Wit leuens en ’n groen huis
REANA sit en indommel en hoor skaars die veraf geruis van die see. Voor hulle kronkel die grondpad teen die hoogte af. Langs haar, agter die stuur van die dubbelkajuitbakkie, gee Jurie ook ’n lang gaap.
“Mensig, wanneer laas het ek so ontspanne gevoel?” sê hy.
“Ja, dis die seelug, my man.” Sy rek haar behaaglik uit. “Ek is so bly ons het weer ’n slag vir Mamma kom kuier. Sy waardeer dit altyd so baie.”
Dis net hulle twee in die bakkie, knus in ’n kokon.
“Ons sal haas moet omdraai,” sê hy. “Ek wil met die vuur begin.”
Die pad is nou baie naby aan die see en maak ’n draai na regs. Tussen die pad en die see staan ’n liggroen vakansiehuis. ’n Man in ’n swembroek en kaal bolyf staan op die stoep en uitkyk oor die see, koffiebeker in die hand. Hy kyk na
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days