Kuier

GRU-MOORDE RUKSTILDORPIE

Stilbaai, net bietjie meer as ’n uur se ry van Mosselbaai in die Wes-Kaap, is sinoniem met vakansie. Dis nie ’n plek wat jy noodwendig vereenselwig met wreedaardige moorde of ernstige geweldsmisdade nie. Maar op 14 Februarie vanjaar is dié dorpie geruk deur ’n ondenkbaar wrede voorval wat die lewens van ’n jong ma en haar babadogter geëis het.

En om hierdie pyn nóg seerder te maak, was dit die vrou se man en hul negejarige seun wat op hul lyke en ’n bloedbad afgekom het. Dis ’n toneel wat geen eggenoot of kind ooit moet sien nie. Maar vir Alfred Manho (36) en sy negejarige seun, is dit ’n nagmerrie-oomblik wat hulle waarskynlik vir ewig gaan herleef soos wat hulle die stukke van hul lewens moet probeer optel.

Alfred, ’n onderwyser op die dorp, en sy seun het op 14 Februarie omstreeks 16:45 die grusame ontdekking gemaak nadat hulle van die skool af by die huis aangekom het. Daar, op die kombuisvloer, het hulle Annemique (32) se bebloede lyk aangetref.

Almique, die paartjie se tweejarige dogter, se lewelose liggaampie is in ’n bad water gevind. Sy is glo eers verwurg.

Bure het daardie dag die Manho’s se seun se angsbevange gille gehoor en daarmee het die gemeenskap tot stilstand gekom. Hoe is dit moontlik dat so iets in hul midde kon gebeur? En erger nóg, wie sou so ’n gru-daad kon pleeg? Om ’n ma én haar tweejarige kind op een slag te vermoor? En boonop so wreed?

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Soek-soek
Kinders, kry julle mammie en daddy dat almal lekker kan saamspeel! Daar is 10 verskille tussen die twee prentjies hieronder. Kan jy almal vind? Watter een van die skaduwees hieronder is die meisietjie op die fietsie s'n? Klim die trappe en beweeg deu
Kuier1 min read
Ster-blokraai
Nr. 232 SKRYF SÓ IN: Vul die Ster-blokraai korrek in, skryf die letters in die kleurblokke neer en gebruik dit om die antwoord op die vraag te ontrafel. SMS jou antwoord, naam, van en plek, asook Ster-blokraainommer na 42508 voor 15 Mei 2024. SMS/R1,
Kuier5 min read
Dié Goue Meisie Ken Net Van Wen!
Sy is soos ‘n vis in die water. En toe die 19-jarige swemsensasie Minke Janse van Rensburg in Maart by die Trisoom-Spele in Turkye haar ding doen, het sy die Suid-Afrikaanse vlag hoog laat wapper en die medaljes ingeryg. Minke het downsindroom, maar

Related