Bly te kenne
LISA sit droomverlore in haar motor en tap-tap met haar vingers op die stuurwiel op die wysie van haar gunstelingmusiek.
Maandagoggend, spitsverkeer. Dis altyd dieselfde storie.
Maar sy voel beter as in maande. Nog nie honderdpersent nie – sy sou haarself nog nie as ’n “vrolike, opgeruimde mens” beskryf nie – maar vanoggend voel sy vir die eerste keer asof sy die hoogste en moeilikste bult eindelik oorgesteek het.
Die motors staan feitlik stil en beweeg elke nou en dan ’n entjie vorentoe teen ’n slakkepas.
So stadig is die vordering dat sy kans kry om haar blonde hare in die spieëltjie reg te trek en te kyk of haar lipstiffie reg aangesit is. Sy is vanoggend so haastig by die woonstel weg dat sy skaars tyd gehad het om haar tande behoorlik te borsel.
“Hallo,” sê sy vir haarself in die spieëltjie.
“Hallo,” antwoord die vrou in die spieëltjie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days