Rooi Rose

INTROVERT- partytjie

Seriously, Ava, ek weet jy verkies dit om aand na aand in jou woonstel te sit en lees, maar jy sal eenvoudig moet leer om af en toe te ‘mens’, soos jy dit noem. Vrydagaand is ’n goeie geleentheid.

Marié verjaar, sy hou partytjie, ek help en ons het besluit dis ’n fancy-dress. Die tema is Grease. Jy hoef nie eens soos jouself te gaan nie!” Greta gooi haar hande triomfantlik in die lug.

Ava druk haar bril hoër op haar neus en draai terug na haar rekenaar toe. Vandat Greta, haar ou kamermaat, maande gelede ook as leerklerk by dieselfde firma as sy begin werk het, probeer sy vir Ava oorreed om saans ná werk saam met die ander jongklomp van die werk uit te gaan.

“Ek kan regtig aan niks ergers dink om op ’n Vrydagaand te doen nie. ’n Partytjie beteken baie mense. Ek het ’n boek ... ”

Greta kom sit langs haar rekenaar op die tafel. “Asseblief, kom saam? Klink vir my die ses maande wat ek in Engeland was, het jy soos ’n kluisenaar geleef. Dis in elk geval wat die ander leerklerke sê. Dis nou dié wat nie dink jy is net gewoon stuck-up nie.”

“Ek is nie stuck-up nie, ek verkies net om by my eie plek te wees en te doen wat ek wil doen.”

“Wel, jy sal moet leer om te sosialiseer as jy aan die einde van die jaar ’n vaste aanstelling

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose3 min read
DIERE & HUL GIERE
Diere kan nie praat nie, maar hul blote teenwoordigheid bring vir die meeste van ons ontelbaar baie vreugde. Navorsing het ook bewys dat troeteldiere talle gesondheidsvoordele vir hul eienaars inhou – hulle laat ons ontspan en lag, en verseker ook da

Related