Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde
Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde
Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde
Ebook211 pages2 hours

Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen?
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
LanguageAfrikaans
Release dateJun 17, 2021
ISBN9780798182102
Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde
Author

De Wet Hugo

De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by 'n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gepubliseer in Rympies vir Pikkies en Peuters, Liedjies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf, Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is 'n riller.

Related to Kies-jou-avontuur 3

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kies-jou-avontuur 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kies-jou-avontuur 3 - De Wet Hugo

    1

    Dieter maak sy oë oop. Hy lê uitgestrek op ’n rusbank in die woonkamer. Hy kan nie glo hy het ingesluimer nie. En boonop het hy die vreemdste droom ooit gehad.

    Hy sit vervaard regop, met sy oë vasgenael op die televisie. Voor hy aan die slaap geraak het, was hy besig om na die wêreld se belangrikste toekenningsgeleentheid vir films te kyk. En die grootste oomblik in enige fliekvlooi se jaar is op die punt om plaas te vind. Dis die aankondiging van die beste film van die jaar!

    Op die skerm glimlag die beeldskone vrou in haar blink aandrok vir die man in sy swart pak. Hy skuif sy strikdas reg en sê: Die oomblik het aangebreek. Die toekenning vir die film van die jaar gaan aan …

    Dan lui die telefoon.

    Antwoord! Ek’s in die badkamer! skree Darius, sy tweelingbroer, van bo in die huis af.

    Nee! brom Dieter. Waarom nou? Hy druk die vriesknoppie op die TV se afstandbeheerder en hardloop tot by die telefoon wat teen die kombuismuur sit. Ja? antwoord hy kortaf.

    Dis nie hoe jy geleer is om die telefoon te antwoord nie, Dieter, kom sy ma se stem deur die gehoorbuis. Ek wil my nie vir my seuns skaam nie.

    Dieter knyp sy oë toe. Ekskuus, Ma, sê hy gou. Op veertien is hy beslis nie ’n modelkind nie, maar hy weet ook van beter as om onnodig aan sy ma se verkeerde kant te kom.

    Ek bel om te hoor of die huis al aan die kant is, sê sy. Dieter se oë dwaal oor die kombuis. Daar is skottelgoed wat nog gewas moet word, graanvlokkies en suiker wat terug in die kaste gepak moet word en die ergste van alles, die vloer vol melkspatsels wat nog gemop moet word. Hy rek sy nek en sien die aangrensende woonkamer lyk nie juis beter nie.

    Jip. Silwerskoon en aan die kant, jok hy. Sy ma het natuurlik aspris na die huisfoon toe gebel in plaas van na sy selfoon, om seker te maak hulle is daar.

    O … sê sy ma. Sy klink verbaas. Dan’s ek baie trots op jou, Dieter.

    Dieter se gesig word warm. Hy haat dit om vir sy ma te jok, maar wat anders kon hy doen?

    Oukei, dan sien ek julle vanmiddag ná vyf, sê sy. Stuur groete vir jou broer. En julle kyk nie heeldag net flieks nie, gehoor? Baai!

    Toe Dieter die foon neersit en omdraai, staan Darius in die deur. Silwerskoon en aan die kant? vra hy met sy arms oor sy bors gevou. Sy bril sit effens skeef op sy neus en hy loer vermakerig bo-oor die lense na Dieter.

    Dit sal gou gaan as jy my help, sê Dieter.

    Sorry, maar nee! Dis jóú straf omdat jy nie vir die toets geleer het nie, sê Darius.

    Dieter vervies hom. Sy identiese tweelingbroer is nou wel sy beste vriend, maar soms wil hy hom regtig iets aandoen. Ek kan nie help daar was drie nuwe flieks uit die dag voor die dekselse toets nie, mompel hy.

    Ek is anyway besig, sê Darius. Ek wil daai nuwe DC Universe-fliek kyk.

    Dieter se mond val oop. Waar kry jy dit?

    Darius glimlag breed. Hy weet natuurlik Dieter sal ook eerder die nuwe fliek wil kyk. By Dumisani. Sy oom het dit gister vir hom gedownload.

    Asseblief, Darius! smeek Dieter. Help my gou om die plek netjies te kry, dan kyk ons dit saam. En ek het nog nie eens die fliektoekennings klaar gekyk nie!

    As jy saam met my vannag opgestaan het en die regstreekse uitsending aanlyn gekyk het, sou jy nou geweet het wat die fliek van die jaar is, sê Darius en draai na die kombuisdeur. Maar nee, jy wou mos eerder lê en snork en poep.

    Die voordeurklokkie lui en Dieter skrik amper sy asem weg.

    Ontspan! lag Darius. Dis nie Ma nie. Dis Dumisani wat die fliek bring.

    Dieter volg sy broer na die voordeur.

    Hey, guys! sê Dumisani toe hy instap. Howzit? Hou julle nog lekker vakansie?

    Ék doen, sê Darius, maar arme Dieter moet die huis vandag alleen skoonmaak omdat hy die laaste toets verlede kwartaal gedruip het.

    Dit suck, bru, sê Dumisani.

    Al wat Dieter kan doen is om te knik.

    Luister, my oom se internet buffer nog, so ek het nog nie daai nuwe movie nie, sê Dumisani. Maar ek het eintlik kom hoor of julle nie lus is om saam met my op ’n real life adventure te gaan nie.

    Dieter en Darius kyk na mekaar. Daar is baie wat hulle kan weerstaan. Maar nie sommer ’n nuwe fliek of ’n avontuur nie.

    ’n Real life adventure? vra Dieter. Waarvan praat jy?

    Kom ons gaan explore die ou mansion op die bult, sê Dumisani en hy glimlag soos ’n kat wat weet waar die room weggesteek word. Voor dit een van die dae nie meer bestaan nie.

    Darius lyk effens benoud. Die spookkasteel?

    Weet jy van enige ander mansion op ’n bult hier rond? vra Dumisani en lig sy wenkbroue.

    Darius is ongetwyfeld die meer verantwoordelike een van hulle twee, maar Dieter het ook nie die beste gevoel oor Dumisani se voorstel nie. Ek weet nie, ou, sê hy en loer na sy broer. My ma is die een wat probeer om daai ou bouval te laat sloop, en my pa is die een wat hoop om nuwe eiendom daar te ontwikkel …

    So as óns daar betrap word, kan dit ernstige issues vir ons ouers inhou, maak Darius die sin klaar.

    Dieter knik. Hy’s reg. Dis te risky. En ek sien nie kans dat ons twee vir die res van ons lewe die huis alleen moet skoonmaak nie!

    Die voordeurklokkie lui agter Dumisani en hy wip van die skrik. Dieter kan nie help om te lag nie.

    Toe Darius die deur oopmaak, is daar niemand nie. Hy steek sy kop ’n ent uit en kyk links en regs. Dis vreemd, sê hy en lig sy skouers. Hier’s niemand.

    Nee, wag! keer Dieter, want daar’s iets op die matjie voor die deur wat sy oog gevang het. Wat’s daai?

    Darius tel die koerierpakkie op en voel daaraan. Dis ’n boksie, sê hy. Dieter kan sien dis nie veel groter as ’n tweeliter-roomysbak nie. En dis vir jou, sê Darius fronsend.

    Vir my? vra Dieter en druk verby Dumisani om die pakkie by Darius te vat. Hy het nog nooit ’n pakkie met ’n koerier ontvang nie, en kan nie wag om te kyk wat binne-in is nie.

    Darius en Dumisani volg hom by die sitkamer in, waar die toekenningsgeleentheid steeds op die TV gevries is. Maak oop, moedig Darius hom nuuskierig aan.

    Toe Dieter die plastieksak oopskeur, sien hy ’n silwerkleurige koevert wat bo-op ’n blinkswart boksie geplak is. Dieter de Villiers staan in swart krullerige letters op die koevert. Hy maak dit oop en vluglees deur die kort brief.

    What is it? vra Dumisani nuuskierig.

    Hulle sê ek het ’n sosiale media-kompetisie gewen. Dieter skud sy kop onseker. Maar ek kan nie onthou dat ek aan een deelgeneem het nie.

    Man. Jy’t seker iets op Instagram gelike en iemand anders getag of so iets, sê Darius. Wat’s die prys?

    Dieter maak die boksie oop en haal ’n reghoekige metaalvoorwerp uit. Daar is ook ’n opgerolde kabel waarmee dit by die muur ingeprop moet word en ’n handleiding. Darius pluk die handleiding uit Dieter se hande en sy oë rek.

    Wat’s dit? vra Dieter en Dumisani gelyk.

    Darius glimlag so breed dit lyk of hy sukkel om nie van opwinding te begin giggel nie. Ek weet nie presies nie, maar hier staan dis een of ander splinternuwe 3D-toestel wat jou fliekervaring só eg sal maak dat dit voel of jy binne-in die fliek is!

    Cool! sê Dieter en spring op en af op een plek. Dink net hoe awesome gaan ons nie nou kan fliek nie. In ons eie huis!

    Ja, maar eers nadat julle saam met my by die mansion was, sê Dumisani. Besides, julle weet nog nie eens hoe die ding werk nie.

    Darius sal dit baie gou uitfigure, sê Dieter en sy broer knik. Darius is besonders talentvol as dit by tegnologie kom en hy moet altyd al die elektroniese toebehore in die huis instel en aanskakel. Ons gaan eerder nou ’n fliek met dié ding kyk, nè? vra hy vir sy broer. Darius knik.

    Dumisani sug en laat hang sy skouers. Hy maak geen geheim van hoe teleurgesteld hy in sy twee vriende is nie. Julle twee is rêrig boring, kla hy. Komaan, dink net wat sal die ouens én die girls van ons dink as ons actually binne-in die dorp se haunted mansion was en ’n selfie daar geneem het. Ons móét dit net doen, ouens! Please.

    Dieter kyk weer na Darius, want Dumisani het ’n punt beet. Dit sal hulle die heel gewildste in die skool maak as die res uitvind hulle drie waaghalse was in die sogenaamde spookkasteel op die bult. En dis tog nie asof sy nuwe 3D-toestel nie vir hulle by die huis sal wag wanneer hulle terugkom nie.

    Die manier waarop Darius na hom kyk, met een mondhoek effens gelig, vertel Dieter dat hy en sy tweelingbroer weer eens dieselfde gedagte deel. Wat sê jy, Dieter? Sal ons saam met Dumisani gaan?

    As jy dink Dieter moet vir Darius vra om sy 3D-toestel aan die TV te koppel sodat hulle ’n fliek kan kyk, gaan na 2.

    As jy dink Dieter moet die huis eers aan die kant maak voor hy ’n keuse maak, gaan na 4.

    As jy dink Dieter en Darius moet saam met Dumisani by die spookkasteel op die bult gaan rondsnuffel, gaan na 6.

    2

    Soos gewoonlik het Dieter en Darius nie woorde nodig om te weet wat die ander een dink nie. Hulle glimlag.

    So? vra Dumisani. Kom julle nou saam of nie?

    No way! sê die tweeling gelyk.

    Trieng-trieng, sê Dieter en tel die TV se afstandbeheerder op. Ek wonder wie dit kan wees? Hy hou dit teen sy oor asof dit ’n telefoon is. O, dit was Netflix, sê hy toe hy die afstandbeheerder neersit. Hulle wil hê ons moet vandag eerder al hulle flieks met ons nuwe 3D-masjien kyk.

    Dumisani se neus trek op ’n knop. Julle suck! sê hy en storm by die voordeur uit. Die tweeling steur hulle nie aan hom nie.

    Oukei, jy koppel die ding aan die TV terwyl ek vir ons popcorn en Coke gaan haal, sê Dieter.

    Wat van die huis? vra Darius en kyk om hom rond. Wanneer gaan jy dit aan die kant maak?

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1