Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1
Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1
Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1
Ebook38 pages33 minutes

Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Elina Jensen was vervloek om soos 'n vampier bedags en weerwolf snags rond te loop, toe sy in moeder se skoot was.

Elina moes nie net met haar dubbele vloek saamleef nie maar ook met haar gevoelens vir die negentienjarige Arian, Kitchi die sterk Amerikanse inboorling weerwolf, en Tristan die aantreklike vampier van Romania.

Kan sy ware kiefde vind en haar menslike vriende se aanvaarding kry vir haar dubbele vloek? Of gaan sy verstoot word?

LanguageAfrikaans
Release dateAug 29, 2016
ISBN9781507153178
Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1

Read more from Vianka Van Bokkem

Related to Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vampier Bedags Weerwolf Snags Boek 1 - Vianka Van Bokkem

    Hoofstuk 1

    Die vloek

    My ma was drie maande swanger toe my pa besluit het om haar na ‘n piekniek area toe te vat naby ‘n pragtige staproete buite Sirdal in Noorweë.

    My ouers het klaar geëet aan ‘n sappige waterlemoen toe hulle besluit het om vir ‘n wandeling te gaan op ‘n roete om die stapgebied. Dit was ‘n bewolkte winter middag. Hulle was die enigstes wat die roete gestap het op daardie noodlottige dag. Nadat hulle vir ‘n kort rukkie gestap het, het my ma dors geword, en my pa het besef dat hy die water by die piekniek plek gelos het. Hy het vir my ma gevra om daar te wag terwyl hy terug gehardloop het om die water gaan haal. Voor my pa terugkeer het ‘n vreemdeling voor my ma verskyn. Voordat sy kon skreeu gryp die man haar aan die keel en begin haar bloed suig.

    Toe my pa terugkom sien hy wat die vreemdeling besig was, om aan sy geliefde vrou te doen en storm op hom af. Die vreemdeling was ‘n vampier. Hy het vinnig gereageer en my pa aan die nek gegryp.

    Toe my ma wakker word, sien sy my pa se liggaam langs haar, en toe sy hom probeer wakker maak, het sy besef dat hy dood was. Die vampier wou my ma doodmaak, maar toe my pa opdaag, het hy hom doodgeslaan en het my ma in ‘n vampier verander.

    My ouma was baie lief vir my ma, en nadat sy gehoor het van die aanval en dat my ma in ‘n vampier verander is, het sy haar gehelp deur elke dag vir haar diertjies te bring dat sy kan voed. Ek het geleer om van die smaak van bloed te hou toe ek in haar skoot was.

    Een aand was my ma sterk genoeg om diere op haar eie te gaan jag.Sy het ‘n jakkals gekry maar toe sy wil begin eet het iemand haar met ‘n klip gegooi. Toe sy omdraai sien sy ‘n Amerikaanse tienermeisie gereed om haar met nog ‘n klip te gooi. My ma het op instink gereageer, en wou my en haarself beskerm. Sy gryp die meisie aan die keel en drink haar bloed. Dit was die eerste keer dat ek mensbloed geproe het, en dit het dieselfde as dierbloed geproe.

    Nadat my ma klaar gevoed het plaas sy die lewelose liggaam van die meisie op die grond. Skielik het ‘n wolf op haar gespring en twee keer daarin geslaag om my ma aan die maag te byt. Sy kon die derde byt keer, deur die wolf se bloed te suig.

    Nadat sy klaar gedrink het, gooi sy die wolf weg en gryp haar maag in pyn. Tot haar verbasing verander

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1