DIE BALI HOND
Die eerste aand in Nusa Lembongan kan sy nie aan die slaap raak nie. Daar is ’n kragonderbreking op die klein eiland, alles is in stikdonkerte gehul. Die flou lantern wat die gastehuis voorsien het, laat die kamer spookagtig lyk. Die hitte is versengend en dit voel asof sy in die humiditeit gaan verdrink.
In haar kop kom die refrein van ’n lank vergete lied: “The air is so thick you can drown a butterfly ... ” Iewers tjank ’n hond. Daar is ’n paar mense wat in die donker in die swembad rondplas en sy oorweeg dit om ook in die koel water te gaan plons, maar sy besef ook sy is doodmoeg. Haar vakansie, haar soeke na sielerus het begin.
Drieuur die oggend word sy wakker toe die lugversorger aangaan. Die krag is dus terug. Sy is sopnat gesweet en besluit om te gaan stort. Haar badkamer is trapaf en sy sukkel ondertoe. Sy staan lank onder die groot stortkop en laat die yskoue water haar tot in haar murg afkoel.
Sy is helder wakker toe sy terug is in die kamer. Hoe laat is dit nou tuis, wonder sy. Skuins ná sewe in die aand. Sy
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days