Vrouekeur

Kwaadstoker

“Ons moet ’n paar dinge duidelik verstaan.” Rieksie beduie met arms waarop sproete soos modderspatsels lê. Haar stroewe gesig is sonder grimering. “Sekere huisreëls geld vir die moordnaweek en dis my verantwoordelikheid.”

Tamara trek ’n rafeltjie van haar kortbroek af. “Klink na ’n fliek! Waar’s die kameras?” Haar stem slaan ’n paar diep note raak.

Zeldie met die kristalbal gryp na haar hart. “Kameras! Enige reklame vir my energy healing-besigheid!”

“Duiwelsdrek,” brom Dorothea.

Asof in antwoord, kekkel ’n loerie naby die venster, vlieg op en gooi ’n windmakerdraai oor die grasperk, die rooi vlerke soos ’n droomvanger oopgesper.

“Dit voel soos ’n Agatha Christie met ’n stug huishoudster, gewoonlik die hoofverdagte! The butler did it.” Dorothea.

Rieksie vee haar hande aan haar blommetjiesvoorskoot af en kyk ’n gat deur Dorothea. “Dis nie die eerste moordnaweek waarvoor ek kos maak as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
Besonderse BOLPLANTE
Affodille en tulpe is sekerlik van die mooiste bolplante wat daar is, maar mens moenie van hul families vergeet nie. Daar is talle bolplante, veral ons inheemse spesies, wat op ’n plekkie in tuine wag. Die veranderinge wat herfs aan die natuur bring
Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton
Vrouekeur1 min read
Fotoblokraai
Voltooi die blokraai en gebruik die omkringde letters om die versteekte woord of naam te ontsyfer. Leidraad: Lewendige, opgewekte dansklanke OPLOSSING – Opskopmusiek

Related