Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die krieketspeler (#14)
Trompie die krieketspeler (#14)
Trompie die krieketspeler (#14)
Ebook114 pages1 hour

Trompie die krieketspeler (#14)

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Trompie wil ’n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle kies twee spanne, maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding ná die ander skeef. Eers breek daar ’n ruit, dan reën ’n sarsie klippe kletterend op die kerksaal se dak neer en uiteindelik beland Trompie en ’n klein outjie hoog bo in ’n boomtop op soek na Dawie se duur krieketbal – oorgenoeg aksie om die Grootkaptein en sy manskappe baie besig te hou. Ná ons vriende se rampspoedige krieketdag hoor hulle ’n geheimsinnige gemaskerde stoeier kom na Kwaggaberg toe. Ons held hou hom grootmeneer en belowe hy gaan die man ontmasker!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154659
Trompie die krieketspeler (#14)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die krieketspeler (#14)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die krieketspeler (#14)

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die krieketspeler (#14) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die sportman

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die rebel

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Trompie die tuinman (1)

    Hoofstuk 2 – Trompie die tuinman (2)

    Hoofstuk 3 – Die twee spanne

    Hoofstuk 4 – Die venster

    Hoofstuk 5 – Asjas en die hoë boom

    Hoofstuk 6 – Trompie die slim seun (1)

    Hoofstuk 7 – Trompie die slim seun (2)

    14Tdiekrieketspeler.tif

    1

    Trompie die tuinman (1)

    Die winter is verby. In Trompie se dorpie, Kwaggaberg, word die dae al hoe langer en warmer – en dit is vakansie!

    Trompie en sy vriende kuier te lekker. Hulle swem gereeld in die kloof se dam, en daar is nou ook baie tyd om die grotte in die berg deeglik te verken.

    Dit is ’n Woensdag net ná middagete, en die dorp is stil. Dit lyk of die inwoners almal eers ’n bietjie dut voor hulle met die dag se werksaamhede aangaan.

    Die enigste beweging in die hoofstraat is dié van ’n seun. Sy pet sit skeef op sy kop en sy hemp hang agter by sy broek uit. Soos gewoonlik lê sy kouse ook weer op sy skoene. Ja-nee, dit kan niemand anders as Trompie wees nie.

    Sy hande is diep in sy broeksakke, en hy loop so ernstig en dink, dat daar ’n diep frons op sy voorkop is. Elke paar tree sê hy hardop: Vat so! Dan trek hy los en skop ’n klip of blik met ’n netjiese boog deur die lug.

    Hy loop en dink nou aan groot en diep dinge, soos wat hy altyd so graag sê. As ’n mens iets wil hê wat aan iemand anders behoort, en die iemand wil die iets nie vir jou gee nie, moet jy die iemand baie komplimente gee. Dan sal die iemand se hart uiteindelik wel sag word. Trompie het dit een keer in ’n artikel in ’n tydskrif gelees, en hy gaan dié raad vandag volg.

    Gelukkig vir hom is dié iemand nogal ’n ou wat daarvan hou om gevlei te word.

    Ja-nee, dink Trompie en trek los. Hy skop ’n leë blikkie dat dit doer trek. Gerrit Moerdyk gaan vandag soos klei in sy hande wees. Hy sal al klaar baie gevlei voel dat die beroemde (al verkies party Kwaggabergers eerder die woord berugte) Boksombende se Grootkaptein by hom kom kuier.

    Gerrit se pa is baie ryk en gee vir hom feitlik alles wat sy hart begeer. Maar – en Trompie frons by hierdie gedagte – hoe meer goed die vent kry, hoe suiniger word hy. As Gerrit byvoorbeeld lekkers het, sal hy dit nooit met die ander ouens deel nie. Hy hou ook niks daarvan om goed wat aan hom behoort, uit te leen nie.

    Trompie en sy drie vriende, Rooie, Blikkies en Dawie, het hulle nog nooit juis aan Gerrit Moerdyk gesteur nie. Maar nou het hy iets wat hulle baie graag wil hê, al is dit dan ook net vir die middag. Gerrit het ’n fantastiese krieketkolf, en Trompie-hulle wil graag vanmiddag ’n bietjie krieket speel. Hulle volg die sportnuus en is baie trots op hoe goed Suid-Afrika se Proteas teen oorsese spanne vaar. Boonop begin hul skool se krieketseisoen ook binnekort.

    Trompie se vriende het gesê dat die suinige Gerrit nooit sy splinternuwe kolf vir hulle sal leen nie, maar Trompie het volgehou dat hy weet hoe om met iemand soos Gerrit te werk. Die ander het hom uitgelag en dadelik uitgedaag om dit te bewys.

    Maar onthou, het die kouende Blikkies bygevoeg toe Trompie wegstap, jy leen nét die kolf. Gerrit kom nie saam nie. Ons wil nie saam met hom speel nie. Rooie en Dawie het vinnig kop geknik om te wys hulle stem saam met Blikkies. Hulle wil die kolf hê, maar nie vir Gerrit nie.

    Hy’s te suinig, het Rooie gemompel.

    En hy dra te veel stories by die onnies aan, het Dawie bygevoeg.

    Die feit dat hulle met Gerrit se nuwe kolf wil speel, maar nie met hóm nie, maak Trompie se taak natuurlik aansienlik moeiliker. Hy sug swaar waar hy nou met die stil straat langs na die Moerdyks se huis toe aanstap.

    Gerrit en sy ouers woon in die groot dubbelverdiepinghuis aan die punt van die hoofstraat. Trompie staan voor die hekkie en kyk na die pragtige tuin. Dan sê hy sag vir homself: Vlei, ou boetie, vlei hom laat dit klap. Hy stoot die hekkie oop en stap met die tuinpaadjie op na die huis toe.

    Dit is ’n lang geplaveide paadjie wat na die stoep lei, en langsaan groei daar pragtige dahlias. Een groot blom – só yslik dat dit te swaar vir sy stingel is en oor die paadjie hang – is netjies in Trompie se pad.

    Trompie aarsel ’n oomblik en kyk vinnig rond. Hy sien niemand nie en kan die versoeking net eenvoudig nie weerstaan nie. Vat so! sê hy en trek los. Dit is ’n pragtige skop. Die blom trek hoog deur die lug – en kom op die stoep te lande.

    Jissie! sê Trompie tevrede. Hy kan darem vir jou skop, dis nou maar wors.

    Dan dink hy daaraan dat daar groot moeilikheid sal wees as die voordeur nou moet oopgaan en Gerrit se ma of pa, of selfs Gerrit, uitkom en die afgeskopte blom daar op die stoep sien – selfs al was dit ook ’n pragtige skop.

    Trompie mik haastig stoep toe. Hy voel nou sleg. Dis darem nie mooi om sommer hier by feitlik vreemde mense ’n blom van sy stingel af te klits nie. Hy moet die ding kry en dadelik daarvan ontslae raak.

    Op die stoep kyk Trompie vinnig rond. Hy sien niemand nie. Hy buk en tel die blom op. Hy wonder waar om dit te gooi sodat niemand dit sal sien nie. Aan die kant van die stoep is daar ’n hoë heining. Trompie weet daar is ’n stuk oop grond vol onkruid en bosse anderkant die heining. Hy gaan die blom daaroor gooi – dan sal niemand ooit weet hy het die ding so netjies afgeklits nie.

    Trompie staan reg om van die blom ontslae te raak, maar dan dink hy: hoekom moet hy die ding oor die heining góói? Hy kan mos ’n skepskop probeer. Hy het mos met die interskole-eindstryd ’n skepskop netjies deur die pale geklits, en só verseker dat sy span die beker wen. Ja-nee, hy is ’n meester as dit by skepskoppe kom. Hy sal die blom maklik oor die heining kan klits.

    Trompie hou die groot dahlia soos ’n rugbybal vas. Sy linkerhand is onder die blom en sy regterhand rus liggies bo-op. Hy hardloop vorentoe, maar net toe hy wil vastrap en lostrek, bulder ’n stem agter hom: Haai! Wat maak jy!

    Trompie versteen. Na ’n hele paar oomblikke draai sy kop stadig om. Hy kyk vas in Gerrit se pa.

    Meneer Moerdyk is ’n groot man met ’n welige snor. Trompie sien hoe tril die snor se punte. Ja-nee, die oom is hoog die joos in.

    Trompie draai om en glimlag floutjies. Meneer Moerdyk moet darem kan sien dat die seun wat een van sy spogdahlias wou skop, nog steeds ’n vriendelike ou is.

    Trompie hou die blom agter sy rug. Die gesette meneer Moerdyk gluur kwaai na hom.

    Hè…hè... gee Trompie ’n verbouereerde laggie. Môre, Oom. Hy sluk en gee dan weer ’n laggie.

    Meneer Moerdyk se snorpunte tril nou nog meer.

    Wat maak jy hier? brul hy.

    Ek, Oom? Trompie probeer verbaas lyk, maar besef dan dat dit ’n simpel vraag is, aangesien Gerrit se pa met hóm praat en daar niemand anders op die stoep is nie. Hy maak keel skoon en sê vinnig: Ek... ek het vir Gerrit kom kuier, Oom… Ek wil sommer ’n bietjie met hom gesels, Oom weet...

    En wat het jy daar agter jou rug? kom die bulderende stem weer. Trompie se kniekoppe bewe. Hy dink nou aan al die stories wat hy al gehoor het van hoe kwaai Gerrit se pa is.

    Dis… dis... sê Trompie hakkelend en sy stem bewe, dis... sommer ’n ou blommetjie, Oom. Dan bring hy die pragtige dahlia van agter sy rug te voorskyn en wys dit vir meneer Moerdyk.

    Die groot blom rus in die hand wat Trompie nou voor hom uitgestrek hou. Selfs sy geweldige verbeeldingskrag is nie sterk genoeg om hierdie pronkdahlia vir ’n ou blommetjie uit te maak nie.

    Trompie staar ingedagte na sy skoenpunt wat al ingeduik is van al die klippe, blikke en graspolle wat hy gedurig loop en skop. Dit is amper asof die duike in sy skoene iets

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1