Abraham (Ronnie) Phillips is in 1945 in Potestraat op Worcester gebore. Hy was die vierde van elf kinders. In 1956 word die gesin verskuif na ’n woonbuurt met die naam die Witblokke aan die westeka...view moreAbraham (Ronnie) Phillips is in 1945 in Potestraat op Worcester gebore. Hy was die vierde van elf kinders. In 1956 word die gesin verskuif na ’n woonbuurt met die naam die Witblokke aan die westekant van Worcester. Hy was slegs tot standerd 4 op skool omdat sy pa sieklik was en Ronnie moes begin werk om die gesin aan die lewe te help hou. In 1992 trek hy aandag met die publikasie van Die verdwaalde land (waarvan André Brink sê: “”n Klein boekie met ’n groot hart”). Daarna het nog verskeie romans gevolg, Erfenis van die noodlot in 1993, Die Messiasbende (1997), Die evangelis van Kaggelsberg (2007). In 2008 is die Patrick Petersen-gedenkprys aan Phillips toegeken, en in die lofrede word hy “’n stem vir die stemloses” genoem. Hy woon steeds op Worcester.view less