Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die hanswors (#20)
Trompie die hanswors (#20)
Trompie die hanswors (#20)
Ebook129 pages1 hour

Trompie die hanswors (#20)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Trompie kan goed stemme naboots en hy besluit om die Boksombende ’n poets te bak deur hulle te bel en te maak asof hy hulle kwaai wetenskaponderwyser is. Trompie-hulle besluit om hulle toneeltalente uit te leef as die “Vier Mal Hansworse” en as daar ’n wêreldberoemde sirkus na die dorp kom, doen hulle hul bes om die sirkusbaas te beïndruk.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154086
Trompie die hanswors (#20)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die hanswors (#20)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die hanswors (#20)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die hanswors (#20) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die rebel

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die sportman

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Trompie se poets

    Hoofstuk 2 – Dawie se pet

    Hoofstuk 3 – Konsert by die weeshuis

    Hoofstuk 4 – Die Vier Mal Hansworse

    Hoofstuk 5 – Die wêreldberoemde sirkus

    Hoofstuk 6 – Platsak

    Hoofstuk 7 – Trompie die hanswors

    20Tdiehanswors_ICON.jpg

    1

    Trompie se poets

    Die sestienjarige Trompie Toerien sit en doen huiswerk in sy kamer.

    Hy werk nogal hard. Hy het nou net ’n lang Engelse opstel geskryf en hy dink hy gaan sommer goeie punte daarvoor kry. Die onderwerp wat hy gekies het, is An Exciting Adventure.

    Baie in sy skik met homself lees hy die opstel nou weer deur.

    Sy Exciting Adventure is dat hy eendag in die veld geloop en dink het oor skool en rugby en sulke dinge toe hy ’n bende skurke teëkom. Hy het sommer dadelik geweet dis die daggasmokkelaars na wie die polisie al ’n hele tyd lank soek.

    Hy wou eers hardloop en die dorp se sersant gaan roep, maar toe besluit Trompie hy is mans genoeg vir die drie smokkelaars, wat besig was om sakke dagga op ’n vragmotor laai. Hy het met gebalde vuiste nader gestap en toe hy ’n entjie van hulle af was, het hy ’n bokshouding ingeneem en kwaai gesê: Hey yous!

    Trompie lees nou hardop verder:

    The guys stared at me. I could see they were very frightened. Again I said Hey yous! in ’n voice that filld their harts with terror and then I said what do you do? Hey?

    Trompie is in sy noppies. Hy is seker hy gaan amper volpunte vir hierdie opstel kry.

    Arme Trompie – hy weet nie hoe wemel sy opstel van die foute nie. Volgens hom is dit ’n puik stukkie werk. Soos hy nou ook hardop vir homself sê, hy is ’n ou wat Engels goed kan gooi.

    Trompie het die bladsye in beroerde Engels volgeskryf.

    Hy lees verder hardop hoe hy die smokkelaars – terwyl hulle nog so vol terror daar staan – bevlieg het:

    The one I gave a uppercut. The other one I cracked his jaw with one mighty blou and as the other one tackled me I jumped away and he went falling passed and then I kicked him hard on the place people sit on. So I say get up man and put up your hands. But he saw his two croek friends laying there not knowing what was happing in this world so he also just lay and said mercy mercy.

    Trompie lag toe hy dié gedeelte lees. Dit is natuurlik sommer net ’n storie, maar hy is seker dis wat sal gebeur as hy daggasmokkelaars moet teëkom.

    Aan die einde vertel Trompie hoe hy die drie toe vasgemaak en die polisie ontbied het. Almal het hom gelukgewens met sy kordaatstuk, maar vir hom was dit sommer niks. Soos hy in sy opstel skryf:

    Everybody shaked my hand and said I`’m very brave but I said it was just nothing. And that was my exciting adventure.

    Trompie bêre sy Engelse opstelboek in sy boeksak. Ja-nee, dink hy, as hy nie vir hierdie opstel amper volpunte kry nie, is dit ’n kroekspul.

    Hy neem sy dik fisiesewetenskapboek en kyk na die drie eksperimente wat hulle vir môre moet ken. Hulle het dit nie vandag geken nie en Ou Jorsie, ofte wel meneer Jooste, was baie kwaad. Sy stem was nog dunner en skriller as gewoonlik toe hy gesê het hulle moet dit behoorlik gaan leer vir môre se klas. Hy het gesê hy voel lus om hulle dit by die huis te laat uitskryf. Gelukkig het hy darem nie gesê hulle moet nie.

    Trompie kyk na die tekeninge en lees hoe die eksperimente gedoen moet word. Hy dink hy verstaan die goed. Die fisiesewetenskapboek word ook in sy boeksak gepak.

    Nou sit die Boksombende se Grootkaptein sommer net. Hy het mos nou al sy huiswerk gedoen. Hy wonder wat sy makkers – Rooie, Blikkies en Dawie – aanvang. Hulle is seker nog met huiswerk besig.

    Dinge begin Trompie nou verveel hier in sy kamer. Hy kyk op sy horlosie. Hy moet nog ’n kwartier hier bly.

    Trompie, Rooie en Blikkies het swak gevaar in hul laaste toets. Hulle ouers het toe besluit hulle moet ná skool ’n uur en ’n half lank in hul kamers bly en huiswerk doen. As Trompie dit nie doen nie, het sy pa hom plegtig belowe, sal hy nie sakgeld kry nie.

    Die Grootkaptein het al die sakgeld nodig wat hy kan kry en dis nou al die vierde middag van die nuwe reëling dat hy gedwee ’n uur en ’n half lank hier in sy kamer sit.

    Hy het nie nog huiswerk nie, maar hy weet sy ouers sal dit nie verstaan nie. Hulle sal sê hy kan mos ’n boek vat en sit en leer. Nee, hy sal maar hier moet bly tot die tyd verby is. Anders kry hy dalk nie weer sakgeld nie – en aan so ’n nare gedagte wil hy liewer nie eens dink nie.

    Trompie sit nou en wonder wat hy kan doen. Hy draai sy kop en kyk na die spieël. Hy glimlag vir homself. Ja-nee, hy is ’n aantreklike ou. Dis nou maar wors.

    Toe hy ná ’n paar sekondes moeg word daarvoor om te glimlag, begin hy gesigte trek. Hy wil kyk of hy sulke lelike gesigte kan trek dat hy homself bang maak. Hy knyp sy een wang tussen sy wysvinger en duim vas en trek dit so ver moontlik uit sodat sy mond heeltemal skeef is. Dan trek hy sy ander wang ook uit, steek sy tong uit en frons kwaai. Hy probeer om terselfdertyd sy ore ook te wikkel, maar dit is ’n bietjie moeilik.

    Die prentjie in die spieël maak Trompie glad nie bang nie. Hy word moeg daarvoor om gesigte te trek en hou op daarmee.

    Hy kyk weer op sy horlosie. Hy moet nog ’n hele tien minute hier sit en niks doen.

    Met ’n swaar sug haal hy nou ’n strokiesverhaal onder sy matras uit. Sy pa wil nie hê hy moet strokiesverhale lees nie – dis hoekom hy die goed onder sy matras bêre.

    Trompie blaai vies deur die gehawende boekie. Hy kyk net na die prente. Dit gaan oor Superman se avonture. Hy het hierdie strokiesverhaal al so baie gelees dat hy dit glad nie meer geniet nie. Die ding is ook al so vuil en geskeur dat niemand dit vir ’n ander een wil ruil nie.

    Terwyl hy deur die boekie blaai, dink hy dit sal darem wonderlik wees as hy soos Superman deur die lug kan vlieg.

    Trompie het ’n lewendige verbeelding en hy sien nou hoe hy sommer woerts by die venster uitvlieg, en daar trek hy die lug in. Waarheen gaan hy?

    Die Grootkaptein se sproetgesig is vir ’n oomblik op ’n plooi soos hy dink, maar dan verhelder dit. Natuurlik! Hy skiet oor die oseane – reguit Nieu-Seeland toe. Hy wil gaan kyk hoe die Springbokke die All Blacks daar in hul eie land opfoeter.

    Trompie sit nou heerlik en droom. Hy sien hoe hy sommer in ’n kits in Nieu-Seeland is, daar regs langs die veld. Almal staan op en bring hulde aan hom – aan Trompie, Suid-Afrika se Superman, wat gou oorgevlieg het (natuurlik nie in ’n vliegtuig nie) om te sien hoe die Springbokke vaar. Selfs die Bokke – en by hierdie gedagte glimlag Trompie tevrede – drom om hom saam en vra sy handtekening voor hulle op die veld draf.

    Salig sit Trompie so en lugkastele bou, maar sy geweldige verbeeldingskrag verflou wanneer hy moet inspring om die Springbokke te help toe die All Blacks vir hulle probleme begin gee.

    Watse nonsens sit ek nou en dink, sê hy vies. Hy staan op en rek hom uit.

    Hy kyk op sy horlosie. Hy moet sowaar nog vyf minute hier sit.

    Hy wonder of Blikkies en Rooie ook so verveeld is. Dawie is baie slim. Hy is twee jaar jonger as hulle en in dieselfde klas, maar hy was nie in die moeilikheid met die toets nie. Hy hoef nie elke middag ’n uur en ’n half in sy kamer te sit as straf nie.

    Dawie loop seker iewers rond, dink Trompie, en Rooie en Blikkies sit en leer seker fisiese wetenskap. Dit was mos hulle wat nie vanoggend die eksperimente geken het nie en veroorsaak het dat Ou Jorsie sommer teen die hele klas uitvaar.

    Toe Trompie daaraan dink dat Rooie en Blikkies seker besig is om die eksperimente te leer, begin hy skielik glimlag. Hy dink aan ’n plan. Hoe langer hy daaraan dink, hoe meer hou hy daarvan en hoe breër glimlag hy. Hy gaan hulle ’n poets bak. Hy kan mense mos goed na-aap en dis maklik om ’n fyn stemmetjie soos Ou Jorsie s’n na te maak.

    Trompie kyk op sy horlosie en pak verlig ’n paar boeke wat nog op sy skryftafel lê in sy boeksak. Die uur en ’n half van marteling is verby. Hy het nou beter dinge om te doen.

    Hy raap sy pet op en trek dit skeef oor sy ongekamde boskasie. Hy stap by die kamerdeur uit en in die gang af na die sitkamer waar die telefoon is.

    Trompie lyk soos ons hom ken. Sy hande is diep in sy broeksakke. Sy pet sit windmakerig skeef op sy kop. Sy hemp hang agter by sy broek uit en sy kouse lê op sy skoene. Hy stap diep ingedagte sitkamer toe.

    Hy dink hoe hy die onderwyser se stem gaan namaak en wat hy alles gaan sê en begin sommer nou al lag. Blikkies en Rooie gaan hard moet werk, maar dit sal hulle goed doen,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1