Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Winters Kus: Feëverhale, #9
Winters Kus: Feëverhale, #9
Winters Kus: Feëverhale, #9
Ebook46 pages35 minutes

Winters Kus: Feëverhale, #9

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Een skrywerskonferensie. Een vrou. Een vloek.

 

Natalie het net na New York gegaan om haar skrywersloopbaan te bevorder. Maar dit word gou duidelik dat daar iets verskrikliks verkeerd is met die weer. En dit help nie dat Stephen so aantreklik is dat sy skaars kan dink nie.

 

Maar dit word gou duidelik dat hulle hulself te midde 'n towerspel bevind wat almal op die konkruit eiland gaan dood maak. Kan Natalie die towervloek breek voordat hulle almal verdoem is met die sneeu?

 

Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop en uit te vind of Natalie New York kan red.

 

*Hierdie is die negende boek in die Feëverhale reeks.

LanguageAfrikaans
Release dateAug 8, 2022
ISBN9798201543440
Winters Kus: Feëverhale, #9

Read more from Ronel Janse Van Vuuren

Related to Winters Kus

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Winters Kus

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Winters Kus - Ronel Janse van Vuuren

    Natalie sit 'n paar souterige ontbytmuffins in haar kosblik wat met 'n servet uitgevoer is. Die geurige suurlemoenbome wat in potte regdeur die ontbytsaal staan hou haar beskut van algemene waarnemers. En hulle is mooi. Om 'n gratis ontbytbuffet ingesluit te hê by die prys van haar kamer help baie. Alhoewel dit as slegte maniere beskou kan word om kos soos dit te neem, wil sy liewer nie honger ly nie. Ondanks die feit dat haar begroting buitengewoon streng is en sy moes aanpas met wat sy het, was sy beslis nie van plan om twee minute noedels te eet, versteek in haar bagasie, soos sommige ander skrywers uit Suid-Afrika gedoen het en aanbeveel het toe sy hulle van die skrywerskonferensie vertel het wat sy in New York gaan bywoon nie.

    Boonop het sy elke gram toegelate gewig nodig gehad vir die denimbroeke, langmouhemde en dik sokkies wat sy moes pak om so laat in November die Noordelike Halfrond te besoek. Dit was al kouer as 'n gemiddelde winterdag tuis in die Hoëveld. En baie donkerder. Sy bewe en kyk weg van die venster af terwyl sy haar vol kosblik in haar handsak druk. Sy het na niemand gekyk nie en het haar fles met koffie en versoeter gevul en die ontbytarea verlaat. As sy kon, sou sy meer geëet het en meer koffie probeer het, maar sy kon net nie. Maar teen middagete gaan sy jammer wees oor haar maag se terughoudendheid.

    Konferensie seisoen het na die tradisionele wintervakansieseisoen verskuif danksy alles wat in die wêreld gebeur. Maar ondanks verdwynings, siektes en vreemde weer, moes sy dapper wees ter wille van haar loopbaan.

    Die aardse reuk van die voorportaal verbaas haar weereens. Die verskillende planthouers vol verrottende stompe oortrek met sampioene, varings wat rondom hulle groei en rooi tulpe wat oral blom, is absoluut verstommend. Sy haal diep asem en voel hoe sy ontspan. In die middel van die kamer kon sy haar voorstel dat sy êrens in 'n toorbos is in plaas van 'n besige stad.

    Nie dat New York naastenby so besig is soos wat dit blykbaar gewoonlik is nie... Mense is bang en bly tuis wanneer hulle kan. Nie dat die vrees enigiets gedoen het aan hoeveel mense hierdie skrywerskonferensie bywoon nie. In teendeel, sy het gehoor dat dit groter as ooit is...

    Gelukkig kon sy 'n kamer kry in die hotel waarin die konferensie gehou word. Alhoewel dit veel meer is as wat sy sou moes betaal vir een in haar eie land, het sy vasgebyt en betaal, na die duiwel met die wisselkoers. Dit is 'n aangename kamer in wit en geel, met 'n koningingrootte-bed wat die ruimte oorheers en knus maak. Die bonus: sy het 'n tafel; sy het een nodig om 'n bietjie skryfwerk te doen tydens haar reis. Nietemin, sy mis die gratis tee, koffie en ketel wat in die meeste ander hotelle gevind word.

    Natalie kyk na haar fles en huil amper. Sy het op daardie gratis

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1