Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vryheid: Feëverhale, #5
Vryheid: Feëverhale, #5
Vryheid: Feëverhale, #5
Ebook35 pages25 minutes

Vryheid: Feëverhale, #5

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Geskenk of 'n vloek?

Aratani is gebore met die gawe van toorkrag – en mag oor goud. Terwyl sy haar pad deur 'n wêreld gevul met vloeke en feë maak, met net haar gesonde verstand om aan die lewe te bly, leer sy dat die geskenk wat sy verfoei gebruik kan word om ander te help.

Sy kom ook tot die besef dat sy nie 'n wrede wese is soos sy altyd geglo het nie – selfs al moet sy 'n donkerder skakering van haar geskenk gebruik om teen die monsters rondom haar te veg op haar pad na vryheid.

Sluit aan by Aratani soos sy teen vloeke, alchemiste en feë veg.

Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop!

*Hierdie is die vyfde boek in die Feëverhale reeks.

LanguageAfrikaans
Release dateNov 7, 2019
ISBN9781393775201
Vryheid: Feëverhale, #5

Read more from Ronel Janse Van Vuuren

Related to Vryheid

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vryheid

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vryheid - Ronel Janse van Vuuren

    Gekraakte Drome

    Die wa kom tot rukkerige stilstand by die T-pad waar ‘n nuwe weg op Aratani se regterkant begin. Dit gaan aan vir ewig, weggesteek in donkerte en mis.

    Jy beter hier afklim. Ek gaan nie op daardie vervloekte pad nie, sê die drywer.

    Met ‘n sug spring Aratani af.

    Onthou: hulle moet jou veertjiehoed sien.

    Sy knik en trek haar mantel se kappie van haar kop af. Rillings gly oor haar nek en vir die eerste keer wens sy dat sy nie nodig het om haar hare vasgemaak te hê nie.

    Ek sal weer oor ‘n week hier verby kom. As jy oorleef, hy haal sy skouers op, sal ek jou terug dorp toe vat.

    Dankie.

    Sy hou haar leersak teen haar en laat dit wegraak in die voue van haar mantel terwyl sy die wa dophou soos dit verdwyn.

    Met reguit skouers draai sy na die pad wat sy moet reis. Die Raafswart Pad. Die vervloekte pad.

    Die onheilspellende roep van die uile in die bome om haar maak dat sy hard wens dat sy eerder in die daglig kon reis. Maar hierdie geleentheid het eers laat oggend opgedaag. En sy kon nie weier nie: ten spyte van die gevaar, sal dit genoeg betaal dat sy op ‘n ander plek haar werkswinkel kan oopmaak – dalk in ‘n mooi veld? – en kliënte na haar sal kom.

    Aratani haal diep asem, die lang obi belt word bietjie losser om haar middel, voordat sy by die pad afstap met haar kop hoog. Die goue blare in haar hare glinster en maak dat daar liggies in die donker bome om haar verskyn. Swetsend kyk sy op na die maan. Sy verkies om haar kappie oor haar hare te hou sodat sy nie aandag trek nie, maar met swart vere die enigste manier om te waak teen die vloek op die pad moet sy die ornametele goud geweef deur haar hare wys – dít wat almal laat weet wat sy doen vir ‘n lewe.

    Goed skarrel in die donkerte, maar sy hou net aan om reguit voor

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1