He has called the southern port city of Kaohsiung home ever since.

Read more from Brand Smit

Related to Sê dit beter

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Sê dit beter

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sê dit beter - Brand Smit

    INLEIDING

    So graag soos wat ’n mens wil beweer jy doen ’n projek soos hierdie vir ander mense, moet ek bieg: ek het hierdie boekie in die eerste plek vir myself ontwikkel.

    Vir maande lank het ek rondgeloop met ’n opgevoude vel A4-papier in my pennesakkie, en elke keer wat ek ’n Afrikaanse woord teëgekom het – in ’n tydskrif, ’n boek, maar meestal op die Internet - wat ek óf nie verstaan nie, óf wat ek bitter weinig hoor maar self graag meer wil gebruik, het ek die woord op my stuk papier geskryf.

    Hierdie boekie – tans slegs beskikbaar in digitale formaat – is die resultaat van omtrent die helfte van al die woorde wat ek versamel het.

    Met ’n lys woorde soos vervat in hierdie boekie gaan dit nie daaroor om slim te klink nie. Dit gaan daaroor om oor die vermoë te beskik om te kan sê wat jy wil sê. Dit gaan daaroor om met selfvertroue uitdrukking te kan gee aan wat jy glo, en voel, en hoop, en dink.

    Dit gaan uiteindelik daaroor om te kan sê wat jy wil sê, in volle kleur en nuanse.

    * * * * * * * * * * *

    Die verklarings kom hoofsaaklik uit die HAT 5 Met CD-rom (F. F. Odendal, R. H. Gouws, 2005), die Makro Blokraaisels Woordeboek (Louisa L. Pansegrouw, 1998) en die Kernwoordeboek (F.F. Odendal, 2000).

    Die voorbeeldsinne kom uit ’n skatkis van Afrikaanse literatuur oor die laaste amper 100 jaar.

    Brand Smit

    Mei 2013

    WOORDE

    aangedaan

    bewoë, ontroerd, getref; wanneer jy ’n sterk emosionele gevoel ondervind

    "Die seun voel so aangedaan dat sy oë vol trane skiet. Hy wil sing, maar sy keel is te dik. Hy sit die bagasie neer, neem ’n aanloop en spring skuins in die lug met sy arms bokant sy kop gestrek." ~ Die vrank smaak van frambose, J. M. Gilfillan (1993)

    "Hy was aangedaan toe die vlag gehys is, sy hart het uit sy bors gebars toe hulle die volkslied speel, hy was só dankbaar dat hy alles kon oordra aan die mense tuis wie se gemoedere ook vol geraak het, sáám met syne …" ~ Ongerymdhede, Gerrit Olivier (1987)

    anekdote

    ’n kort interessante storie, staaltjie, of vertelling

    "Daar is die soort verhaal wat op ’n te onbenullige insident gebou is om iets wesenliks omtrent die menslike kondisie te openbaar. Hierdie soort verhaal bly, versiering en oppoffing ten spyt, uiteindelik net dit: staaltjie, anekdote, grap." ~ Verhale en essays 1942-1981, Elise Muller, Hennie Aucamp (1989)

    "Ek vrees julle gaan dink dis sommer ’n verspotte anekdote. Daar is uiterlik geen spanningslyn nie, niks wat na ’n hoogtepunt lei nie. Innerlik ook nie, as ek objektief daarna moet kyk." ~ Wie ’n vrou vind, P. G. Hendriks (1998)

    apokrief

    twyfelagtig, ongeloofwaardig, onseker, nie as eg bewys nie

    "Skoonpa se storie klink vir my ’n bietjie apokrief. Maar wat maak dit saak? Hy open ’n nuwe wêreld vir my seuns waarmee hulle andersins nooit kennis sou gemaak het nie." ~ Wellington se suiker: Die beste sketse, P. H. Nortje (1993)

    "Ons het skande gemaak uit storiehonger, juis omdat ons aand vir aand deur die jaar deur ons eenvoudige ouers gevoed is met stories, sakraal en sekulêr – en meer apokrief as kanon." ~ Identikit, T.T. Cloete (1997)

    argeloos

    onskuldig – soos ’n kind; te goeder trou, verwag niks kwaads nie

    "Sy vee haar hare uit haar gesig en trek haar slaaphemp argeloos oor haar kop. Hy sien ’n oomblik lank hoe rosig haar lyf nog van die slaap is, maar sy slaan vinnig ’n woljapon koulik om haar en verdwyn in die badkamer." ~ Hatikvah: Land van hoop, Marzanne Leroux-Van der Boon (2006)

    "‘Ja, sy moet haar mos nou regruk vir ’n volgende catch,’ sê hy sonder om te dink, omdat dit ’n ding is wat mans glo, en omdat dit maar so argeloos deel is van die gesprek. En toe vererg sy haar. Nie liggies

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1