Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Liewe, Zander Steyn
Liewe, Zander Steyn
Liewe, Zander Steyn
Ebook41 pages33 minutes

Liewe, Zander Steyn

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Redes hoekom ek nie van Zander Steyn hou!! 

 

Hy dink HY is FLIPPEN SEXY

Hy dink hy is ONWEENSTAARBAAR

My ma hou van HOM

Hy dink hy is SUPER-COOL

Hy is ARROGANT

Hy dink ek is ʼn BESITTING


'n Kort Jeugroman.

LanguageAfrikaans
Release dateJan 4, 2024
ISBN9798224585953
Liewe, Zander Steyn

Read more from Martha Maria Jones

Related authors

Related to Liewe, Zander Steyn

Related ebooks

Related articles

Reviews for Liewe, Zander Steyn

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Liewe, Zander Steyn - Martha Maria Jones

    With love's light wings did I o'er perch these walls, for stony limits cannot hold love out, and what love can do that dares love attempt.

    William Shakespeare

    HOOFSTUK 1

    Hy dink HY is FLIPPEN SEXY

    For I am born to tame you, Kate,

    And bring you from a wild Kate to a Kate

    Comfortable as other household Kates

    The taming of the Shrew, William S Shakespeare

    Klara probeer om nie haar oë te rol nie. Regtig! God's gift to all woman het so pas die see van Graad 8 meisies laat uitmekaar beweeg soos Moses die rooi see oopgesper het.

    Zander Steyn grinnik, in een van die arme skepsels se rigting en sy swymel net daar voor sy agterbakse sjarme. Sy mondhoeke trek op in daardie - ek is die beste en ek weet dit - grynslaggie wat hy al perfekteer het.

    Sy rol haar oë. Klara weet dit is cliché, maar sy kan dit nie help nie. Nie as dit kom by die astrante Zander Steyn nie.  Net wat die skool nodig het nog ʼn #zandersteyn aanhanger. #selfsalishydielaasteouopaarde

    Haai, hy knik sy kop in haar rigting en laat sy viooltjie-blou oë vlugtig oor haar lyf gly -  ʼn lui laggie speel oor sy lippe. Dit voel of sy oë vingertjies het wat aan haar lyf raak en al die knoppies druk wat haar onwillekeurig na haar asem snak. Inwendig natuurlik. Sy sal nooit verklap wat hy aan haar doen nie. Nie eens aan haarself - NEE! Zander Steyn is heeltemal te vol van homself.

    Sy staan ongeërg teen die paal en laat haar oë oor die lummel se ses voet lyf gly - hy is aantreklik dit moet sy dit erken - veels te aantreklik vir sy eie beswil. Van die kroontjie van sy deurmekaar kuif, die lyne van sy vermakerige gesig, sy wit skoolhemp wat stuk-stuk net bietjie te styf span oor sy gespierde borskas. Hy mag dalk 'n opgeblaasde ego hê, maar niemand kan sê dat Zander Steyn nie een van die sexyste ouens op skoolgrond is nie.

    Haar oë ontmoet sy geamuseerde blik wat haar alwetend terugkyk. Wat kyk jy my so, Zander?

    Howzit, Klara pop, sê hy toe hy amper verby haar geloop het laat hy sy hand rus op die plek waar haar been en heup mekaar ontmoet, sy kop sak en dan druk hy sy kop in haar nek, asem haar diep in so asof hy nie kan genoeg kry van haar reuk. Klara staan verstom stil. Wat maak Zander en waar kom die warm rillings vandaan? Sy ruk haar lyf uit sy greep, maar dit is tevergeefs want sy hande is styf om haar geplant. Zander leun nader en grinnik

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1