Kwaadstoker
Toe hy agt bakstene hoog was, was Beer se grootste vrees ’n tandarts. Hy was dol op roomys met aarbeisous oor. Dit was so koel, want dit het vir hom na bloed gelyk en hy was hoeka so mal oor Dracularolprente. Totdat hy tandpyn ontwikkel het. Hy het selfs vir sy mentor, kaptein Manie Schoonraad, daarvan vertel, wat hom toe ’n sissie genoem het.
Sy ma het hom tandarts toe geneem en hy was bang. Die tandarts het met sy wrede haakinstrument, nes ’n vishoek, in sy kiestand gekrap en ’n ontblote senuwee raakgesteek. Selfs sy ergste rugbybeserings het hom nooit laat skree nie, maar dié pyn hét.
Nou belewe hy dieselfde angs wat om sy keel wurg, nes die luislang wat hy eendag by ’n speelmaat opgetel het. Die reptiel het onverwags ’n kinkel om sy nek gespan, maar sy maat
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days