Kuier

HELINGNÁBAIE HARTSEER

Tot op agtjarige ouderdom was daar baie liefde en warmte in Rochelle Bouwers se lewe.

Ja, sy was maar net ses maande oud toe sy ’n hartoperasie vir ’n gaatjie in haar hart moes ondergaan. Ja, hulle was arm. Ja, hulle het in ’n misdaad-en dwelmgeteisterde gebied gewoon. Maar Rochelle het geborge gevoel. Sy was ’n gelukkige kind, ’n sonskynkind, in haar ma se woorde. Alles het egter oornag verander …

’n Wrede verkragting het haar fisies en emosioneel verniel. Dat dit ’n familievriend was wat dit aan haar gedoen het, het dit net soveel erger gemaak en haar vertroue in haar medemens ’n ernstige knou toegedien.

Maar hierdie wreedaard het veel meer as dit van haar gesteel. Op agt moes sy hoor dat sy weens die aard van haar beserings waarskynlik nooit kinders sal kan hê nie.

Boonop was haar eens liefdevolle ma nooit weer dieselfde nie. Weens die verkragting het sy die pad heeltemal byster geraak en mettertyd basies uit Rochelle se lewe verdwyn. Oor die jare het geluk Rochelle – nou 26 – bly ontwyk. Ook sy het afgedwaal, rebels geraak en in haar soeke na liefde selfs sekswerk gedoen.

Maar vandag is sy die ma van’ntweejarige kind, en gelukkig getroud met ’n juweel van ’n man wat glo dat die verlede in die verlede hoort. Albei is onlangs bekeer, en Rochelle wil graag haar verhaal vertel sodat mense in soortgelyke omstandighede moet weet dat ’n mens nooit moet moed opgee nie. Dat geluk selfs dié wat dink hulle verdien dit nie se kant toe kan kom.

Rochelle, van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
KYK UIT! Juffrou X
1 Dié nuwe kykNET-dramareeks draai om die vuurvreter-onnie, Juffrou X (Trix Vivier), wat wiskunde gee by ‘n skool waar haar leerders geweldige uitdagings, soos armoede, misdaad, drank en dwelms, in die gesig staar. Wanneer sy hulle wil beskerm, word
Kuier5 min read
Hoe Gemaak Met ‘N ‘Klankie’?
Niemand het nog ooit gekla oor my asem nie, maar ‘n mens wonder mos maar soms. My man gee my party oggende so ‘n snaakse kyk wanneer ons wakker word en ek met hom begin praat. Dan hol ek gewoonlik badkamer toe om vinnig my mond te spoel en tande te b
Kuier5 min read
Energie Van alle Kante!
Energie is die vermoë om werk te verrig. Dit kan ook beskou word as die krag wat beweging of handeling teweegbring. Ons sien die uitwerking van energie oral. Plante gebruik son-energie om te groei. Karre gebruik petrol (chemiese energie) om van die e

Related