Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Feëverhale Reeks Volume 7-9: Feëverhale
Die Feëverhale Reeks Volume 7-9: Feëverhale
Die Feëverhale Reeks Volume 7-9: Feëverhale
Ebook121 pages1 hour

Die Feëverhale Reeks Volume 7-9: Feëverhale

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Feë. Towerkrag wat los is. Avontuur. Vriesende koue. Verdwynings.

 

Valkyries en Furies baklei oor die siele van die dode en gee nie om oor eienaardige omstandighede van massasterftes nie. Wimpel-feetjies teister mense meer as gewoonlik – tot hul verbetering of dood.

 

Mense met toorkrag gebruik hul gawes om teen die feë te veg... Terwyl diegene sonder toorkuns net hul kennis van volkskunde het om hulle te beskerm.

 

Die mure tussen Ryke word ál dunner en niemand let op nie. Of as hulle dit agterkom, gee hulle nie om nie of maak asof dit nie gebeur nie.

 

Kan Mens en Feë hierdie aanslag oorleef?

 

En wie sit agter dit alles?

 

Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop en jouself in gevaar en toorkrag te verwikkel terwyl jy uitvind wie hierdie coup uitvoer.

 

*Boeke 7 tot 9 in die Feëverhale reeks.

LanguageAfrikaans
Release dateDec 19, 2022
ISBN9798215190845
Die Feëverhale Reeks Volume 7-9: Feëverhale

Read more from Ronel Janse Van Vuuren

Related to Die Feëverhale Reeks Volume 7-9

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Feëverhale Reeks Volume 7-9

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Feëverhale Reeks Volume 7-9 - Ronel Janse van Vuuren

    Die Feëverhale Reeks #7: Sonstilstand Kaskenades

    Flapteks:

    Twee vroue. Twee stories. Lewens vir ewig verander.

    Fate is ‘n fee op ‘n missie; verskeie missies om presies te wees. Dit is haar werk om seker te maak dat mense kry wat hulle verdien. Gewoonlik help sy. Maar iets omtrent hierdie opdrag maak dat sy haar kloue wys... Carla is presies die tipe mens wat sy verpes: selfsugtig en selfvoldaan. Miskien geniet Fate haar werk net ‘n bietjie té veel wanneer sy gelos word om te doen wat sy wil.

    Op ‘n ander plek, neem wimpel-feetjies die plig op om mense te terroriseer in ‘n ou landelike hotel. Wanneer hulle klaar is, gaan die sterflinge óf beter wees vir hul inmengery... óf dood. As Lynsey suksesvol is om hul towerspreuk te verbreek, kan sy haar vriende en een ware liefde red. Maar is haar kennis van volkskunde genoeg?

    Die mure tussen Ryke word ál dunner en niemand let op nie. Of as hulle dit agterkom, gee hulle nie om nie of maak asof dit nie gebeur nie.

    Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop en uit te vind hoe Carla en Lynsey die inmengery van die feë in hul lewens gaan hanteer.

    *Hierdie is die sewende boek in die Feëverhale reeks.

    ‘n Nag se Soeke

    Skaduwees warrel en Fate vind haarself in die gangetjie buite die toilette van haar prooi se gereelde uithangplek. Sy snuif die lug en mis haar gewone metgesel se sintuie.

    ‘n Vrou sit alleen by 'n private tafel met sagte bankies daarom en sip ‘n martini terwyl sy almal van agter haar groot sonbril bekyk. Fate trek aan die skaduwees wat die vrou se vel streel en gaan verder. Sy het nie nodig dat húlle meer probleme veroorsaak nie. Daar is ander wat haar aandag nodig het.

    Groepe staan bymekaar om verskillende televisieskerms en juig hul verskillende sportspanne aan. Fate ignoreer hulle – die stapelgek aanhangers in die kleure van hul gunsteling-spanne wat vetterige vleis verslind en bier drink, is nie op haar nag se agenda nie. Sy hou haar hand uit en skaduwees vorm 'n tablet. Sy vee totdat sy die foto van die nag se soeke vind. Sy soek die vertrek deur.

    ‘n Bibbering van erkenning hardloop deur haar. Sy laat die tablet toe om terug te keer na tingerige skaduwees.

    Sy hou weg van die onstuimige drankspeletjies rondom tafels, verlaat die restaurant van die onderneming en kom die kroeg binne.

    Fate loop deur die skare om die glinsterende houtoppervlak bedek met bottels vol glinsterende ontsnapping. Almal van hulle het óf gewag om by een van die klein tafeltjies of private tafels meet sagte bankies daarom geplaas te word vir 'n behoorlike aandjie uit om te drink, of om hul prooi met roofsugtige opgetoëndheid dop te hou soos daar nog ‘n worp bestel word.

    Sy hou hulle dop – en lees hul uitdrukkings so maklik as wat sy hul gedagtes lees – totdat sy die man wat sy soek vind.

    Nie jou gewone voorkoms nie.

    Jy kan jou naels goud verf, maar ek durf iets uit hierdie dekade aantrek en skoon te skeer en jy móét net kommentaar lewer.

    Ek het jou amper nie herken nie.

    Sy kyk na ‘n jong vrou wat na almal gluur en snedige opmerkings maak vir die kroegman; haar uitrusting hoortende tot 'n dekade lank verby.

    Die punt, my skat. Mis krul om hom en die flou indruk van sy skip en bemanning kruip in vanuit ‘n ander koninkryk.

    Fate snuif. Sy bekyk die mense en soek na die perfekte teëhanger. Verskeie mans het belaglike baarde wat hul uitdrukkings verberg; maskers wat nie die waarheid in hul oë kon verberg nie.

    Hoe sal ons die buit verdeel? vra hy.

    Mm? O. Ek sal háár neem, die een waarvoor ons gekom het. Jy kan die res kry.

    Is jy seker? Jy was nog nooit goed met, ah, pret nie.

    Ek is seker. Hulle sê karma is ‘n teef – hulle het my nog nooit ontmoet nie.

    ––––––––

    Carla sit by die kroeg en wonder wat sy in die eerste plek daar doen. Sy kyk hoe haar vriende en kollegas worpe neem – party van dit aan die brand.

    Sy drink haar witwyn en probeer nie die afkeur op haar gesig te wys nie. Die kroegman het vir haar hierdie soet drank gegee in plaas van die droë rooiwyn wat sy bestel het. Hy was ‘n regte nar.

    Die lig vang die diamanté-inleg van haar horlosie. Sy trek skewebek toe sy die tyd sien. Sy haal diep asem en tel die worpe wat haar vriende nog moes neem voordat hulle nie hul eie name sou onthou nie – en of sy daar is of nie.

    Hou jy van soet goed?

    Carla draai na die vrou langs haar.

    Nie regtig nie.

    Iets aan die vrou met die goue naels maak dat Carla nie kan wegkyk nie.

    Twee margaritas, sê die vrou vir die kroegman.

    Hy sal dit nie reg kry nie.

    Ag, jy sal verbaas wees.

    Die kroegman sit twee glase wat dik op die rand is met sout voor hulle neer.

    Ek is nie...

    Gaan voort, dring die vrou aan. Ek is seker jy sal daarvan hou.

    Carla neem ‘n proef slukkie. Soet en bitter geurnotas dans oor haar tong.

    Goed, nie waar nie?

    Sy knik en neem nog ‘n slukkie.

    Een skemerkelkie verander in twee. Voordat Carla dit weet, het sy alles op die spyskaart probeer. Sy voel nie eens dronk nie. En dit lyk ook nie asof haar nuwe vriendin is nie.

    Carla laat haar vriende toe om haar op die dansvloer te trek. Sy verloor sig van haar nuwe vriendin, maar dit was nie ‘n probleem nie: sy was omring deur vriende. Sy voel aanloklik en vry – alles wat sy nooit voel nie.

    Van oorkant die dansvloer sien sy ‘n man wat bekoorlik verspot lyk soos hy na die maat van die musiek spring. Hulle oë ontmoet en hou; hulle deel ‘n glimlag. Hy dans na haar toe. Toe die refrein weer begin, sing hulle aan die top van hul longe saam terwyl hulle op en af spring op die maat van die musiek.

    ‘n Nuwe liedjie begin met net soveel hartdawerende ritme soos die vorige een. Carla dans aaneen met die vreemde bebaarde man met vriendelike oë. Sy was nie gewoond daaraan om te spring en te ruk aan wat sy net klubmusiek kon noem nie. Sy is uit haar element. Sy was gewoond aan langarm sokkies op liedjies wat sy ken deur kunstenaars wie se name sy kan uitspreek.

    Terwyl sy hard probeer om nie ‘n enkel te breek in die belaglike skoene wat haar vriende op aangedring het sy moet dra nie, ontdek sy nuwe bewegings. Sy val teen haar dansmaat en albei lag. En sy voel iets terwyl hy na haar kyk asof sy die pragtigste wese is wat bestaan. Haar oë fokus op sy lippe en sy word herinner aan ‘n baie onsedelike liedjie oor soen.

    Sy sluk en kyk senuagtig weg. Sy kan dit nie aan haarself ontken nie: sy is aangetrokke jeens haar dansmaat. Hulle hou aan dans en die musiek vul haar met vreugde.

    Dit was die meeste pret wat sy gehad het sedert sy weer huis toe getrek het na haar studies om by haar Alma Mater te werk. Vir die eerste keer verstaan ​​sy waarom haar vriende en kollegas daarvan hou om op ‘n naweek alles vry te laat en 'n klein fortuin aan uitrustings en alkohol te spandeer.

    ‘n Liedjie wat sy ken begin te speel. Terwyl hulle saam dans, laat die lirieke haar lag. Sy het nog nooit gedoen soos 'n liedjie voorgestel het nie. En tog oorweeg sy dit ernstig. In die middel van die liedjie reik sy uit en soen haar dansmaat. Hy soen haar terug.

    Sy is gereed om voor te gee dat dit liefde is – en te leef terwyl sy jonk is.

    ––––––––

    Sjoe. Ek het nooit gedink jy het dit in jou nie.

    Fate draai na haar slegter helfte.

    "Vrouens drink gereeld té veel en verbeel hulself dan dat een of ander man met ‘n bierboep soos die Men's Health-omslagmodel lyk."

    Natuurlik. Maar wat jy gedoen het ... Selfs ek vind dit diabolies.

    Jy het haar lêer gesien.

    Fate kyk hoe Carla saam met die stomgeslaande bebaarde man vertrek.

    Steeds...

    Jy stem nie saam nie?

    Die gevolge hiervan beïnvloed nie net haar lewe nie – dit beïnvloed ook haar hiernamaals.

    Alle keuses doen.

    Gewoonlik is jy meer... regverdig. Hy proe die woord en skud sy kop.

    Ek het haar 'n hele paar kanse gegee om vanaand se uitkoms te verander.

    Regtig? Al wat ek gesien het, was dat jy haar met alkohol oorlaai.

    "Een, sy het met my gepraat. Twee, sy het ‘n slukkie van die margarita geneem.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1